RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 10 19.03.2020 15:31
Johan en Ma waak by Pieter se hospitaalbed. As hy met sy bewustelose seun praat, vra hy vir vergifnis. Dit is die eerste keer dat Johan eerlik praat oor die gebeure van die afgelope tien jaar.
WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 9 18.03.2020 11:19
Chanel soek Ben by sy werk. Adri stel haarself voor, en die twee vroue leer mekaar ken. Ben gesels privaat met Chanel, en sy speel oop kaarte met hom. As sy vir Ma sê wat sy wil doen, sal daar ʼn bom bars.
WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 8 17.03.2020 14:14
In die hospitaal se familie-wagkamer ontmoet Ma vir Bettie. Die twee oumas gesels lekker saam, en spog oor hulle kinders en kleinkinders. Bettie vertel vir Ma wie sy eintlik is, en wat sy soek.
WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 7 16.03.2020 12:24
Terwyl hulle vir nuus oor Pieter wag, gesels die familie oor die toekoms. Ma probeer om vrede tussen haar seuns te bewerkstellig. ʼn Dokter laat weet dat die operasie suksesvol was. Pieter word in ʼn mediese koma gehou, maar sal binne die volgende 24 uur wakker gemaak word. Chanel sien daarna uit om die waarheid oor sy 'val' te leer.
WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 6 13.03.2020 11:11
Ben is vies omdat Johan nie sy bande met die Vinnige-Boys bende kan verbreek nie. Johan bel vir Jakes wat spog dat hy binnekort vry sal wees, en gee instruksies wat Ben ook insluit.
WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 5 12.03.2020 14:59
Dis tyd vir ʼn eerlike en oop gesprek, en die Steenberg-broers ontmoet in ʼn kroeg. Johan voel verstoot deur sy familie, en glo dat hulle gelukkiger sal wees as hy verdwyn. Chanel bel met ontstellende nuus oor iets wat ʼn bendelid by die hospitaal gedoen het.
WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 4 11.03.2020 15:51
In ʼn laatnag gesprek met sy meisie, Adri, erken Ben dat hy besorg is oor sy broer. Johan en Chanel is vir die eerste keer ná sy vrylating alleen. Chanel het nie goeie nuus vir Johan nie. Later bel sy vir Ben met die nuus dat Pieter teater toe geneem word vir ʼn noodoperasie.
WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 3 10.03.2020 11:55
Terwyl dokters werk om Pieter te stabiliseer, sukkel die Steenberg-familie om te verstaan wat gebeur het. Jakes bel vir Johan op Ben se foon, en lê sy planne uit vir die volgende transitorooftog. Chanel kom haal die manne om te help want Ma het inmekaar gesak.
WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 2 09.03.2020 14:05
Ben en Johan vind vir Pieter in die Heksrivierberge. Hy skuil in ʼn grot waar die twee broers gereeld as kinders gespeel het. Pieter hardloop by die grot uit, klim te vinnig na onder, gly en val...
WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 1 06.03.2020 12:54
Die transitorower, Johan Steenberg, word deur die leier van die Vinnige Boys-bende, Jakes Appollis, geïntimideer voordat hy op parool vrygelaat word. By die familiehuis in Bellville maak Ma en Chanel (Johan se vrou) gereed om sy vrylating te vier. Johan se jonger broer, Ben, gaan haal hom by die tronk. Intussen het Pieter, Johan se tienerseun, spoorloos verdwyn.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot) 05.03.2020 17:07
Fanie probeer by Jolene uitvind wat hy alles die vorige aand gemis het. Christa probeer Francois teen Ansie waarsku. Ansie en Francois kom voor 'n laaste besluit te staan. Fanie neem vir Belinda op 'n romantiese uitstappie.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 59 04.03.2020 14:17
Die waarheid oor die ontvoering kom uit. Daleen is ongelukkig dat Jolene vir Jantjies 'n romantiese ete by die gastehuis hou. Ansie en Francois maak planne vir die toekoms.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 58 03.03.2020 14:11
Jantjies beplan om Mike en Errol se vriendskap te wen om die waarheid uit hulle te kry oor wie agter Francois se ontvoering sit. Daleen pols Basjan omdat sy dink hy is die baasbrein agter Francois se ontvoering.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 57 02.03.2020 14:02
Ansie merk dat 'n bakkie vir haar en Christa volg, en hou langs die pad stil, want sy dink dit is haar pa wat hulle agtervolg. Fanie en Belinda hou ook stil wanneer hulle besef Ansie en Christa het hulle gesien. Basjan daag by die toneel op nadat hy nie daarin geslaag het om sy geld terug te kry nie.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 56 28.02.2020 14:35
Ansie en Christa vertrek om die tweemiljoenrand losprys te gaan afgee, en word deur Fanie en Belinda agtervolg, wat spoedig besef dat Basjan op sy beurt ook vir Ansie en Christa agtervolg. Tot Jantjies en kaptein Jafta se verbasing, verskyn Francois saam met die boorder, Mike, vanuit die karavaan.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 55 27.02.2020 13:06
Belinda is nuuskierig om te weet op watter uitstappie Basjan vir Christa neem. Fanie probeer Basjan en Ansie se gesprek afluister. Ansie smeek haar pa om nie betrokke te raak by die losprysaflewering vir Francois nie.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 54 26.02.2020 13:46
Jantjies bieg dat hy wel in Jolene belang stel. Fanie probeer uitvind hoekom kaptein Jafta en Jantjies gaan kampeer. Jantjies en kaptein Jafta loer vir Mike en Errol af, en vind Basjan by hulle.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 53 25.02.2020 14:13
Jantjies probeer uitpluis hoekom Basjan vir Fanie en Belinda by die rivier afgeloer het. Christa vertel vir Basjan die besonderhede van die losprys se aflewering. Daleen dink Jolene het muisneste oor Jantjies, en verbied haar om verder kontak met hom te hê.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 52 24.02.2020 14:33
Ansie is woedend vir Jolene omdat sy vir Basjan vertel het dat Francois ontvoer is. Basjan vra vir Jolene om haar oë en ore oop te hou en vir hom te spioeneer. Belinda bieg teenoor Jolene dat sy eintlik vir Basjan wil terugbetaal vir die egskeiding.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 51 21.02.2020 15:01
Ansie konfronteer haar ma nadat sy verneem dat Belinda saam met Fanie gaan piekniek hou. Daleen lig Jantjies in dat die twee boorders, Mike en Errol, oudmyners is wat destyds op 'n myn in Thabazimbi gewerk het.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 50 20.02.2020 14:49
Daleen en Jantjies vertrek op hulle helikopterekspedisie om die twee boorders, Mike en Errol, op te spoor. Belinda is bekommerd oor Basjan wat uit die gastehuis trek, en vra vir Christa of hy by haar gaan intrek aangesien hulle nie meer hulle verhouding hoef weg te steek nie.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 49 19.02.2020 13:09
Jolene laat glip teenoor Basjan dat Christa en Ansie 'n losprys vir Francois gaan betaal. Fanie konfronteer Christa oor haar kop-in-een-mus-spel met Basjan.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 48 18.02.2020 13:27
Daleen vertel vir speurdersersant Jantjies van Fanie se dilemma en sy werkloosheid. Christa wys vir Ansie die tweemiljoenrand wat sy moet oorhandig om Francois te bevry. Jantjies reël 'n helikopter om die twee boorders, Mike en Errol, te gaan soek by Witsand.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 47 17.02.2020 14:20
Daleen is nuuskierig oor hoe Jolene se afspraak met speurdersersant Jantjies verloop het. Basjan wil hê Ansie moet vir Fanie Louw by die gastehuis uitskop, anders trek hy uit.
BRULSAND deur Charles J. Fourie - Episode 46 14.02.2020 14:02
Jolene kry toestemming by haar ma om Jantjies te vergesel vir die pizza-afspraak, maar met streng voorwaardes. Basjan besluit om Ansie te verras met 'n bottel wyn, maar vind haar in 'n terneergedrukte toestand. Fanie konfronteer Basjan oor sy mynbedrywighede by die ontwikkeling.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.