RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 50 15.02.2021

Blikkies sit vas in die ingang van die tweede gedeelte van die grot. André konfronteer Wilmien oor hoekom hulle ma so skielik terug is Amerika toe. Morné vertel Wilmien van oom Blikkies wat vassit in die grot, en hulle besluit om dit te verfilm as deel van die dokumentêre film.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 49 12.02.2021

Maryna wil by Blikkies weet hoe sy ervaring met Ella Conradie was. Blikkies en Stephen besoek die grot wat hulle met die hommeltuig ontdek het. Lizzie neem afskeid van Maryna en wil weet hoekom sy so skielik besluit het om hulle te verlaat. Maryna onthul aan Lizzie wat Ella Conradie gesien het in haar visie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 48 11.02.2021

Ella kry dit reg om Blikkies sover te kry om haar te besoek. Jolene vra Wilmien om haar te help om ‘n rok te kies vir die aandete saam met Morné. Blikkies is geskok as Ella dit wel regkry om terug te kyk in sy verlede en kontak te maak met een van sy oorlede vrouens toe hy nog Blikkies Blignaut was.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 47 10.02.2021

Stephen besoek Ella om te verneem wat presies hy met haar kom bespreek het. Morné vra Lizzie om haar weer met haar perde te verfilm. Maryna raadpleeg Ella Conradie oor haar toekoms by Shangri La.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 46 09.02.2021

Wilmien vertel vir Stephen van al die vreemde stories wat Ella Conradie oor oom Blikkies aandra. Morné beplan saam met tannie Lizzie aan die spyskaart vir sy romantiese ete saam met Jolene.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 45 08.02.2021

Ella besluit om besoek af te lê by Maryna oor Blikkies wat by haar was en verwys het na die drie vroue wat sy geheime skakel na verdere menslike kennis is. Wilmien raak opgewonde as Stephen haar nooi vir ’n braai onder die bloekombome.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 44 05.02.2021

Oom Blikkies is terug in sy posisie by die padstal op die stoep saam met Buks. Lizzie reël dat oom Blikkies haar vriendin Ella Conradie ontmoet. Morné nooi Jolene vir die romantiese ete by die padstal.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 43 04.02.2021

Oom Blikkies maak sy verskyning uit Maryna se eko-hut, en het nie net ’n gedaante verwisseling ondergaan nie, maar het ook sommer ’n beter stem. Blikkies besoek Stephen en kondig aan dat hy terug is op die goudsoekprojek. Lizzie doen joga-oefeninge by Maryna.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 42 03.02.2021

Jolene betrap Morné in die badkamer wat hulle deel, en druk hom in ’n hoek oor hoekom hy haar nie na die romantiese ete genooi het nie. Morné klop aan by Ella Conradie vir hulp met Jolene, maar daar word ’n prentjie in sy toekoms gesien wat hy nie verwag het nie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 41 02.02.2021

Jolene voorsien tannie Lizzie met die dieetkos wat sy en Wilmien voortaan by die padstal wil eet. Chris en Stephen probeer uitpluis wat ander hout ammunisietrommels kan wees wat hulle by die sementdam gevind het. Maryna verban Chris van Shangri La.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 40 01.02.2021

Chris lig Maryna in dat hulle moontlik die ou skuur se fondasie sal moet oop kap omdat daar ’n leidraad is dat die Kruger goue ponde daar versteek is. Lizzie konfronteer Maryna op Shangri La oor wat Ella van oom Blikkies tydens hulle sessie gesien het.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 39 29.01.2021

Stephen is besorg oor oom Blikkies wat net verdwyn het uit die solder op Shangri La. Morné vra tannie Lizzie om vir hom ’n romantiese ete te maak, want hy wil Jolene verras op die dag wat hulle vyfde jaar saam as paartjie sou wees. Ella Conradie besoek die padstal, en Wilmien vra of sy haar mag verfilm.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 38 28.01.2021

Wilmien vra Stephen se hulp om oom Blikkies terug te steel van haar ma. Jolene bel vir Chris Schutte en nooi hom vir koffie om hom weg te kry van Shangri La. Maryna betrap Wilmien en Stephen in haar huis, en dreig om hulle aan te kla by die polisie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 37 27.01.2021

