RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 25 11.01.2021

Lizzie wil by Jolene weet of Wilmien tevrede is met Hannes se onderhoud. Blikkies konfronteer vir Chris Schutte oor hoekom hy nou eintlik op die plaas is. Jolene en Morné besluit hulle gaan vir oom Blikkies verfilm.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 24 08.01.2021

Oom Blikkies en Stephen besoek die ou windpomp met aanwysings wat op die kaart aangedui is, wat André in die trommel in die skuur gevind het. Chris Schutte vra tannie Lizzie uit oor Stephen-hulle se vordering met die soeke na Krugerponde.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 23 07.01.2021

Tannie Lizzie help oom Hannes om voor te berei vir sy onderhoud wat Wilmien en haar span kom verfilm. Morné en Jolene maak vrede ná die spinnekopvoorval. Lizzie dring daarop aan dat sy by wil wees wanneer hulle vir Hannes verfilm, om hom raad te gee en te ondersteun.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 22 06.01.2021

Stephen is terug van die stad en probeer oom Blikkies weer aangeskakel kry. Morné verfilm die progressie van die ou skuur se ombouiing, en vra uit namens Wilmien oor André en haar ma se planne. Chris wil weet hoekom Wilmien nie André se telefoonoproepe beantwoord nie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 21 05.01.2021

Jolene bak Morné ’n poets terug met ’n rubberspinnekop. Wilmien probeer Hannes nog een keer oortuig om die regte boer van die plaas in haar dokumentêre rolprent te wees, nadat die onderhoud met tannie Lizzie flop as sy net oor haar sirkus jare praat.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 20 04.01.2021

Wilmien besluit sy wil tannie Lizzie verfilm en ook ’n onderhoud met haar voer. Chris Schutte kom vra uit by tannie Lizzie oor die filmspan se doen en late. Jolene konfronteer Morné oor wie die rubberslang in haar kamer onder die bed geplant het.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 19 01.01.2021

Tannie Lizzie vertel vir Hannes van die sirkusuitrustings wat sy beplan om te dra wanneer hulle haar verfilm. Jolene vind ’n slang in haar kamer, en is histeries. Stephen besluit op ’n meer drastiese manier om oom Blikkies weer aangeskakel te kry.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 18 31.12.2020

Oom Hannes vertel vir André wat die oorsprong van die kaart is wat hulle in die ZAR-trommel in die ou skuur se solder gevind het. Tannie Lizzie bied haar hulp aan om te kyk of sy nie vir oom Blikkies kan kry om homself weer aan te skakel nie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 17 30.12.2020

Wilmien en haar span verfilm vir André wat kamtig op die houttrommel in die ou solder afkom. Chris probeer by Morné uitvis oor wie Stephen is, en hoe hy eintlik op die spoor van die Krugermiljoene in die Tankwa afgekom het. André probeer Jolene weer aan sy kant kry.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 16 29.12.2020

Tannie Lizzie wil vir Wilmien haar cowboy-uitrustings van haar sirkusdae wys. Chris Schutte en André plaas die houttrommel terug in die solder vir Wilmien om te verfilm. Stephen is verras dat Wilmien besluit het sy gaan wel saam met haar broer werk.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 15 28.12.2020

Tannie Lizzie dek verskeie tafels by die padstal, in ’n poging om almal uitmekaar te hou tydens aandete. Oudspeurder Chris Schutte, André se handlanger, daag onverwags by die padstal op. Stephen is bekommerd omdat oom Blikkies homself afgeskakel het.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 14 24.12.2020

André besoek die ou skuur wat Chris Schutte omskep in ’n wooneenheid, en vis uit by oom Hannes oor Stephen se vordering met die soeke na Kruger se miljoene. Lizzie wil van haar ou sirkusuitrustings dra wanneer sy haarself voordoen as die boer van die plaas.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 13 23.12.2020

