RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 60 (slot) 29.05.2020

Dis twee weke later. Almal kom by die Bellville-huis bymekaar ná Johan se begrafnis. Buite in die tuin vertel Ben vir Pieter presies wat gebeur het, en hoe braaf sy pa was om te doen wat hy gedoen het. Chanel en Adri belowe om vir altyd getroue skoonsusters te wees. Bettie en Ma besin oor wat met hulle seuns gebeur het. Hulle besluit om in die openbaar saam te werk om bendes en rampokkers te knieh...

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 59 28.05.2020

Die rooftog het gefaal. Die Steenberg-broers en die Vinnige-Boys bende moet vir die gelag betaal. Ben en kaptein Schutte praat oor wat gebeur het, en wat nog kan gebeur.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 58 27.05.2020

Dis die oggend van die rooftog. Ben hou toesig as die transitotrok gelaai word. Dit word gou duidelik dat Jakes ander planne het as die wat die Steenberg-broers voor gehoop het, en daar moet vinnig besluite geneem word.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 57 26.05.2020

Johan neem Ben na die grot. Hulle bespreek die finale plan van aksie vir die volgende dag se rooftog. Die familie is veilig in Langebaan, en sal daar bly totdat die rooftog verby is. Johan het ʼn nare gevoel oor die transitorooftog, en maak ʼn skokkende erkenning aan Ben oor wat hy dink sal gebeur.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 56 25.05.2020

Ben en Adri beplan hulle toekoms. Hulle droom oor die kind wat hulle sal aanneem, en oor hoe daardie besluit hulle lewe sal verander. Chanel probeer om Johan te oorreed om liewers niks met Jakes en die Vinnige-Boys bende te doen nie. Nadat hulle amper weer begin stry hieroor, erken Johan aan haar dat hy en Ben se plan al uitweg is vir hom en sy familie. Hy het diep berou oor die moontlike gevolge...

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 55 22.05.2020

Die hele familie vergader om Ma se verjaarsdag te vier. Sy is bly dat Johan en Chanel weer bymekaar is, en is verheug wanneer Adri en Ben haar vertel van die baba wat hulle wil aanneem. Die voordeurklokkie lui, en Ma maak die deur oop vir ʼn onverwagte gas...

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 54 21.05.2020

Jakes neem sy ma uit vir ete by ʼn duur restaurant. Soos gewoonlik probeer Bettie haar seun oortuig om nie aan die transitorooftog deel te neem nie. Jakes weier om so ʼn belofte aan haar te maak. Hy bedank haar vir al die opofferings wat sy deur die jare vir hom moes maak. Bettie glo dat hy dalk iets anders probeer sê.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 53 20.05.2020

Adri en Ma ontmoet. Ben is verras om te sien hoe goed die twee oor die weg kom. Johan en Ben draai nie meer doekies om as dit by hulle planne kom nie, en Ma, Chanel en Adri word nou alles oor die rooftog vertel. Hulle hoor ook van die slim plan om hulle veilig te hou tydens en ná die rooftog.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 52 19.05.2020

Johan neem sy seun na die grot, en Pieter en sy pa raak in ʼn intensiewe gesprek betrokke. Pieter wil weet van die mislukte rooftog wat sy Pa in die tronk laat beland het. Vir die eerste keer verstaan Pieter waarom Johan deel was van die mislukte rooftog, en waarom hy en Ben nou so hard werk om die Vinnige-Boys finaal agter tralies te kry. Maar sal hulle plan werk?

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 51 18.05.2020

Chanel en Adri ontmoet vir middagete. Adri is bly dat Chanel en Johan vrede gemaak het, en Chanel is bly dat Ben en Adri besluit het om ʼn baba aan te neem. Johan en Ben beplan om vir Jakes vals inligting te gee oor die roete. Hulle moet ʼn moeilike besluit neem oor wat om te doen as hulle dalk nie die rooftog oorleef nie.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 50 15.05.2020

Jakes en Steve volg die beplande roete van die transitotrok, en doen finale beplanning. Ben vertel vir Johan van die gesteelde geldwa. Hulle pas hulle planne aan, in geval die Vinnige-Boys die geldwa in die rooftog wil gebruik. Ben het ʼn slim plan vir kommunikasie tydens die rooftog.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 49 14.05.2020

Ma en Bettie praat oor die onsuksesvolle rooftog. Hulle voel magteloos omdat Jakes en Johan steeds voortgaan met beplanning van hulle rooftog. Johan verras Chanel by die salon. Sy sny vir die eerste keer sy hare, en hulle gesels oor hulle verdiepende verhouding. Johan ontvang ʼn oproep van Ben, en hoor nuus wat al hulle planne oor die rooftog dalk die wiele in sal ry.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 48 13.05.2020

Terwyl Ben besig is om ʼn nuwe werker touwys te maak in die 'begeleier kar,' beroof ʼn onbekende bende skielik die transitotrok wat hulle besig is om te begelei. Ben se vinnige optrede fnuik die rowers, en die polisie word ontbied om die rowers te arresteer. Ben ontmoet sy ou vriend, kaptein Werner Schutte, by die toneel van die onsuksesvolle rooftog. Ben skimp dat daar dalk binnekort inligting sal...

