RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 35 08.10.2018

Die jagmes begin by meer mense te spook. En dis skielik nie al bewys uit die kindersorgsentrum in die moordsaak nie. Sweetness Botes tel twee en twee bymekaar.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 34 05.10.2018

'n Paar foto's uit die verlede het dramatiese gebeure tot gevolg. Hoekom is Cindy Nel op die oorlogspad? Wie het sy almal in haar visier? Wie het Seef Visagie se vervalste skildery gesteel?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 33 04.10.2018

Sweetness Botes is soms soos 'n bul in 'n glaskas - praat nou, dink later. En nou is sy weer op só 'n missie. Wie het sy in haar visier? Wie vlieg waarheen met die vervalste skildery?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 32 03.10.2018

Desjare het Sweetness Botes bedreigd gevoel deur Cintaine Nel. Toe stalk sy Cintaine, en neem foto's van alles wat sy doen. Sy't dit in plakboeke gesit en later vir Cindy gegee - al die plakboeke, behalwe een. En nou is die tyd ryp vir die laaste plakboek om uitgehaal te word.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 31 02.10.2018

Martha Sithole se kerktrappe sal nooit weer dieselfde wees nie. En asof dit nie genoeg is nie, speel nog 'n tragedie hom af in die ouetehuis. Wie word almal deur die tragedies geraak en daarby betrek?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 30 01.10.2018

Daar is iets wat Seef Visagie meer as Susara se skilderye, selfs meer as die volgende chemosessie, pla. Hy weet dis 'n saak wat dringend hanteer moet word. Uitstel is nie 'n opsie nie. Wat jaag Seef Visagie?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 29 28.09.2018

Dawie Becker kry 'n onverwagse besoek wat hom ontstel. Hy word genoodsaak om 'n belangrike besluit te neem en dit deur te voer. Wie het vir Cindy Nel so volledig ingelig? Grace Fortuin se nare ondervinding bly by haar spook.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 28 27.09.2018

In vandag se lewe is dit onmoontlik om sonder 'n papierspoor te leef. En papierspore vertel so baie. Ook van dit wat mense wil wegsteek. PJ Stofberg het op 'n papierspoor geloop en op meer as interessante inligting afgekom. Inligting wat Seef Visagie op die oorlogspad het.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 27 26.09.2018

Seef Visagie maak sy opwagting op 'n onverwagse plek. Dis duidelik dat Susara se skilderye hom ontsenu. Maar groot misdade word dikwels met behulp van klein leidrade opgelos. Wie wil 'n huis koop? En vir wie?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 26 25.09.2018

Soms is die individu se geskiedenis vol dwaashede wat mettertyd werklikhede word. Werklikhede wat 'n nuk het om 'n mens iewers langs die pad in te haal. Martha Sithole is op 'n missie, en niemand is beïndruk nie.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 25 24.09.2018

Die dood het nie vriende nie. Wicus Nel ook nie. Wie daag almal by sy begrafnis op? Hoekom het Grace Fortuin haar seun Paul gedoop?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 24 21.09.2018

Morkel Nienaber loop meer as een verrassing op die lyf. Daar moet dringend 'n groot besluit geneem word. Die groen monster slaan liederlik toe.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 23 20.09.2018

Dis nie almal wat die verskil tussen oorspronklike en vervalste skilderye ken nie. Die Francois van Dyk-skilderye is baie gesog en miljoene werd... mits dit natuurlik nie vervals is nie. Wie vlieg Kaapstad toe vir 'n groot transaksie?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 22 19.09.2018

Om iemand 'n guns te doen, is nie altyd lonend nie. En om raad te gee is nie altyd welkom nie. Wie soek 'n guns en wie gee raad? Wie word gevra om 'n begrafnis te hou?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 21 18.09.2018

Die mens is van nature agterdogtig, maar Martha Sithole is skielik meer as agterdogtig. Daarom begin sy te krap waar dit nie jeuk nie. Morkel Nienaber spin homself weer uit 'n situasie. Daar's nuus oor Wicus Nel.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 20 17.09.2018

Grace Fortuin is alweer op pad, en Sweetness Botes moet gasvrou vir die TV-span speel. Watter gemene plan voer dokter Dawie Becker in die mou? Wie stel vir hom 'n slagyster? Kom hy dit agter?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 19 14.09.2018

Wie is verdagte nommer een in die poging-tot-moord-ondersoek? Die swembad word toe nie sonder toesig gebou nie. Die filmspan begin skiet aan die televisiereeks Hoop vir 'n Kind. Wie vaar nie so goed voor die kameras nie?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 18 13.09.2018

Cintaine Nel se pistool sorg vir groot drama. Wie bring nou maar net die verkeerd in mekaar uit? Almal is nie ewe welkom by die grou en bou van die nuwe swembad nie. Wie steek sy hand diep in sy sak?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 17 12.09.2018

Jy kan nie verhoed dat die voëls van depressie oor jou vlieg nie, maar jy kan keer dat hulle in jou hare nes maak. Wie sukkel met depressie? Conrad Nienaber kry 'n aanbod waarvoor hy kwalik nee kan sê. Grace Fortuin soek 'n borg.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 16 11.09.2018

Die nuwe Morkel Nienaber het nog nie oral sy knie gebuig en vergifnis gevra nie. Daar is iemand reg bo aan sy lysie. Hy het nou lank genoeg draaie geloop. Hy kan die besoek nie langer uitstel nie. Die aand van vergifnis vra, word egter 'n nag van belydenissse.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 15 10.09.2018

Dit het bloedsweet gekos vir Grace Fortuin om te kom waar sy is. Vir die eerste keer in haar lewe het Lady Luck vir haar gesmile... totdat Wicus Nel en sy aantygings op die toneel verskyn. Maar Grace weet, uit dure ondervinding, dat jy soms geen ander keuse het nie. Jy moet dan maar jou eie luck maak.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 14 07.09.2018

Om te wil weet, is om te wil twyfel. En skielik wil Seef Visagie weet, en hoe meer hy wil weet, hoe meer twyfel hy! Wie was Wolfgang Beltracchi? En wat het hy en die oorlede Susara Visagie gemeen gehad? Of was alles net een vet leun?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 13 06.09.2018

'n Rustige Sondag bly alles behalwe rustig. Geraamtes het 'n nou maar eenmaal die geneigdheid om op die onmoontlikste tye uit die kas te foeter. En dis 'n kuns om 'n geraamte terug in die kas te kry. Wie se geraamte val uit watter kas?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 12 05.09.2018

Die inbraak by Morkel Nienaber en Camilla Thompson se meenthuis veroorsaak baie bespiegelings. In die soeke na die waarheid, mik sommiges na die onverkrygbare, en moet dan met brokkies inligting tevrede wees. Conrad Nienaber en sy Oupa glo elke brokkie inligting help, en moet bekom word.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 11 04.09.2018

Martha Sithole is terug van Koster met haar lysie beproewings, maar nie almal is ewe bly oor haar terugkoms nie. 'n Gedeelde geheim is gewoonlik 'n verlore geheim. Wie deel 'n geheim met wie?

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.