RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 20 25.06.2018 12:59
Gert en Maria is besorg oor die komplikasies van 'n verhouding tussen Henning en Johanna. Maria is oortuig dat daar net teëspoed en probleme op die twee jongmense wag.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 19 22.06.2018 13:23
Johanna is by Gert en Maria in afwagting op Henning se besoek. Dit raak egter al hoe later en Johanna vrees dat hy nie positief op die brief sal reageer nie.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 18 21.06.2018 13:11
Nonnie loop Jannewarie op die plaaswerf raak en spreek haar kommer oor Willa uit. Henning besoek sy ouma, en is geskok toe hy sien hoe sy agteruitgegaan het.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 17 20.06.2018 13:04
Willa spreek die vrees teenoor Nonnie uit dat haar siekte besig is om haar te oorval. Jannewarie voer 'n uiteenlopende gesprek met Sybrand.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 16 19.06.2018 12:59
Willa se gesondheid is besig om agteruit te gaan, maar sy staan by haar besluit om haar lewensreg op Boskloof ten volle te benut. Jannewarie probeer Henning oortuig om die brief te lees wat hy kom aflewer het.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 15 18.06.2018 12:44
Aan tafel probeer Sybrand die belangrikheid van tradisie en nalatenskap sonder sukses by sy seun tuisbring. Henning se terneergedruktheid word na ete verlig deur 'n onverwagse besoek van Jannewarie.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 14 15.06.2018 13:09
Sybrand probeer sy motivering vir hoe hy Henning behandel met sy seun deel, maar kom tot die besef dat sy seun sy respek vir hom verloor het. Betta probeer Henning waarsku teen 'n verhouding met Johanna, en deel die rede vir haar gebroke gees met hom.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 13 14.06.2018 13:01
Sybrand is besig met sy jaarlikse inkomstebelastingopgaaf. Dan daag Gert onverwags op, en die teleurstelling van Annie-hulle se besoek verdwyn soos mis voor die son wanneer Sybrand 'n gulde geleentheid raaksien.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 12 13.06.2018 11:37
Die ware rede vir Annie en Hennie se besoek kom uiteindelik aan die lig. Die besoek eindig stomp met Annie en Hennie wat Boskloof onder 'n wolk verlaat.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 11 12.06.2018 12:26
Sybrand kla oor die feit dat Jaap die natuurlike toevoer van water na sy boonste kampe afgesny het deur 'n dam te bou. Sowel Sybrand as Betta kry die gevoel in hulle onderlinge gesprekke met Annie en Hennie dat hulle besoek nie om dowe neute is nie.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 10 11.06.2018 12:41
Jaap is die mening toegedaan dat Henning by Johanna kom kuier het as deel van 'n komplot om Langvlei by Boskloof te probeer inlyf. Te midde van Sybrand se frustrasie oor Willa se koppigheid, word sy dag opgehelder deur 'n onverwagte besoeker.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 9 08.06.2018 13:09
Jaap en Mieta besef hulle dogter sal kortgevat moet word. Sybrand spreek sy misnoeë uit oor Willa se onwilligheid om dorp toe te trek.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 8 07.06.2018 12:58
Henning daag by Johanna se ouerhuis op die plaas Langvlei op, maar word wreed ontnugter. Jaap en Mieta, Johanna se ouers, leer ken met skok 'n sy van hulle ingetoë dogter waarvan hulle nie bewus was nie.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 7 06.06.2018 13:05
Gert en Sybrand se rusie by ma Willa se opstal word op die spits gedryf. Henning deel sy droom met Nonnie om by Johanna te gaan kuier.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 6 05.06.2018 12:56
Sybrand se ewe hardvogtige, bejaarde moeder, is in gesprek met haar huishulp en vertroueling, Nonnie, oor Sybrand se pogings om haar van die plaas af te kry, sodat hy in volle beheer daarvan kan wees. Dan daag haar skoonseun, Gert, op met 'n rits klagtes.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 5 04.06.2018 12:49
Jannewarie deel sy insig oor Sybrand met Henning. Sybrand beskuldig Betta daarvan dat sy en Henning saamspan om hom van sy besitting (die plaas en sy ideale gekoppel daaraan) te ontneem.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 4 01.06.2018 12:10
Henning is besig om met 'n ou, uitgediende eenskaarploeg te sukkel. Sybrand se poging om sy vernuf as ondernemende, praktiese boer aan sy seun te demonstreer, misluk.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 3 31.05.2018 13:00
Na aandete is Henning in sy kamer besig om na 'n foto van Johanna, sy droommeisie van die buurplaas, Langvlei, te kyk voor hy aan die slaap raak en van haar droom. Hy word egter ru wakkergemaak, en die gebeure wat daarop volg, lei tot die begin van 'n onafwendbare afwaartse spiraal in sy verhouding met sy hardvogtige vader.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 2 30.05.2018 12:00
Sybrand neem Jannewarie in sy vertroue oor 'n paar sake rakende die plaasopset. Henning lug sy frustrasie teenoor sy ma oor die neerdrukkende atmosfeer in die huis.
LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 1 29.05.2018 10:57
Ontmoet die inwoners van die plaas Boskloof: Die geharde pa, Sybrand; sy gebroke vrou, Betta; hulle twintigjare seun, Henning; en die skaapwagter en vertroueling, Jannewarie. Daar heers groot opwinding want 'n wilde vosperd moet ingebreek word. Die gebeure lei tot groot onmin in die reeds gespanne huishouding.
BURE deur Mari Snyman - Episode 60 (slot) 28.05.2018 13:57
Albert vertel uiteindelik die waarheid vir Mathilda.
BURE deur Mari Snyman - Episode 59 25.05.2018 13:21
Mathilda is onseker of sy wil weet hoekom Jurg die grond aan Albert verkoop het.
BURE deur Mari Snyman - Episode 58 24.05.2018 13:51
Dita maak haar hart oop teenoor Brendan oor haar diepste geheim.
BURE deur Mari Snyman - Episode 57 23.05.2018 12:15
Werner besluit om Marlene se wense te verontagsaam.
BURE deur Mari Snyman - Episode 56 22.05.2018 12:57
Brendan kry die skok van sy lewe.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.