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 47 12.05.2020

Adri en Ben gaan voort met hulle trouplanne. Ben probeer haar oorreed dat hy glad nie omgee of sy swanger kan word of nie. Adri twyfel steeds of hulle verhouding sal werk, maar dan kom Ben met ʼn interessante voorstel...

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 46 11.05.2020

Johan ontmoet vir Jakes en vertel hom van die roete wat die geldwa sal volg. Jakes erken dat die Vinnige-Boys se gretigheid om die rooftog te doen, hom senuagtig maak.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 45 08.05.2020

Johan spandeer die nag in die woonstel. Hy gesels met Chanel en Pieter oor hulle toekoms as ʼn familie. Adri en Ben praat weer oor kinders. Ben probeer, onsuksesvol, om Adri te oortuig dat dit nie saak maak of hulle kinders het of nie. Adri glo dis verby tussen hulle.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 44 07.05.2020

Johan ontmoet vir Jakes en vra om verskoning vir sy gedrag. Johan laat vir Jakes verstaan dat hy nie ʼn lid van die Vinnige-Boys is, of wil wees nie. Die spanning tussen Johan en Jakes word nou duidelik, hulle sal die rooftog uitvoer, en daarna sien wat gebeur.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 43 06.05.2020

Ben speel taxi vir Pieter ná skool. Pieter deel sy toekomsdrome met sy oom. Ben belowe dat hy altyd daar sal wees vir sy nefie, maak nie saak wat gebeur nie. Ma bel vir Bettie en die twee werk weer aan hulle hulpelose plan om die rooftog te probeer verhoed.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 42 05.05.2020

Ben en Johan help om Ma se huis weer veilig en netjies te maak ná die vorige aand se gebeure. Hulle probeer uitvind hoekom Jakes meer en meer irrasioneel begin optree. Ma en Bettie se telefoonoproep van die vorige aand is vir hulle onverklaarbaar. Wat sou die vroue besig wees om te doen?

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 41 04.05.2020

Jakes is op soek na Johan. Hy dreig Ma en wil weet waar Johan wegkruip. Ma kry dit reg om vir Bettie te bel en gee vir Jakes die foon. Jakes is briesend kwaad as hy besef die vrouens werk saam om sy planne te fnuik.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 40 01.05.2020

Johan geniet aandete saam met Chanel en Pieter. Die drie van hulle praat uiteindelik met mekaar, soos ʼn familie moet praat. Johan en Chanel maak vrede, en hy slaap die nag daar. Ma, alleen tuis, hoor ʼn geraas buite en maak haar voordeur oop...

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 39 30.04.2020

Pieter ontvang ʼn oproep van Chanel ná sy eerste dag terug op die skoolbanke. Die kinders terg hom, en almal wil weet of sy pa weer ʼn transitorooftog gaan uitvoer. Johan oorreed Chanel om buite die salon met hom te praat. Hy probeer om vir haar te oortuig dat hy steeds vir haar en Pieter lief is, en sy verras hom met ʼn onverwagte uitnodiging.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 38 29.04.2020

Jakes maak hom tuis in Adri en Ben se woonstel. Hy wil praat oor Johan en Ben se lojaliteit aan die Vinnige-Boys. Ben word met die lewe van sy verloofde gedreig as hy nie doen wat Jakes wil hê nie.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 37 28.04.2020

Terwyl Adri ʼn spesiale ete vir Ben voorberei, skraap sy uiteindelik die moed bymekaar om hom te vertel dat sy nooit kinders sal kan hê nie. Wanneer hy herstel van die skok, probeer hy sy bes om Adri gerus te stel. Die voordeurklokkie lui – dit is ʼn onverwagte, en ongenooide gas.

WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 36 27.04.2020

Ma ontvang ʼn oproep van Bettie. Hulle planne om die rooftog te probeer stop, word al hoe meer onrealisties. Hulle sal net moet moed hou en glo dat hulle iets sal kan doen. Johan ontvang ʼn oproep van Jakes. Die Vinnige-Boys is besig met die finale beplanning van die transitorooftog. Ben en Johan moet doen wat van hulle verwag word, anders is daar sports.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.