Wilmien se broer, André, daag onverwags by die plaas op, blykbaar om te kyk hoe Chris Schutte met die bouery vorder. Lizzie deel Wilmien mee dat sy gewillig is om as die boer van die plaas op te tree in Wilmien se dokumentêre rolprent. Jolene en Morné maak voorlopig vrede met die gedeelde badkamer… met voorwaardes.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 12 22.12.2020

Wilmien vergesel Stephen en oom Blikkies op ’n ekspedisie op die plaas nadat Jolene en Morné weer vassit en weier om saam te gaan as ’n span. Tydens die verfilming loop hulle oom Hannes raak by die ou skuur, en Wilmien konfronteer hom oor hoekom hy nie verfilm wil word nie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 11 21.12.2020

Wilmien is ongelukkig omdat Stephen die plaas sonder haar saam met oom Hannes gaan verken het. Morné betree die badkamer terwyl Jolene daarbinne is, sonder om aan die deur te klop. Oom Hannes weier dat Wilmien hom enigsins vir die dokumentêre rolprent verfilm.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 10 18.12.2020

Jolene is nie gelukkig dat sy ’n badkamer met Morné moet deel nie. Tannie Lizzie vertel vir oom Blikkies hoe haar man Hannes destyds ’n polisieman wou word. Wilmien verneem haar broer se handlanger, Chris Schutte, kom ook Tankwa Karoo toe.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 9 17.12.2020

Oom Blikkies en Stephen neem hulle intrek by die kampeerterrein op oom Hannes se plaas. André lig Jolene in dat hy die grond by oom Hannes gekoop het in weerwil van Wilmien se teenstand, en dat sy bouer, Chris Schutte, die ou skuur in ’n wooneenheid sal omskep.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 8 16.12.2020

Wilmien konfronteer weer vir André omdat hy voortgaan met sy plan om die grond by oom Hannes te koop. Lizzie probeer Hannes ompraat om nie grond aan André Gouws te verkoop nie. Morné is besorg dat hy saam met Jolene in die plaashuis sal moet woon.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 7 15.12.2020

Stephen is skepties wanneer hy hoor Wilmien kry nie meer geld van haar broer vir die dokumentêre film nie. Hy besluit om haar te ondersteun nadat hy verneem sy het haar motor verkoop. Oom Hannes vra tannie Lizzie om nie met Ella Conradie kontak te maak nie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 6 14.12.2020

Wilmien vind uit haar broer André was op die plaas by oom Hannes en tannie Lizzie, en konfronteer hom daaroor. Jolene probeer intussen by Morné uitvind wie die skattejagter, Stephen Roux, nou eintlik is.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 5 11.12.2020

Oom Hannes ry saam met André na die dokter op Ceres, op pad terug na Kaapstad. Stephen is nuuskierig oor wie André Gouws nou eintlik is. Morné en Jolene ontmoet mekaar om hulle filmgereedskap bymekaar te kry, en dit loop uit op ’n hewige argument.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 4 10.12.2020

Oom Hannes neem André om na die stuk plaasgrond wat hy moontlik wil verkoop, te gaan kyk. André word per ongeluk deur ’n slang gepik. Stephen en oom Blikkies daag by die plaas op om geografiese ligging en data-insameling te doen.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 3 09.12.2020

Morné probeer Jolene oortuig om saam met hom en Wilmien aan die dokumentêre film te werk. Wilmien vra haar broer vir die geld wat hy haar sal leen, maar hy wil self eers ’n draai by oom Hannes en tannie Lizzie se plaas maak.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 2 08.12.2020

Stephen reël om Wilmien op oom Hannes en tannie Lizzie se plaas in die Tankwa Karoo te ontmoet. Hannes is nie gelukkig om die mense op die plaas te ontvang nie, en tannie Lizzie oortuig hom om positief te wees met die vooruitsig dat hulle skatryk kan word van Paul Kruger se verlore goue ponde.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 1 07.12.2020

Stephen probeer om sy robot, oom Blikkies, mobiel te kry vir hulle skattejagavontuur in die Tankwa Karoo. Wilmien vertel haar broer, André, van haar nuwe dokumentêre film oor Stephen Roux, die skattejagter.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.