RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 55 04.12.2019

Simon en Esegiël kom uiteindelik by Debora, Rufus en Maria se huisie aan, maar die teleurstelling is groot. Min sou die twee vriende egter kon raai dat die ergste nog nie verby is nie...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 54 03.12.2019

Eerste Offisier Sergus help Simon en Esegiël om vervoer te kry om hulle van Ostia na Rome te neem om Debora, Rufus en Maria te probeer opspoor. Hoe nader hulle egter aan Rome kom, hoe meer ontstellend word hulle ervaring.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 53 02.12.2019

Die vaart van Joppe na Rome neem 'n onheilspellende wending wanneer 'n vreemde gloed een nag op die horison sigbaar word. Kan dit Rome wees wat brand? In Rome word die nuus net nog meer ontstellend.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 52 29.11.2019

Terwyl Esegiël een laatmiddag die horison van die huis in Getsemane af sit en dophou, word sy geduld na jare se wag beloon met Simon van Cirene wat na die huis aangestap kom. Wanneer hulle uiteindelik rustig sit en gesels, het Esegiël self ook 'n verrassing of twee om met Simon te deel.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 51 28.11.2019

Simon werk onverpoos in die silwermyn om die dwangarbeiders te bearbei. Met die verloop van tyd ontwikkel daar 'n besondere band tussen hom en Barabbas. Die eens berugte rower en moordenaar word al hoe meer ernstig siek, maar Simon kan hom net nie oortuig om tot geloof in die Verlosser van Israel te kom nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 50 27.11.2019

Dit is 'n goeie twintig jaar later. Simon is van alles en almal vervreem, en werk onder dwang in 'n Romeinse silwermyn waar hy 'n eens gevreesde man vir die eerste keer van aangesig tot aangesig ontmoet...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 49 26.11.2019

Simon se gesprek met Petrus duur aansienlik langer as wat Simon verwag het. En wat die dissipel te sê het, laat hom al hoe meer twyfel aan sy eie oortuigings. Veel later die aand, toe hy van Jerusalem af by die huis kom, kan Debora, Rufus, Esegiël en Maria hulle oë en ore nie glo nie...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 48 25.11.2019

Terwyl Debora met Rufus, Esegiël en Maria wonder waar Simon so lank bly, verloop Simon se gesprek met Petrus glad nie soos hy verwag het nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 47 22.11.2019

Maria se nuus oor Jesus se verskyning aan sy dissipels werp Simon heeltemal omver. Hy haas hom na die huis in Jerusalem waar hy aandring om met Simon Petrus te praat. Hoe langer Petrus met hom praat, hoe minder weerstand voel Simon kan hy bied teen dit wat vir hom tot in daardie stadium nog net leuens en bedrog was.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 46 21.11.2019

Simon en Debora wag tot laataand vir Rufus en Esegiël om van Betanië af terug te keer met nuus van Jesus van Nasaret se opstanding. Wanneer hulle uiteindelik terugkom, is wat hulle te vertel het, uiters teleurstellend. Maar dan kom Maria onverwags by hulle aan. Sy kan byna nie praat nie, so emosioneel is sy.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 45 20.11.2019

Oortuig dat die graf inderdaad leeg is, begin Simon oral navraag doen oor Jesus van Nasaret. Almal is bewus van die gerugte dat die Nasarener opgestaan het uit die dood, maar niemand het Hom nog gesien nie. Wanneer hy uiteindelik uitgeput tuiskom, is Debora se reaksie op die gerugte nog erger as wat hy gevrees het.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 44 19.11.2019

Simon vra Josef van Arimatea om weer vir hom te verduidelik wat die betekenis is van die aardbewing, die duisternis en die skeur van die voorhangsel in die tempel. Hoe meer Josef verduidelik, hoe minder verstaan Simon. Aangevuur deur sy nuuskierigheid enersyds, en sy kommer oor bedrog deur die dissipels andersyds, keer Simon baie vroeg die Sondagoggend terug na die graf van die Nasarener. Hy maak...

