RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 15 26.02.2019 14:45
Peet verheug hom in sy kinders. Hy samel gegewens oor Benjan in om plakkate op te sit. Die koerantfoto bied leidrade. Coert daag op. Juriana hoor haar pa buite in die donker snik. Hy sê dis vir hom te laat om terug te kom.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 14 25.02.2019 14:56
Juriana mag weer vlieg. Toe Paridon haar oplaai, hoor sy dat Peet in Pretoria is om Benjan te soek. Sy kla dat Coert nog kontak met sy eks, Maxie, het. Gravin Zoe bring vir Benjan koekies. Hy voer dit liewer vir Zeppelin. Juriana hoor Sofia bitterlik huil. Sy weet dis oor haar pa.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 13 22.02.2019 15:35
Oumiesie bel en kla dat Sofia die kinders van Peet af weghou. Wanneer Sofia aflei dat Benjan nie by Peet is nie, stort sy ineen. Benson troos kastig tot sy hom wegstamp. Vossie kyk na die geiser. Hy oorreed Sofia om Peet te bel. Peet weet reeds van die foto. Hy is op pad Pretoria toe.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 12 21.02.2019 14:53
Paridon wil vir Sofia 'n koerantfoto wys, maar iets val voor. Sy bel Vossie, terwyl Paridon sy suster by Coert opsoek en die foto wys. Dis van 'n verwaarloosde Great Dane agterop 'n bakkie. Die rugsak kan Paridon s'n wees. Benjan krap geheime uit.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 11 20.02.2019 15:23
Coert en Sofia ontmoet in die stad. Hy vra raad met Juriana. Hy vertel hoe hulle op die Rooiplein ontmoet het. Hy bieg dat sy ouers hom vir sy boetie se dood verkwalik. Benjan deursoek Zoe se bokse vol rommel.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 10 19.02.2019 14:35
By die tennisbaan beskuldig Juriana vir Coert dat hy op Sofia verlief is. Hulle maak vrede en almal eet in die tuin. Vossie daag op en dit saai onmin. Paridon bel sy pa, maar plak die foon neer toe Peet verskoning maak oor die onderhoudgeld.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 9 18.02.2019 14:49
Mev. Benson skimp dat Sofia haar man moet uitlos. Trevor bel om oor Benjan uit te vra. Sofia herleef die koedoe-ongeluk, en hoe Peet daarna van haar afgevat is. Benjan oefen kitaar tot sy vingers bloei. Toe hy parmantig raak, sit Zoe die hond op hom.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 8 15.02.2019 14:05
Op die lughawe word Juriana weens haar haarstyl belet om te vlieg. Paridon gaan haal haar by die Gautrein in Hatfield. Sy is verpletter. Sofia wag om van Benjan te hoor. Zoe los hom alleen met Zeppelin. Sy kom terug en verskree hom. Hy moet tuinmaak en kitaar oefen.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 7 14.02.2019 14:54
Aan tafel hoor Coert meer van die gesin se lief en leed. Toe die foon lui, hoop Sofia dis Benjan. Dis egter Vossie wat vra of sy skade weens die donderweer het. Dit maak Juriana woedend. Benjan het 'n aaklige nag. Hy kom die oggend agter dat Zeppelin hom bewaak.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 6 13.02.2019 14:14
Juriana en Coert speel tennis, en maak saam met Paridon aandete. Hy troos Sofia dat hy self twee keer geskei is. 'n Donderstorm bars los en die krag gaan af. In die murasie hunker Benjan huis toe.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 5 12.02.2019 13:50
Op Zoe se Bosveld-plot is net 'n murasie. Sy neem alles van Benjan weg. Hy moet net sy ma laat weet hy is by sy pa. Coert en Sofia gesels lekker, tot Juriana in badhanddoek uit die stort kom. Sofia is geskok, ook oor Juriana se lang hare wat versnipper is. Benjan besef hy is ontvoer.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 4 11.02.2019 15:39
Benjan word opgelaai deur ene Gravin Zoe. Agterop haar ou rooi bakkie is 'n Great Dane. Sy dwing Benjan om sy ma te laat weet hy is veilig. Verlig ry Sofia in druk verkeer huis toe. 'n Man in 'n viertrek toeter vererg. Hy ry agter haar aan. Dit blyk hy is Juriana se nuwe vriend Coert.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 3 08.02.2019 14:51
Mnr. Benson weier dat Sofia van die werk af wegbly. Juriana los boonop die bom dat sy Vossie gelos het vir 'n nuwe ou wat die aand oorkom. Paridon tob oor Benjan en oor die donker meisiestudent in die bib. Benson teister vir Sofia. Dit blyk boonop dat sy vrou jaloers is.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 2 07.02.2019 14:00
Sofia, Juriana en Paridon pleeg oorleg oor waar Benjan kan wees. Hy het 'n briefie gelos wat sê hy gaan sy bene toets. Sofia bel sy enigste vriend, Trevor, wat niks weet nie. Sy weier om Peet, haar speurder-eks, te bel. Haar verbittering oor sy ontrou is te groot.
DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 1 06.02.2019 14:32
Sofia Bester moet uit Pretoria-Noord deur Wonderboompoort na haar werk in Sunnyside ry. Sedert sy en Peet geskei is, is sy die broodwinner. Juriana en Paridon is ook vroeg op. Toe Sofia na Benjan se buitekamer gaan, vind sy geskok uit dat hy glad nie daar geslaap het nie.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot) 05.02.2019 13:56
Hannes en Floors vertrek na Paternoster om Frieda sê as te gaan strooi. Kittie stem uiteindelik in om saam met Ronnie uit te gaan wanneer hy terugkom. Matrone ontvang 'n vreemde oproep uit Peru.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 59 04.02.2019 12:20
Vivienne vertel Floors dat Santie gesê het sy sal steeds in die ontwikkeling belê, al delg Floors Rupert se skuld. Pastoor Joseph vra Vivienne of sy weer saam met hom vir 'n melkskommel sal gaan.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 58 01.02.2019 12:26
Vivienne probeer vir oulaas om matrone te oortuig om Floors te laat afsien van sy plan om Rupert se skuld te delg. Frieda se as word afgelewer, en dis Kittie se taak om dit aan Hannes te oorhandig.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 57 31.01.2019 12:21
Santie laat weet vir Vivienne dat sy woedend vir Denver is dat hy nie verhoed het dat Floors vir Rupert by Rus en Vrede laat inwoon het. Joseph besluit om by sy seun en dogter te gaan kuier.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 56 30.01.2019 14:09
Matrone vra Floors om 'n ogie oor Hannes te hou ná Frieda se afsterwe. Hannes vertel vir Floors dat Frieda gevra het om veras te word sonder 'n begrafnis. Rupert keer terug na Johannesburg ná Floors se aanbod.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 55 29.01.2019 13:27
Rupert vra raad by matrone oor die ontwikkeling. Kittie vertel vir Ronnie dat pastoor Joseph sy seun probeer bel het. Matrone bring slegte nuus vir Floors oor tannie Frieda.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 54 28.01.2019 11:59
Vivienne waarsku Denver dat sy vermoed Floors en matrone konkel agter sy rug met Rupert. Floors neem Rupert op 'n toer van Rus en Vrede, en stel hom voor aan van die inwoners.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 53 25.01.2019 13:17
Floors vra matrone om 'n afspraak vir hom met Rupert Aucamp te reël buite Rus en Vrede se perseel. Ronnie vertel vir matrone dat hy pastoor Joseph wou help met sy ID-kaart aansoek, maar volgens die Departement van Binnelandse Sake bestaan hy nie…
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 52 24.01.2019 12:57
Kittie is emosioneel nadat sy saam met Floors, vir Frieda en Hannes besoek het by die sorgsentrum. Vivienne poog om pastoor Joseph te oortuig om die vergadering by te woon, waartydens Rupert Aucamp die inwoners sal toespreek oor die ontwikkeling.
RUS EN VREDE deur Charles J. Fourie - Episode 51 23.01.2019 11:55
Denver is terug op sy pos, maar is geskok dat sy skildery verdwyn het. Floors verneem dat Frieda baie siek is. Hy is ook bekommerd oor Hannes se welstand. Denver konfronteer Rupert oor Santie se Plan B met die ontwikkeling.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.