RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 35 24.04.2020

Ben en Johan ontmoet na werk vir ʼn drankie. Die plan om Jakes en die Vinnige-Boys weer agter tralies te kry, begin nou realiseer. Johan praat vir die eerste keer oor wat moet gebeur as hy dalk nie die rooftog oorleef nie.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 34 23.04.2020

Ma kuier by Chanel in die haarsalon waar sy werk. Terwyl Chanel Ma se hare sny, gesels hulle oor Johan en Pieter. Ma vertel vir Chanel dat sy vermoed dat Johan weer betrokke is by die beplanning van ʼn transitorooftog. Chanel wil help om die rooftog te probeer keer.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 33 22.04.2020

Johan verras vir Pieter met ʼn geskenk. Die geskenk help om die ys tussen hulle te breek, en laat Johan toe om bietjie meer toenadering te soek. Jakes en Steve, ʼn bendelid, agtervolg Ben van sy werksplek af tot by ʼn restaurant. Ben probeer van hulle af wegkom. Hy bel vir Johan en wil weet hoekom die Vinnige-Boys bende hom agtervolg.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 32 21.04.2020

Ben en Adri gesels oor die dag se werk by Cash-Move, en dit neem nie lank voor hulle oor Johan en die Vinnige-Boys bende praat nie. Ben wil eerder oor hulle toekoms en hulle ongebore kinders praat. Adri praat vinnig oor iets anders.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 31 20.04.2020

Ma probeer om by Johan uit te vind wat op die dag van die rooftog gaan gebeur. Pieter en Chanel is besig om die meubels in hulle nuwe woonstel rond te skuif toe Johan bel. Die oproep maak Chanel bly en ook ʼn bietjie onrustig. Pieter wys vir sy ma sy plan in geval die Vinnige-Boys ooit die woonstel aanval.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 30 17.04.2020

Pieter en Ben praat oor wat Johan vir Pieter beteken. Die seun wil weet of sy pa 'n goeie mens is. Adri deel 'n groot geheim met Chanel, en haar aanstaande skoonsuster raai haar aan om oop kaarte te speel voordat sy met Ben trou.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 29 16.04.2020

Ma bel vir Ben om te kla tyd dat sy amper nooit meer vir Johan sien nie. Laatnag ontmoet Jakes weer vir Johan buite die Bellville-huis. Jakes laat weet vir Johan dat hy die geld, wat by die eerste rooftog verdwyn het, soek. Jakes vermoed ook dat Johan iets te doen gehad het met Johnny se verdwyning.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 28 15.04.2020

Johan kom haal Pieter en Chanel by die hospitaal, en neem hulle na die nuwe woonstel. Almal is opgewonde oor die nuwe blyplek. Chanel en Johan begin weer vashaak oor ʼn nietigheid. Pieter plaas homself in sy pa se skoene en wonder hoe hy sou optree as die Vinnige-Boys hom afpers.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 27 14.04.2020

Bettie woord laatnag wakker gemaak. Jakes het kom kuier. Hy probeer sy ma kalm hou. Bettie smeek hom om van plan te verander, maar Jakes weier. Die polisie is op pad, en Jakes moet vlug.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 26 12.04.2020

Johan en Pieter is vir die eerste keer na Johan se vrylating alleen saam. Hulle vra mekaar uit oor die afgelope tien jaar, en begin ʼn eerlike gesprek voer oor hulle drome vir die toekoms. Is daar plek in hulle lewe vir mekaar?

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 25 09.04.2020

Bettie en Ma ontmoet in die geheim. Hulle is onder groot druk om hulle kinders se gedrag te aanvaar, maar bly vasbeslote om ʼn stokkie voor die Vinnige-Boys se rooftogplanne te steek. Hulle seuns wilegter nie na hulle luister nie.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 24 08.04.2020

Chanel vertel vir Pieter van die nuwe woonstel waar hulle sal woon wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word. Pieter is verlig dat hy en sy pa nie onder dieselfde dak sal bly nie. Ben trek by Adri se woonstel in. Wanneer Ben van kinders praat, verander Adri skielik die onderwerp. Johan en Ma is alleen by die Bellville-huis. Hulle beraam planne om Chanel te oorreed om Johan weer as haar man te aan...

