RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 15 22.03.2021 13:27
Magnus en Wolfgang sit vas op die lughawe in Lusaka, en dit lyk of die Lughawepolisie meer in hulle belangstel as wat hulle moet. Dotty en Chinel vorm ‘n vriendskap waar daar eers oor die manne gepraat word en dan oor hulle eie geskiedenis - veral Chinel en hoe sy by die lughawe beland het.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 14 19.03.2021 13:14
Rona is besig om haar gif wyd te versprei, en nou takel sy ook vir Lusinda. Wolfgang en Magnus maak reg vir hulle vlug DR Kongo toe. Soos hulle praat, word dit al hoe duideliker dat dit ‘n baie gevaarlike reis sal wees.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 13 18.03.2021 13:50
Zane is kortaf met Magnus, en word in ‘n hoek gedryf deur Wolfgang. Dotty sit haar voet neer, en staan op vir haar regte as kantoorbestuurder teen Magnus. Wolfgang en Magnus kom ooreen dat hulle saam agter die diamante sal aangaan. Kan Magnus vir Wolfgang vertrou?
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 12 17.03.2021 12:56
Magnus het ‘n sakevoorstel vir Wolfgang, wat hulle in groot moeilikheid kan laat beland. Rona ken vir Zane goed, en probeer hom teen Magnus beïnvloed. Chinel en Magnus bespreek hulle kompetisie.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 11 16.03.2021 12:29
Chinel en Lusinda kom ooreen om mekaar te help. Magnus ontneem Zane van sy waardevolste besitting. Dotty bring dit onder Magnus se aandag dat sy besigheid in ‘n groot finansiële verknorsing is.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 10 15.03.2021 12:41
Wolfgang en Rona begin planne beraam om die opedag van die lughawe in die wiele te ry. Alwyn het Magnus se hulp nodig, maar Magnus weier. Alwyn het hom al te veel keer in die moeilikheid laat beland. Chinel konfronteer vir Magnus. Sy wil vir Ikarus vlieg. Wat sal Magnus se antwoord wees?
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 9 12.03.2021 14:31
Magnus kom vroeër terug van sy jagtog saam met Alwyn, en sy ontmoeting met sy nuwe kantoorbestuurder is vir albei ‘n groot verrassing. Chinel gaan soek werk by Wolfgang om die pot aan die kook te hou. Ribs help vir Chinel om al Ikarus Lugredery se vliegtuie te versien en na te gaan. Sal Chinel probeer om vir Magnus te vlieg?
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 8 11.03.2021 12:22
Lusinda wil nog kla oor almal haar kom pla, toe sy uitvind van ‘n plakker op die lughawe se grond. Chinel Boshoff is ‘n vlieënier wat vliegure nodig het, en sy probeer by die lughawe om iemand te kry om haar in diens te neem. Rona Sanders is ‘n gesoute politikus en raadslid, en kom snuffel rond by die lughawe. Waar sy ook al gaan, volg probleme en drama haar.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 7 10.03.2021 11:30
Alwyn kry homself en vir Magnus in groot moeilikheid. Magnus belowe vir Alwyn dat hy nooit weer saam met hom sal werk nie. Wolfgang Starke, die eienaar van die plaas langs die lughawe, kom sien vir Lusinda. Hy is bekommerd oor die hommeltuig wat oor sy eiendom gevlieg het, en wil weet of die lughawe enigiets daarmee te doen het?
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 6 09.03.2021 12:44
Magnus en Alwyn land in Botswana, waar alles nie volgens plan verloop nie. Magnus kom agter dat Alwyn se storie ‘n baie gevaarlike nadraai het. Lusinda probeer vir Magnus ‘n kantoorbestuurder kry. Vir dié doel het sy Dotty Lots na die lughawe toe gebring, en vir Ribs gekry om die plek vir haar te wys.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 5 08.03.2021 11:33
Magnus en Alwyn is gereed om op die jagekspedisie te vertrek, maar Zane daag nie op nie. Alwyn besluit om eerder in die koffiewinkel te gaan wag, en daar sien hy vir Magda. Die twee het ‘n wankelrige verhouding, met bagasie. Zane kom aangejaag met sy BMW, daar is ouens wat sy bloed, of moet ons eerder sê sy geld, soek.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 4 05.03.2021 12:40
Alwyn sit alles wat hy nodig het vir sy jagekspedisie, bymekaar. Lusinda jaag vir Ribs rond met voorbereidings vir die lughawe se opdedag. Dolla besef sy hou dalk meer van Ribs se geselskap as van Alwyn s’n. Alwyn smokkel ‘n sak in op die vliegtuig. Wat kan daarin wees?