Stephen dien ’n klag van diefstal in by die polisie op Ceres teen Maryna Gouws. Wilmien en Jolene beplan om oom Blikkies terug te steel van haar ma. Morné verneem by tannie Lizzie wat die uitwerking van Tankwa-se-troon op ’n vrou sal wees as hulle dit drink.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 36 26.01.2021

Chris Schutte keer terug plaas toe, en besoek Ella Conradie om haar in te lig dat oom Blikkies haar nie meer kom besoek nie, omdat hy tans by Maryna Gouws wegkruip. Stephen is kwaad vir Maryna omdat hy glo sy hou oom Blikkies teen sy sin aan by Shangri La.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 35 25.01.2021

Maryna vra vir André om vir oom Blikkies te gaan haal sodat hy in privaatheid by haar kan kuier. Lizzie vertel vir Blikkies sy het vir hom ’n afspraak by Ella Conradie, die ‘siener’, gemaak. Chris Schutte vra vir Lizzie of sy vir hom ook van die Tankwa-se-troon tee sal gee voor hy vertrek.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 34 22.01.2021

Lizzie vra Wilmien of sy saam kan gaan kyk as hulle vir Maryna verfilm, want sy wil graag sien hoe lyk die ou skuur se omskepping in ’n eko-eenheid. Morné dink Jolene stel weer belang in hom omdat sy 'n verjaardagpartytjie vir hom gereël het.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 33 21.01.2021

Jolene maak aanvanklik asof sy nie weet dis Morné se verjaardag nie, maar verras hom later die dag met ’n sjokoladekoek met kersies op, en ’n braaivleis by die kampeerterrein. Maryna vra vir André om haar padstal toe te neem om vir Blikkies te ontmoet.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 32 20.01.2021

Lizzie vertel vir Jolene dat Morné haar gevra het om vir hom ’n sjokoladekoek vir sy verjaardag bak, en Jolene besluit om Morné te verras. Stephen ontmoet vir Maryna wanneer hy na Shangri-La toe gaan om André se hulp met ’n laaigraaf te vra.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 31 19.01.2021

Wilmien konfronteer Stephen omdat hy haar nie op hoogte hou van sy en oom Blikkies se bewegings nie. Morné vind tot sy skok uit oom Blikkies het sy selfooninternetdata binne twee dae opgebruik, en sê hy sal nie kan bekostig om verder internetdata aan hom te voorsien nie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 30 18.01.2021

Wilmien se ma, Maryna, arriveer by die Tankwa-padstal en word deur tannie Lizzie verwelkom. Morné en Jolene begin almal en alles te verfilm, soos Wilmien versoek het, maar wanneer hulle vir Wilmien self verfilm is sy ontsteld want sy is die regisseur.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 29 15.01.2021

Wilmien besluit sy gaan op Jolene se raad alles en almal op die plaas wat betrokke is by die soeke na Krugerponde, verfilm, insluitend haar ma. André maak ’n aanbod om Stephen met geld en tegnologie te help in sy soeke na Paul Kruger se verlore goue ponde.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 28 14.01.2021

Wilmien berei Hannes voor vir haar ma se aankoms op die plaas. Chris Schutte verneem hy word teruggeroep Kaapstad toe sodat hy op ’n ander projek kan werk. Blikkies besluit hy gaan nie vir Ella Conradie sien nie, want hy wil Wilmien nie verder ontstel nie.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 27 13.01.2021

Hannes voel Lizzie oortree haar grense as verblyfverskaffer aan die filmspan deur haarself as regisseur voor te doen met oom Blikkies verfilming. Wanneer Wilmien van Lizzie se betrokkenheid by haar filmspan hoor, is sy hewig ontsteld.

GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 26 12.01.2021

Maryna se eko-ateljee word by die ou skuur afgelaai, en Hannes is besorg dat ’n kolonie jongmense hulle op die plaas sal kom vestig. Hannes vertel vir Blikkies hoekom Lizzie al jare lank die siener, Ella Conradie, van Middelpos gaan besoek.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.