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 23 07.04.2020

Bettie word na Jakes se jongste wegkruipplek geneem. Hoe meer Jakes vir sy ma probeer oortuig dat alles nou weer na normaal sal terugkeer, hoe minder wil sy hom glo. Bettie pleit by haar seun om nie weer aan ʼn transitorooftog deel te neem nie.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 22 06.04.2020

Pieter vertel vir Chanel van sy skoolmaats wat hom op hoogte hou met sy skoolwerk. Hy raak nou ʼn bietjie moeg om so lank in die hospitaal te bly. Hy vertel haar van ʼn ou met tatoes op sy gesig wat elke nou en dan inloer en vra hoe dit met hom gaan. Chanel bel dadelik vir Ben en sê dat sy vermoed dat een van die Vinnige-Boys bendelede op haar seun spioeneer.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 21 03.04.2020

Johan oorreed Ben om hom grot toe te neem. Op pad soontoe argumenteer die twee heftig oor die geld wat Ben vermoed Johan vroeër daar versteek het. In die grot wag daar ʼn verrassing op Johan. Hoe het die Vinnige-Boys uitgevind van die grot, en wat maak hulle nou?

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 20 02.04.2020

Ma word uit die hospitaal ontslaan ná ʼn aand se observasie. Ben kom haal haar, en Ma gee vir hom ʼn ultimatum oor Adri. Ben wil nie oor Adri of die beplande rooftog praat nie. Jakes bel sy ma. Bettie is bly om sy stem te hoor, en probeer hom oorreed om homself aan die polisie oor te gee.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 19 01.04.2020

Ben sê vir Ma dat hy en Adri verloof is, en dat hulle van nou af saam gaan woon. Chanel laat die bom bars oor haar uittrek, en Ma se wêreld stort ineen. Ben hoef nie meer om Pieter se onthalwe by Ma te bly nie. Sal Ma al die skokke kan oorleef?

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 18 31.03.2020

Ben verras Adri met ʼn spogete. Ná ete het hy ʼn baie belangrike vraag om vir haar te vra. Chanel laat Johan verstaan dat sy nie wil skei nie, en dat hy van voor af weer by haar moet kom vlerksleep. Sy verwag ook dat hy alles sal insit om vrede met hulle kind te maak.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 17 30.03.2020

Jakes en Johan het ʼn middernagtelike ontmoeting buite die huis. In die donkerte vertel Jakes vir Johan in detail hoe hulle te werk sal gaan om die transitotrok te beroof. Jakes verdwyn die nag in. Ben het alles gehoor wat Jakes gesê het.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 16 27.03.2020

Jakes en Johnny beroof ʼn klein supermark. Johnny vererg hom oor iets wat ʼn kassier doen, en skiet haar. Hulle kom weg met ʼn paar duisend rand. Jakes is woedend oor wat Johnny gedoen het.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 15 26.03.2020

Bettie sê vir ma dat sy nog nie van Jakes gehoor het ná sy ontsnapping uit die tronk nie. Die twee maak planne om die transitorooftog te keer. Hulle planne is nie uitvoerbaar nie, maar dit pla hulle nie. Adri en Ben beplan hoe om vir Ma te laat weet dat Ben by die huis gaan uittrek. Ben laat vir Adri verstaan hoe gevaarlik die rooftog is.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 14 25.03.2020

Jakes en Johnny maak planne om ʼn supermark te beroof. Jakes erken dat hy eerder sal sterf as om terug te gaan tronk toe. Ben probeer om Johan te oortuig om teen die Vinnige-Boys en hulle beplande transitorooftog te werk. Jakes bel vir Ben met instruksies oor die rooftog. Johan moet besluit of hy vir of teen die Vinnige-Boys sal wees.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 13 24.03.2020

Pieter is by sy volle bewussyn. Johan en Pieter sit weer sleg vas. Ben probeer vir Johan oortuig dat Pieter wel vir hom omgee. Die Steenberg-broers kom agter dat die Vinnige-Boys bende hulle gedurig dophou.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 12 23.03.2020

Pieter word stadig wakker, en is verward en angstig. Chanel probeer hom kalmeer. Pieter praat asof Johan nog in die tronk is, en Ma poog om te hom oortuig dat sy pa vry is en nou by hulle woon. Ma en Chanel begin oor alles stry. Pieter raak stiller en stiller.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 11 20.03.2020

Johan is oortuig dat sy vrou wil skei, maar sy hou vol dat sy net ʼn bietjie tyd en spasie nodig het. Chanel weet dat sy Johan nog nie kan vertrou nie. Ma peper Ben met vrae oor wat met Johan en die beplande rooftog aangaan. Die hospitaal laat weet dat daar goeie nuus is oor Pieter.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.