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 43 18.11.2019

Josef van Arimatea probeer Simon oortuig dat die skeur van die voorhangsel bewys is dat Jesus die Messias, die Seun van God is. Simon vlug huis toe waar Debora hom inwag. Hulle gesprek verloop egter glad nie soos wat Simon verwag het dit sou nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 42 15.11.2019

Toe Simon Niger besef Debora is nie tuis nie, loop hy terug na Jerusalem. 'n Vreemde duisternis sak oor die stad en die hele gebied rondom Jerusalem toe, en Simon vaar blindelings die strate in. Toe hy hom weer kom kry, staan hy op die trap na die voorhof van die tempel, waar hy 'n skrikwekkende gebeurtenis beleef.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 41 14.11.2019

Simon Niger hou die kruisigingsoptog van 'n veilige afstand af dop, want iets dwing hom om teenwoordig te wees wanneer die kruisiging voltrek word. Hy het egter nooit kon raai dat sy blote teenwoordigheid sy lewe permanent en ingrypend sou verander nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 40 13.11.2019

Pilatus besef dat hy die stryd teen die Joodse leiers verloor het, en gee opdrag dat Jesus gekruisig moet word. Selfs Simon was nie voorbereid op die emosies wat hy sou beleef met die aanskoue van die kruisigingsoptog nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 39 12.11.2019

Die skare wat op die voorplein van Pilatus se paleis in Jerusalem vergader, is geskok om te hoor dat die gevreesde Barabbas in die plek van Jesus van Nasaret vrygelaat kan word. Pilatus voel verlig en tevrede dat hy in sy doel geslaag het, maar hy het nie rekening gehou met die sluwe Kajafas en sy priesterhoofde nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 38 11.11.2019

Pontius Pilatus se vrou, Claudia, waarsku hom dat sy 'n droom oor die Galileër gehad het, en dat hy die Man nie moet veroordeel nie. Pilatus besluit op grond daarvan om die Jode te uitoorlê deur hulle voor 'n onmoontlike keuse te stel: Die vrylating van Jesus, die Galileër, of die gevaarlikste misdadiger wat in aanhouding in Jerusalem is.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 37 08.11.2019

So gretig as wat Herodes Antipas was om Jesus van Nasaret uiteindelik te ontmoet, en so graag as wat hy 'n wonderwerk deur die enigmatiese persoonlikheid sou wou beleef, so gou het hy besef dat hy, nes Pilatus, nie sy politieke loopbaan op die spel wil plaas nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 36 07.11.2019

Wanneer Pilatus gekonfronteer word met voorvalle van opstand uit die verlede, besluit hy om ter wille van sy politieke loopbaan die saak na koning Herodus Antipas te verwys. Die koning van Galilea word in sy laatoggendontbyt gesteur met die nuus dat hy Jesus van Nasaret moet verhoor. Hy is opgewonde oor die vooruitsig om Jesus te ontmoet, maar hy word baie gou teleurgestel.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 35 06.11.2019

Jesus se verhoor verloop nie vir hoëpriester Kajafas en sy afvaardiging volgens plan nie. Ongeag die vyandigheid van die skare, wil Pilatus nie toegee aan die druk nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 34 05.11.2019

Simon volg die klein optog van die tuin van Getsemane af tot buite die poort na Kajafas se huis. 'n Gerug versprei dat die Nasarener skuldig bevind is. Josef van Arimatea se reaksie daarop skok Simon.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 33 04.11.2019

Debora ervaar 'n onweerstaanbare drang om die kruik wat Judas Iskariot by Simon agtergelaat het, na Jesus van Nasaret in Betanië te neem. Haar besluit het egter gevolge wat sy nie voorsien het nie.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 32 01.11.2019

Simon se gesprek met Judas Iskariot laat hom voel of ál die argumente teen Jesus van Nasaret deur die afstootlike man onderskryf word. Wanneer Debora van Jerusalem af by Simon verbygaan waar hy wyn aan pelgrims verkoop, hoor sy skokkende nuus by Simon.

MAN VAN CIRENE deur F.A. Venter - Episode 31 31.10.2019

Rufus is terug in Betanië, en hy en Maria probeer om Simon en Debora sover te kry om by hulle te kom kuier, want Jesus gaan by hulle tuis vir die Pasga. Debora wil graag gaan, maar nie Simon nie, en sy wil nie sonder hom gaan nie. Kort voor die viering van die Pasga verkoop Simon wyn en brandhout in Getsemane aan die pelgrims. Dan daag daar 'n klant op om wyn te koop wat Simon se hare laat rys...

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.