RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 60 (slot) 12.11.2018

Daar is bloedstollende onthullings vanuit 'n hospitaalbed. Wie tree vir dr. Dawie Becker in die bresse? Wie neem almal groot besluite? Wat gebeur by die see?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 59 09.11.2018

Wat het gebeur die dag toe Dawie Becker en sy vrou Cintaine gaan bergklim, en sy so tragies verongeluk het? Wie se oorbel het Seef Visagie in die stoorkamer opgetel waaruit Susara se skilderye gesteel is? 'n Francois van Dyk-skildery maak sy verskyning.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 58 08.11.2018

Wat lewer die opgrawings by Morkel Nienaber se meenthuis op? Wie neem 'n baie groot besluit, met ernstige gevolge? Wie probeer almal om speurwerk te doen? Met watter gevolge?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 57 07.11.2018

Die skildery van Tafelberg wat destyds uit die boonste gastehuis gesteel is, maak onverwags weer sy verskyning. Waaroor is Sweetness Botes en Martha Sithole so verslae? Wie is PJ Stofberg se onverwagse gas? Waaroor gesels hulle?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 56 06.11.2018

Morkel Nienaber kry die een skok na die ander. Wat is dit met al die opgrawings? Wat probeer die polisie bereik? Wie vat die langpad? Waarheen? Om wat te gaan doen?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 55 05.11.2018

Waarna is dr. Dawie Becker so dringend opsoek? Grace Fortuin besluit om pynlik eerlik te wees. Wie daag almal by die begrafnis op? 'n Telefoonoproep keer iemand se lewe op sy kop.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 54 02.11.2018

Almal reageer nie dieselfde op die slegte nuus nie. Seef Visagie se gewete jaag hom, en hy kan nie stilsit nie. Hy sleep Conrad Nienaber saam met hom. Waarna soek hulle, en hoe suksesvol is hulle?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 53 01.11.2018

Hulle sê 'n jakkals kan van kleur verander, maar nie van streke nie. Wie se huis loop deur? Watter belangrike troefkaart speel Amelia Rossouw? Hoe suksesvol is sy? Wie beland in die hospitaal?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 52 31.10.2018

Wie is aan wie se kant? Wie is die man met die bakkie? Wie kom net nie by Seef Visagie uit nie? Wanneer en waar is Sophia van Tonder se motor werklik gestamp?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 51 30.10.2018

Vrede bly een van die mensdom se grootste versugtinge. Maar soms is dit al wat dit is: 'n versugting! In die boonste gastehuis is daar van vrede g'n sprake nie. Dis nie die enigste plek waar daar konflik in oorvloed is nie...

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 50 29.10.2018

PJ Stofberg is op 'n missie. Wat is sy agenda? Wie smee duistere planne? Wie se lewe is in gevaar?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 49 26.10.2018

Conrad Nienaber is pas klaar met sy laaste eksamenvraestel toe 'n ligte orkaan hom tref. Maar elke donker wolk het 'n silwer rand. Wie agtervolg hom? Morkel Nienaber is in 'n hoek, en hy weet nie hoe om daaruit te kom nie. By wie gaan klop hy om hulp aan?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 48 25.10.2018

Tot wie se redding kom Seef Visagie? Wie konfronteer dr. Dawie Becker en slaan sy voete onder hom uit? Wie en wat wag op Cindy Nel nadat sy haar laaste vraestel geskryf het?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 47 24.10.2018

Sweetness Botes oortref haarself, maar dit beteken nie sy het haarself 'n guns gedoen nie. Sy't ook deesdae 'n nuk om ander ongevraagd te betrek. En dan neig sy boonop om die wag voor haar mond te vergeet. Dis asof sy in die naam van geregtigheid moeilikheid soek... en kry!

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 46 23.10.2018

Conrad Nienaber het meer as een mens erg bekommerd. Dr. Dawie Becker kry 'n onverwagse besoek met 'n nog meer onverwagse versoek. Wie besoek hom met watter versoek?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 45 22.10.2018

By wie het Morkel Nienaber sy spoggerige meenthuis gekoop? Wie is die blyste dat die kooptransaksie uiteindelik afgehandel is? Iemand het verdwyn. Die saak moet dringend by die polisie aangemeld word. Wie het verdwyn, en wie meld dit aan?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 44 19.10.2018

Kamers 303 en 304 van die Tafelkop Hotel in Tafelbergstraat 30, Kaapstad, sal nooit weer dieselfde wees nie. Wat speel alles in die twee hotelkamers af? Wie is die groot argitek van die planne? En wie is die arme slagoffers?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 43 18.10.2018

Martha Sithole is skielik in die spervuur, maar sy is ook in aanvraag. Wie wil van haar dienste gebruik maak? Susara Visagie se vervalste Francois van Dyk-skildery is weer hoog op die agenda. Wat gebeur by die garage langs die N3, wes van Heidelberg?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 42 17.10.2018

Hoekom kry Sweetness Botes die wind van voor? Conrad Nienaber wil net op sy eksamens fokus en al sy vakke deurkom. Maar wie neem hom onverwags onder kruisverhoor? Dis tyd vir Seef Visagie se volgende besoek aan die chemokliniek. Wie verras hom daar?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 41 16.10.2018

Cindy Nel kry druk van meer as een kant. Hierdie keer aanvaar sy dit nie. Hoekom is Grace Fortuin in 'n slegte bui? Wie staan aan haar verkeerde kant? Sweetness Botes krap weer waar dit nie jeuk nie. Wie is dr. Liebenberg se enigste erfgenaam?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 40 15.10.2018

Die Franse glo dat as jou hand vol waarheid is, is dit nie altyd verstandig om dit oop te maak nie. PJ Stofberg kon net sowel 'n Fransman gewees het. Hy weet hoe om sy hand toe te hou. Vir wie hou PJ sy hand so toe?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 39 12.10.2018

Koster kom tot stilstand vir die begrafnis van een van sy geliefde gemeenskapsleiers. Die gemeenskapleier se dood maak steeds opslae. Morkel Nienaber is vol innoverende planne, maar kry hy oral die nodige oor en entoesiasme daarvoor?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 38 11.10.2018

Dis goed vir kollegas om soms saam te sit en die legkaart van onduidelikhede te probeer voltooi. Al is dit net om aan die einde van die sessie uit te vind hoeveel ontbrekende stukkies daar nog is. Wie het 'n intense gesprek?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 37 10.10.2018

Margaret Koster se begrafnis lewer sy kwota verrassings op. Wie daag almal daarvoor op? Wie is die vroue met 'n hart vol nuwe drome? Gaan sy droom of doen?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 36 09.10.2018

Waarmee hou Amelia Rossouw haar nou eintlik besig? Wie maak almal van haar talente en dienste gebruik? Wie kry 'n blink plan, en hoe moet dit uitgevoer word? Wie loop sy rieme onverwags lelik styf?

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.