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 3 04.03.2021 12:10
Lusinda Hartlief is die lughawebestuurder, en probeer Magnus se arm draai om aan die lughawe se opedag deel te neem. Dolla Adams, die eienaar van die koffiewinkel, ontmoet vir Alwyn Marx en natuurlik moet hy eers by haar probeer aanlê. Alwyn het ‘n interessante voorstel vir Magnus.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 2 03.03.2021 12:16
Magnus en Magda van der Vyfer, die streek se veearts, sit vas in ‘n boom, met ‘n omgekrapte verwagtende renosterkoei wat hulle dophou. Zane en Ribs Fourie is op die loods se dak om van die duiwe ontslae te raak, en daar ontdek hulle iets interessant op die plaas langs die lughawe.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 1 02.03.2021 13:00
Zane Stuurman probeer die Piper-vliegtuig se enjin skoonmaak, maar word kort-kort onderbreek deur mense wat vir Magnus Adendorf soek. Magnus is die eienaar van Ikarus Lugredery en onderneem die vreemdste en gevaarlikste vlugte. Natuurlik teen die regte prys.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot) 01.03.2021 14:16
Wilmien deel Stephen mee dat sy besluit het om saam met hom Griekeland toe te gaan. Morné word verras met Jolene se Tankwa-waternimf-uitrusting en vra haar om verloof te raak. Oom Blikkies neem afskeid van Stephen, en vertel hom dat hy met sy oorlede self kontak gemaak het.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 59 26.02.2021 17:46
Blikkies vra Stephen om hom vrye toegang tot sy algoritmes te gee sodat hy kan begin werk aan ’n selfbewusmakingsprogram. Lizzie nooi Hannes vir ’n romantiese volmaanpiekniek in die Tankwaveld.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 58 25.02.2021 16:53
Oom Blikkies en Stephen word besoek deur Ella Conradie, en bevestig dat die polisie se forensiese afdeling die beendere wat in die grot saam met die goud gevind is, dié van Anglo Boere-oorlog-soldate is.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 57 24.02.2021 14:32
Oom Hannes keer terug van die Kalahari, en tannie Lizzie probeer al die drama wat op die plaas gebeur het van hom wegsteek. Jolene en Morné verfilm die beendere by die grot saam met Wilmien.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 56 23.02.2021 12:48
Chris verras oom Blikkies in die grot terwyl Ella Conradie gesprek voer met die beendere wat in die grot gevind is. Wilmien daag by die grot op en vra André om Chris daar weg te kry. Chris dreig vir Wilmien, en André tree tussenbeide en word per ongeluk geskiet.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 55 22.02.2021 13:22
Tannie Lizzie wil oom Hannes verras met ’n nuwe uitrusting wanneer hy terugkeer van die Kalahari, en vra Jolene om saam met haar dorp toe te gaan. André en Chris kom op Stephen se bakkie af in die veld, en vind die grot waarvan hulle verneem het almal praat.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 54 19.02.2021 14:33
Wilmien en haar filmspan besluit om Chris Schutte en haar broer skelm te verfilm terwyl hulle twee opsoek is na die grot op die plaas. Jolene wil by Morné weet of hulle wel die Krugerponde gevind het.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 53 18.02.2021 15:24
André en Chris Schutte daag onverwags by die plaas op. André is ontsteld dat sy ma hulle verlaat het. Chris Schutte probeer by Wilmien uitvis waar die grot is waar tannie Lizzie vasgesit het.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 52 17.02.2021 14:18
Lizzie sit vas in die grot se ingang en verhoed dat Stephen-hulle by oom Blikkies kan uitkom. Wilmien dring aan dat Morné vir tannie Lizzie wat vassit, moet verfilm. Stephen bedink ’n plan om tannie Lizzie te bevry.
GOUE KOORS deur Charles J. Fourie - Episode 51 16.02.2021 14:59
Blikkies wys emosie nadat hy moes wag dat hulle hom eers verfilm terwyl hy vassit in die grot se opening. Stephen besluit hy sal die agterste deel van oom Blikkies se robotbene uitmekaar moet haal. Tannie Lizzie bring vir die groepie kos van die padstal af.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.