RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 30 30.10.2019

Simon raak al hoe stiller. Hy kan dit nie verwerk dat Rufus saam met Jesus swerf nie. Maria kom kuier gereeld by hulle, en sy word vir Debora soos 'n dogter in die huis. Op 'n dag bring sy 'n besondere gas vir Debora om te ontmoet...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 29 29.10.2019

Rufus en Maria daag een oggend vroeg onverwags by Simon-hulle se huis in Getsemane op. Rufus lig Simon in dat hy nog die hele tyd by Maria-hulle aan huis in Betanië was. Wanneer almal later rustig aan tafel sit, maak Rufus 'n aankondiging wat beide sy ouers, maar veral Simon, hewig ontstel...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 28 28.10.2019

Debora en Esegiël is geskok om te sien hoe verflenter Simon se klere is, en hoe bebloed sy gesig en kneukels is. Hy sê 'n paar kwaaddoeners het hom langs die Kedron probeer oorval. Esegiël wil weet wat Simon dink van Josef van Arimatea se storie dat Lasarus uit die dood opgewek is, maar Simon maak dit af as bogtery. Nadat Esegiël gaan slaap het, erken Simon egter aan Debora dat hy in Betanië was e...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 27 25.10.2019

Josef van Arimatea se besoek het Simon genoop om self ondersoek te gaan instel na wat Josef hom vertel het. Sy belewenis in Betanië skok hom tot in sy diepste wese...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 26 24.10.2019

Simon se gesprek met Josef van Arimatea lei hom al hoe meer om te glo dat die gesiene lid van die Sanhedrin ook in die Nasarener glo. Wanneer hy hom direk daarmee konfronteer, is die ou man vaag omtrent sy gevoelens. Toe Simon die middag terugkom by die huis, merk Debora gou dat iets hom pla. Wanneer sy hoor dat Jesus van Nasaret in Betanië was, vang dit haar verbeelding vas. Simon verlaat die hui...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 25 23.10.2019

Twee dae nadat Simon en Esegiël na Saulus in die tempel in Jerusalem geluister het, is die parskuip klaar gepleister en gereed om gebruik te word. Josef van Arimatea lê besoek af met nuus, wat Simon geweldig ontstig.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 24 22.10.2019

Simon en Esegiël bring 'n dankoffer in die tempel. Daar is 'n jong Fariseër, genaamd Saulus, besig om die dade en uitsprake van Jesus van Nasaret te veroordeel. Simon glo dit bevestig dat hy reg was om Rufus sy huis te belet totdat sy seun tot ander insigte kom en Jesus veroordeel soos dit 'n goeie Jood betaam.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 23 21.10.2019

Rufus daag moeg en seer van die lang rit te perd in Betanië op nadat hy Jesus in Perea gevra het om die sterwende Lasarus te gaan genees. Maar in plaas van die genesing van die siek pottebakker, beleef Rufus die afsterwe van Lasarus. Tóg vind hy terselfdertyd krag, wat vir hom soos 'n skild is teen Simon se woede.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 22 18.10.2019

Simon soek antwoorde op sy vrae oor sy twee seuns. Hy kry die struweling tussen hom en Rufus die vorige aand nie uit sy kop nie, en het berou dat hy sy jongste seun uit die huis gejaag het. Josef van Arimatea bring o.a. meel en sout vir Simon en Debora, maar hy is haastig, want Kajafas het hom na Jerusalem ontbied om gerugte te bespreek dat Jesus van Nasaret na Jerusalem op pad is.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 21 17.10.2019

Simon is afgemat en voel gedreineer ná Rufus die huis verlaat het. Rufus loop die hele nag, en vroeg die volgende môre ontmoet hy 'n geheimsinnige jong vrou op 'n donkie wat dringend op soek is na iemand om Jesus van Nasaret vir haar te ontbied, want haar broer in Betanië lê op sterwe.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 20 16.10.2019

'n Rustige aand aan die etenstafel en 'n gesprek oor al die werk wat op Josef van Arimatea se grond gedoen moet word, het onvoorsiene gevolge.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 19 15.10.2019

Nimrod se beskrywing van sy genesing oortuig Rufus dat hy Jesus van Nasaret ten alle koste moet ontmoet. Simon kom met opwindende nuus terug van Jerusalem af.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 18 14.10.2019

Nimrod vertel vir Rufus hoe Jesus van Nasaret hom genees het. Rufus is verwonderd oor die eenvoud van die profeet van Galilea se leer.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 17 11.10.2019

Simon weier om Nimrod te glo dat hy genees is, en jaag hom weg. Rufus se besoek later die aand aan Nimrod lei tot 'n diep gesprek oor Jesus van Nasaret.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 16 10.10.2019

Die feit dat die profeet van Nasaret die Sabbat ontheilig het, is vir Debora en Rufus 'n reuse skok. Buite Jerusalem slaan hulle kamp op, en Simon gaan haal water by die put. Met sy terugkeer tref hy 'n baie vreemde besoeker in sy gesin se geselskap aan.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 15 09.10.2019

Dis 'n paar maande later. Simon-hulle is uit Joppe onderweg na Jerusalem. Die gesprek oor Jesus van Nasaret staan Simon nie aan nie, en hy besluit om hulle te vertel watse soort mens hierdie danige profeet van hulle is.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 14 08.10.2019

Dis 'n blye weersiens op die hawe, maar Simon-hulle se agtervolgers is kort op hulle hakke. Eers toe die skip van die kaai af begin wegvaar, besef Simon-hulle wat die prys was wat vir hulle ontsnapping betaal is.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 13 07.10.2019

Naomi se vertelling van 'n jong Romeinse seeman met 'n litteken op die wang wat Philo kom waarsku het dat die Romeine op soek is na Rufus se ouers, gee Simon en Debora nuwe moed. Naomi se voorspelling stem Simon erg onrustig.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 12 04.10.2019

Simon en Debora-hulle kom uiteindelik pootuit in Alexandrië aan. Hulle word egter spoedig ontnugter. Die weduwee by wie Rufus in Alexandrië tuisgegaan het, het 'n waaghalsige plan vir hulle beraam.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 11 03.10.2019

Debora is opgewonde oor die vooruitsig om Rufus weer te sien. 'n Onverwagte gesprek met Juba laat haar diep nadink oor die man van Galilea.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 10 02.10.2019

Esegiël en Juba kondig aan dat hulle saam met Simon en Debora na Egipte gaan vlug. Die Romeinse kaptein wat hulle met sy soldate agtervolg, moet 'n belangrike keuse maak.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 9 01.10.2019

Cirene se inwoners het in opstand gekom. Onderweg na sy sel van die praetorium af, verander Simon se omstandighede onverwags.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 8 30.09.2019

Simon se verhoor verloop baie sleg vir hom. Benewens sy kommer oor Debora alleen by die huis, word sy grootste vrees bewaarheid.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 7 27.09.2019

Simon kom vroegaand by sy dorsvloer aan terwyl Romeinse soldate en slawe besig is om sy koring op waens te laai om na Rome te verskeep. Sy impulsiewe reaksie het ingrypende en blywende gevolge vir hom, Debora, Esegiël en Juba.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 6 26.09.2019

Die goewerneur van Cirene, Sextus Quirinius, waarsku 'n afgesant van Rome, Gaius Papinius, dat die lae graanprys tot 'n opstand kan lei, veral omdat 'n timmerman van Galilea besig is op die Jode met 'n nuwe idee op te sweep.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.