RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 15 25.09.2020

Op die skoolterrein word Hans verras deur die plek waar die Onder-Klowers bymekaar kom, en hy kom onder die indruk van Robert se heldeverering vir sy oom, Hendrik Smith. Frank raak bekommerd oor planne wat hy vermoed Martha in die mou voer.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 14 24.09.2020

Robert vertel Hans hoekom daar so baie Smiths in die Baviaanskloof woon. By die skool stel die beeldskone Nonnie en Elbie Hans in die verleentheid.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 13 23.09.2020

Op pad na die stalle om te gaan melk, vind Robert 'n paar dinge uit oor die nuwe skoolhoof, wat hom 'n bietjie bekommerd laat. Martha konfronteer Frank oor die uitnodiging aan ouers om die openingsdag van die skooljaar by te woon waarvan hy haar nie vertel het nie. Robert bak Hans 'n poets met die melkery van die twee koeie, Ousus en Angelier.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 12 22.09.2020

Hans is opgewonde om te hoor dat Barnie Zilburg hom kan leer boks. Ada wil by Flossie weet hoekom sy op byna veertigjarige ouderdom nog nie getroud is nie. Toe Hans droom oor die pragtige Nonnie en Elbie wat hy ontmoet het, waarsku Robert hom teen Ousus en Angelier...

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 11 21.09.2020

Flossie laat Hans en Robert duidelik verstaan die nuwe skoolhoof sal hulle nie toelaat om nie deel van die groot skoolkonsert te wees nie. Robert is bekommerd oor die vooruitsig, omdat Hans hom waarsku dat 'n konsert saam met meneer Schreuder bloedsweet verg. Hans trek vir die eerste keer bokshandskoene aan en kry die skok van sy lewe!

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 10 18.09.2020

Hans erken sy diepste vrees teenoor Ada en Robert, wat heerlik daaroor lag. Gelukkig ontlont Ada gou die situasie. Frank spel die reëls vir Hans en Robert uit, en waarsku hulle om dit nie ligtelik op te neem nie.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 9 17.09.2020

Hans sien sy ouma Pollie vir die eerste keer in baie jare. Hy is verstom oor wat hy sien op haar plaas, Sewefontein.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 8 16.09.2020

Hans vind uit wat 'n wildedruif is en word aangenaam verras deur sy aanvanklike belewenis van Kleinpoort. Hy is egter geskok om te verneem watter sportvooruitsigte daar by die skool op hom wag.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 7 15.09.2020

Gestrand tussen twee driwwe, daag daar hulp vir Faans en sy gesin uit 'n onverwagte oord op. Hans leer nog 'n paar feite oor die Baviaanskloof wat hom heimlik onrustig stem.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 6 14.09.2020

Die rit na Kleinpoort verloop voorspoedig en sonder voorval, totdat die remme nat word in een van die driwwe, en Faans se haas om terug te kom by die huis, hom te vinnig laat ry...

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 5 11.09.2020

Die aanvanklike stram atmosfeer in die motor word oplaas meer gemoedelik en Hans hoor by Faans en Pollie van 'n voorspelling uit die vorige eeu, wat hom baie ongerus laat voel oor die toekoms.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 4 10.09.2020

Hans deel 'n geheim met Kieriekop wat hom ontstel. Terug op Hoekplaas is Pollie geskok om te sien hoe gehawend Hans lyk. Faans se motor wil nie met die slinger aan die gang kom nie, en moet uiteindelik deur die plaaswerkers gestoot word, voor die rit na Kleinpoort, veel later as wat Faans beplan het, kan begin.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 3 09.09.2020

Onderweg na Nuwekloof met hulle fietse om twee gelling petrol by Manie Terblanche te gaan haal, vertel Hans vir Kieriekop hoekom hy liewer na die dorpskool op Willowmore sou wou gaan as na die tweemanskooltjie op Kleinpoort. Hulle kry onverwags ernstige teëspoed wat veroorsaak dat Hans noodgedwonge sy fiets vir die res van die tog na Nuwekloof en terug huis toe sal moet stoot.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 2 08.09.2020

Hans kla by sy ma, Pollie, oor die feit dat hy op Kleinpoort moet skoolgaan waar hy by die Engelssprekende Campbells sal inwoon. Piet Vink kom douvoordag by Faans aan met ontstellende nuus.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 1 07.09.2020

In die eerste episode van P.H. Nortje se verhaal, wat in 1982 uitgegee is deur Tafelberg-Uitgewers en dieselfde jaar bekroon is met die eerste prys in Sarie en Tafelberg-Uitgewers se jeugverhaalwedstryd, ontmoet ons ván die karakters van Hoekplaas in die Baviaanskloof. Faans Terblanche en sy sestienjarige seun, Hans, is besig om saam met die plaaswerkers 'n paar wilde bergsebras te vang. Net die t...

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 60 (slot) 21.08.2020

Chris en Bets se liefde is sterker as ooit.

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 59 20.08.2020

Bets hoor die waarheid oor haar pa.

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 58 19.08.2020

Alice besef hoekom Pearl so moeilik is.

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 57 18.08.2020

Drikus en Danny herenig.

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 56 17.08.2020

Chris verras Danny.

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 55 14.08.2020

Aletta het nuus vir Chris.

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 54 13.08.2020

Pearl en Shaun het groot planne.

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 53 12.08.2020

Dieter is terug.

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 52 11.08.2020

Elvera weet nie watter kant toe nie.

DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 51 09.08.2020

Elvera is op breekpunt.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.