RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 50 22.01.2019

Pastoor Joseph is woedend vir Santie omdat sy vir hom gejok het oor haar langtermynplanne met Rus en Vrede. Die inwoners hou 'n protesoptrede teen Santie terwyl 'n joernalis Rus en Vrede besoek.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 49 21.01.2019

Floors lig Santie in dat hy koerante toe sal gaan as sy poog om Rus en Vrede se inwoners te skuif. Santie poog om pastoor Joseph aan haar kant te kry, en belowe om hom te vergoed indien hy haar ondersteun.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 48 18.01.2019

Vivienne nader vir pastoor Joseph om haar en matrone te help om van Santie ontslae te raak. Vivienne maak ook verskoning by Petro dat sy gejok het oor Petro wat kamtig vir Denver sou verlei.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 47 17.01.2019

Matrone en Floors bespreek 'n plan om van Santie Kotze ontslae te raak. Petro verneem dat sy tydelik afgedank is tot tyd en wyl die raad oor haar en Denver se vryery 'n besluit geneem het.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 46 16.01.2019

Ronnie vertel vir Floors al die jongste skindernuus. Matrone is kwaad oor al die veranderinge wat plaasgevind het sedert sy terug is. Santie word op haar plek gesit deur matrone.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 45 15.01.2019

Santie betrap Denver en Petro in matrone se kantoor terwyl hulle vry. Vivienne probeer om Denver beskerm ná die vry-voorval, en stel voor dat Santie vir Petro afdank.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 44 14.01.2019

Hannes vermoed Frieda het besluit het om terug te keer na die sorgsentrum. Santie deel nuwe inligting oor 'n plan-B met die ontwikkeling, wat Denver heeltemal verras.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 43 11.01.2019

Santie aanvaar Vivienne se uitnodiging om by Rus en Vrede te kom eet. Kittie vind Frieda op die dak van die hoofgebou, en roep pastoor Joseph om te kom help om haar daar af te kry.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 42 10.01.2019

Frieda wil 'n nuwe testament opstel, en Hannes is nie baie gelukkig daaroor nie. Denver vra Petro om hulle verhouding nie by die werk uit te leef nie. Frieda vra pastoor Joseph om weer vir haar te bid.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 41 09.01.2019

Santie Kotze arriveer by Rus en Vrede, en Denver moet bontstaan. Petro is bly om terug te wees, en help Denver om sy kantoor op te pak. Vivienne deel haar idees vir die toekoms van Rus en Vrede met Santie.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 40 08.01.2019

Denver is geskok as hy hoor Rupert wil vir pastoor Joseph aanstel as onderbestuurder. Rupert hou 'n vergadering met Floors, en oortuig hom om vrede te maak met sy dogter.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 39 07.01.2019

Die gerugte dat pastoor Joseph 'n geneser is, kom by Rupert Aucamp uit en hy wil hom ontmoet. Hannes is kwaad vir pastoor oor die bohaai dat Frieda kamstig genees is.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 38 04.01.2019

Denver doen alles in sy vermoë om Rupert Aucamp te beïndruk. Kittie probeer Floors so vêr moontlik buite sig hou tydens Rupert se besoek. Frieda probeer steeds om haar vriendin Verena Malherbe te kontak.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 37 03.01.2019

Denver is ontsteld as hy verneem sy ma en Kittie versprei gerugte dat pastoor Joseph vir Frieda van Alzheimers genees het. Hannes verras Frieda met 'n uitstappie na 'n luiperd-park.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 36 02.01.2019

Floors daag onverwags op om Hannes se verlowing te vier. Frieda tree weer vreemd op, en sluit haarself in Hannes se woonstel toe. Kittie roep pastoor Joseph se hulp in om Frieda uit te kry.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 35 01.01.2019

Denver spog met sy nuut geverfde kantoor. Matrone bespreek haar bekommernis dat Frieda nie haar pille drink nie. Denver vra Hannes om seker te maak Floors veroorsaak nie 'n bohaai wanneer Rupert Aucamp hulle besoek nie.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 34 31.12.2018

Ronnie volg pastoor se raad, en besluit om meer kleurvol aan te trek en ook blomme te plant in die kwekery. Matrone en Vivienne loop hulle vas in 'n Duitse partytjie wanneer hulle ontmoet vir 'n glas wyn.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 33 28.12.2018

Frieda kan nie onthou dat sy met Kittie ooreengekom het om 'n koek en tee partytjie te hou nie. Denver vra matrone om vrede te maak met Vivienne. Matrone is bekommerd oor Frieda.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 32 27.12.2018

Frieda en Kittie moet besluit waar hulle die koek en tee verlowingspartytjie gaan hou. Pastoor Joseph vertel vir Ronnie hoe hy by Rus en Vrede beland het. Hannes is huiwerig om Frieda alleen te los.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 31 26.12.2018

Matrone wens Vivienne geluk met die sukses van die Kersete, maar hulle stamp weer koppe. Denver wil by pastoor Joseph weet hoekom hy destyds weg is by sy gemeente in Bonteheuwel.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 30 24.12.2018

Matrone is nie beïndruk met Ronnie by ontvangs nie. Hannes is opgewonde omdat Frieda by hulle gaan aansluit vir die Kersete. Kittie is kwaad as sy verneem Ronnie het gereël dat hy by haar tafel sit.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 29 21.12.2018

Kittie en Vivienne versier die eetsaal vir die kersete. Ronnie vis by pastoor Joseph uit oor waar hy vandaan kom. Denver stel vir Ronnie aan om ontvangs te beman in Petro se afwesigheid.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 28 20.12.2018

Floors is kwaad vir Hannes omdat hy vir matrone Louw vertel het van die plan om te ontsnap. Ronnie dink hy ken vir pastoor Joseph wat voorheen 'n gemeente in Bontheuwel gehad het. Floors beraam 'n nuwe plan om te ontsnap.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 27 19.12.2018

Floors deel Hannes mee dat hy sy bakkie se sleutels sal terugkry, en ontsnap voor sy dogter opdaag om hom te kom haal. Vivienne ontmoet vir pastoor Joseph, en is beïndruk met die flambojante man en sy spinasiebrode.

RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 26 18.12.2018

Floors en Hannes luister geamuseerd hoe Floors se tuindwerg vir Joseph geselskap gehou het in die donker vertrek onder die hoofgebou. Matrone probeer uitvind wie en wat Joseph Hendricks nou eintlik is.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.