RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 40 30.10.2020

Ná die verskrikking van die vlermuisgrot, verloop die ondersoek van die grot in Donkerkloof sonder enige ontdekkings. ’n Poets wat Hans wil bak, loop egter baie skeef en tot sy verleentheid, loop hy hom weer in Betta Stroebel se kragtige arms vas.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 39 29.10.2020

Flossie sien die kinders af vir die uitstappie na Donkerkloof, en stel Hans en Robert aan as klaskapteins vir die dag. Die lang en moeilike tog na Donkerkloof eindig met ’n skok vir al die meisies, behalwe vir Betta Stroebel.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 38 28.10.2020

Frank se reaksie op Hans en Robert se plan om Lina en Nonnie na Donkerkloof te neem, skok Flossie. Martha is bekommerd oor die gevolge vir Flossie en die skool as daar iets met een van die kinders op die uitstappie sou gebeur.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 37 27.10.2020

Nonnie verras Hans op pad huis toe ná skool. Die armoede en swaarkry van die Saayman-gesin raak Hans en Robert diep toe hulle brood en sop na die gesin neem.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 36 26.10.2020

Martha is bekommerd oor die siekte en welsyn van haar buurvrou, Hanna Saayman. Robert en Hans vaar bo verwagting swak met ’n Engelse grammatikatoets, en Nonnie se reaksie is vir Hans raaiselagtig.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 35 23.10.2020

Hans bied aan om die helfte van die vensterruit en stopverf te betaal as Robert Nonnie en Lina kan oortuig om saam te gaan Donkerkloof toe. Barnie het ’n proposisie vir Hans en Robert, mits hulle die boksoefeninge meer ernstig opneem.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 34 22.10.2020

Hans soek raad by Ada oor ’n geskenk wat hy wil koop. Hans en Robert moet ’n beesvel vir Frank brei, maar dit ontaard in ’n nagmerrie, veral vir Robert.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 33 21.10.2020

Frank het goeie nuus vir Hans en Robert, maar Barnie is ongelukkig omdat die seuns soos twee ou vrouens boks. Ada probeer Frank oortuig dat ’n botteltjie stroop per wavrag turksvye te min vergoeding is vir hulle harde werk.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 32 20.10.2020

Martha haal Frank oor die kole omdat hy die seuns, volgens haar, in gevaar gestel het. Hans en Robert gaan slaap, en Robert word skielik wakker met die besef dat Hans hom gekul het met die trek van die lootjies.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 31 19.10.2020

Hans en Robert moet elke dag rondloperdonkies gaan aankeer om te begin droë hout aanry vir die turksvystroopkokery, maar Martha is bekommerd oor die seuns se veiligheid. Hans kry kans om Robert terug te betaal vir die poets wat hom gebak is toe hulle Ousus en Angelier die eerste keer saam gaan melk het.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 30 16.10.2020

Kosie bevestig amptelik dat Hans en Robert vir die konsert teen mekaar sal boks, en Barnie kondig ’n strawwe oefenprogram vir hulle aan. Flossie stel Hans en Robert teleur.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 29 15.10.2020

Faans raak in die moeilikheid omdat hy reken Hans het ’n oog vir ’n mooi nooi, nes sy pa. In sy gesukkel om met Nonnie gedans te kry, loop Hans hom vas in sy grootste nagmerrie.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 28 14.10.2020

Pollie en Faans kom op Gruisbult aan en hoor by Martha dat Hans-hulle nog nie daar is nie. Pollie is bekommerd dat Hans haar nie meer nodig sal hê nie omdat hy so tuis is by die Campbells.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 27 13.10.2020

Die voorbereiding vir Richard Nortje se vyftigste verjaardagviering vorder fluks, en Robert se opgewondenheid ken geen perke nie. Ousus, die Jerseykoei, sorg vir pandemonium op die aand van die groot makietie op Gruisbult, en Martha is bekommerd oor die seuns se veiligheid.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 26 12.10.2020

'n Onderbreekte gesprek met Nonnie dompel Hans in vertwyfeling. Robert kry 'n skrobbering van Flossie.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 25 09.10.2020

Barnie Zilburg maak 'n voorstel aan die boere van die omgewing. Robert is bekommerd oor Flossie se dreigement. Hans se grootste vrees word bewaarheid.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 24 08.10.2020

Hans leer 'n moeilike les, en Pollie ontvang goeie nuus.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 23 07.10.2020

Hans beleef sy eerste boksles. Ada probeer Frank oorreed om oor sy vrees vir 'n dreigende onheil te praat.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 22 06.10.2020

'n Gesprek oor die Groot Oorlog lei tot 'n morbiede atmosfeer in die Campbell huishouding. Hans is bekommerd oor sy eerste boksles by Barnie Zilburg. Frank maak 'n bekentenis aan Ada wat haar diep ontstel.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 21 05.10.2020

Nadat Hans nog net vier dae weg van die huis af is, skryf Pollie al haar eerste brief vir hom. Robert glo werk op die buurplase om ekstra sakgeld te verdien, het meer meriete as om saans vroeër met huiswerk klaar te kry.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 20 02.10.2020

Robert en Hans is bekommerd oor wat van hulle verwag sal word in die skoolkonsert. Flossie vra hulle om haar te help, en 'n verskuilde dreigement laat hulle nog meer bekommerd. Martha word gevra om te help met die maak van wors en die bak van koek vir die viering van Richard Nortje se vyftigste verjaardag, want die hele omgewing word uitgenooi. Robert is geskok dat Hans nie die beste musikante in...

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 19 01.10.2020

Hoe meer Hans hoor van die geheimsinnige Donkerkloof, hoe meer raak hy nuuskierig om daarheen te gaan. Martha se vrae oor Kosie Schreuder krap Flossie om.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 18 30.09.2020

Op die eerste dag van die nuwe skooljaar, ontdek Flossie gevoelens in haarself wat haar onseker laat. Hans is terneergedruk omdat hy glo hy het 'n gek van homself in die klas gemaak. Robert laat hom beter voel deur hom te waarsku teen Betta Stroebel.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 17 29.09.2020

Die nuwe skoolhoof, Kosie Schreuder, beïndruk die gehoor met sy toespraak. Flossie is verras om haar ouers by die eerste skooldag te sien, en Frank is bekommerd oor die vrae wat Martha aan die nuwe skoolhoof stel.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 16 28.09.2020

Hans hoor vir die eerste keer van Donkerkloof, die spooknes. Hendrik is verras om Frank en Martha raak te loop en nooi Frank om te kom skyfskiet, veral omdat hy vir hom 'n nuwe lemetford gekoop het.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.