RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 65 (slot) 04.12.2020

Hans Terblanche besef dat hy sy grootste persoonlike oorwinning juis te danke het aan die mees traumatiese ervaring in sy lewe. Die verhaal, wat in 1916 afspeel, is gebaseer op ware gebeure.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 64 03.12.2020

Alhoewel die son skyn en die reën en wind iets van die verlede is, is die ontbering van die vorige nag se gebeure te veel vir Robert. Langs die malende vloedwater daag daar hulp uit ’n onverwagte oord op, wat Barnie baie moed gee.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 63 02.12.2020

Hans verbeel hom hy sien iemand in die wildevy langs die Saaymans se huis. Geskok beleef Hans en Robert ’n skrikwekkende gesig, wat hulle bewus maak van ’n onafwendbare realiteit.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 62 01.12.2020

Hans beraam ’n waaghalsige plan om die gesin na ’n veiliger skuilplek te neem. Martha se ergste vrees word bewaarheid.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 61 30.11.2020

Frank se maatreëls om sy gesin te beveilig ly skipbreuk, en hulle vlug na ’n buitengewone skuilplek. Die toestand vererger, en geleidelik begin die hoop in almal vervaag.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 60 27.11.2020

Frank, Hans en Robert word deur ’n onverwagte gesig begroet toe hulle saam met Barnie van buite af die huis binnekom. Barnie neem ’n dapper besluit, en kort voor middernag is die Campbell-huishouding in skok en vertwyfeling.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 59 26.11.2020

Frank kom van buite af in met nuus dat die harde reën opgehou het, maar dat daar nog donker wolke na die Langkloof se kant toe is. Martha rig ’n stille waarskuwing aan Frank wat hom ongemaklik stem. Barnie kom met ontstellende nuus.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 58 25.11.2020

Hans en Robert het goeie nuus vir Frank en Martha. Frank nooi Barnie om later die aand iets warm voor die kaggelvuur te kom drink indien hy te koud sou kry. Barnie is ongerus.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 57 24.11.2020

Pollie is bekommerd oor Hans, en Piet Vink oortuig Faans om saam met hom na Vlakplaas se poskantoortjie te probeer gaan om Barnie te bel om te hoor hoe dit op Kleinpoort gaan. Frank verseker Martha van die feit dat hy die huis hoog bo die vloedlyn gebou het, en Faan het slegte nuus vir Pollie.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 56 23.11.2020

Faans en Pollie Terblanche is ten gronde oor vloedskade op Hoekplaas, maar Pollie herinner Faans daaraan dat hulle immers nog die toevlug van ’n stewige huis het. Hans en Robert maak ’n skokkende ontdekking.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 55 20.11.2020

Frank en Barnie is bekommerd oor die hoeveelheid water wat hulle uit die bergklowe sien afstroom na die Baviaanskloofrivier, waarvan die vlak bly styg. Barnie is bekommerd oor nuus uit die Bo-Kloof.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 54 19.11.2020

Vroeg Donderdagoggend is Frank baie opgewonde, want ná agtien lange maande is die droogte uiteindelik finaal gebreek! Barnie bied aan om Flossie en die seuns skool toe te neem met sy motor, en Kosie Schreuder het ’n belangrike besluit om te neem.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 53 18.11.2020

Die goeie reënval is nie net baie welkom in die Onder-Kloof nie, maar laat by Hans ook die hoop ontstaan dat die droogte op Hoekplaas uiteindelik gebreek sal word. Verwysings na die vloed van 1905 en die voorspellings van Hendrik Skoorbek, demp die opgeruimde stemming aan tafel.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 52 17.11.2020

Frank berou sy vorige uitsprake, en deel wonderlike nuus met Martha. Barnie Zilburg word vir ete genooi, en Flossie sowel as Ada deel besonder goeie nuus met Martha.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 51 16.11.2020

Hans vertrou Ada met ’n persoonlike probleem, en Frank skok Martha met sy uitsprake oor die droogte en geloof.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 50 13.11.2020

Hans begaan ’n groot fout in die kryt. Piet Roltwak bied ongeoorloofde raad. Kieriekop kom tot die redding, maar veroorsaak so byna ’n diskwalifisering.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 49 12.11.2020

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 48 11.11.2020

’n Verpligte middag van rus voor hulle kragmeting raak vir Hans en Robert een te veel. Kieriekop het goeie nuus vir Hans, en Kosie Schreuder verras Hans en Robert.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 47 10.11.2020

Barnie verras Hans en Robert met goeie nuus. Robert gee goeie raad aan sy beste vriend, en Kosie Schreuder waarsku Hans en Robert om nie die bokswedstryd ten koste van hulle vriendskap te probeer wen nie.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 46 09.11.2020

Met ’n week oor voor die konsert, is Hans en Robert se voorbereiding vir hulle boksgeveg moordend. Terwyl hulle rus, vra Hans ’n vraag oor Lina wat Robert heeltemal verward en onseker laat. Barnie verhoog die intensiteit van die seuns se oefening met ’n tuisgemaakte apparaat. Twee dae voor die konsert slaan Hans ’n bokshandskoen stukkend, en Barnie verras die seuns.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 45 06.11.2020

Elbie het nuus oor die konsert, wat selfs Robert en Barnie bekommerd laat. Lina deel ’n geheim met Elbie, en Barnie waarsku Nonnie teen die uitwerking van die reukwater wat sy by Hans vir haar verjaardag present gekry het.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 44 05.11.2020

Hans kry goeie nuus van sy pa, maar hy kry snuf in die neus dat sy ma nie sy geheim bewaar het nie. Kieriekop loop sy rieme styf.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 43 04.11.2020

Pollie se vreugde ken geen perke nie. Kieriekop kry die verrassing van sy lewe. Pollie swig voor die versoeking om Hans se geheim uit te lap.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 42 03.11.2020

Nonnie en Lina se gesamentlike verjaardagpartytjie begin vir Hans op ’n slegte noot. Robert word verras, en die partytjie neem ’n positiewe wending vir Hans. Elbie se dag word sodanig versuur dat haar vriendskap met Lina in die gedrang is.

DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 41 02.11.2020

Robert herinner Hans daaraan dat hy nog ’n geskenk vir Nonnie moet koop vir haar verjaardag. Barnie verras Hans, en Pieter Strydom kom sy ses tuie by Frank haal.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.