RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 40 27.04.2021 13:49
Chinel en Magda bespreek die manne en hartsake in die vliegtuig van Botswana af. Dotty en Dolla vind Lusidna se dagboek, en kom af op ‘n interessante inskrywing oor Zane se hommeltuig. Zane vat vir Dotty huis toe, en raak weer betrokke in ‘n straatresies, maar hierdie een het ‘n slegte einde.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 39 26.04.2021 12:14
Dolla en Dotty praat eers oor die liefde, en probeer dan uitredeneer hoekom Lusidna se lugballon-gelukbringer op die grond gelê het waar haar kar was. Magnus kry vir Chinel betrokke by die jag van die olifantbul. Sal dit uitwerk soos hy hoop?
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 38 23.04.2021 13:34
Wolgang moet vir Zane by die polisiekantoor gaan uitteken nadat hy die vorige aand in ‘n straatresies deur die polisie gevang is. Wolgang doen nie gunste verniet nie, en verduidelik aan Zane presies wat hy van hom verwag. Magnus probeer vir Alwyn rustig en uit die beskermde deel van die bos hou terwyl hulle vir die olifante wag.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 37 22.04.2021 12:16
Magda waarsku Alwyn dat die olifantbul wat hy gaan jag, siek is en gevaarliker as gewoonlik sal wees. Alwyn vertrek op die jag, met Magnus wat saamgaan om ‘n oog op Alwyn te hou. Zane gaan laai vir Dotty by die huis af, maar moet eers teen iemand jaag.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 36 21.04.2021 14:09
Magda en Chinel is saam die bos in om die meerkaaie se sosiale interaksie dop te hou, maar eintlik is hulle besig om mekaar dop te hou. Wolfgang wil vir Dolla sien. Hy het iets belangrik om met haar te bespreek. Dolla en Dotty kom af op ‘n belangrike leidraad wat met Lusinda se verdwyning te doen het.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 35 20.04.2021 13:25
Chinel moet tussen haar werk deur vir Alwyn aan die een kant, en Magnus aan die ander, hanteer. Zane sien dat Alwyn sakke in die vliegtuig laai wat baie verdag lyk, maar daar is niks wat hy daaroor kan doen nie. Wolfgang snoep by die lughawe rond. Dotty kom dadelik agter dat Wolgang te veel vrae het oor Lusinda se verdwyning, en begin wonder of hy iets daarmee te doen het.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 34 19.04.2021 12:59
Dotty hou nie baie van die idee dat Magnus weer vir Alwyn rondvlieg nie, maar Magnus gee haar die versekering dat hy alles onder beheer het. Wolfgang verduidelik aan Alwyn wat sy plan is, en waar Alwyn inpas. Dotty raak al hoe meer bekommerd oor Lusinda, en besluit om self ondersoek in te stel.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 33 16.04.2021 14:38
Magnus en Chinel is uit met die helikopter om elektriese drade na te gaan. Op kantoor gee Zane vir Dotty ‘n harde tyd, en Alwyn sit druk op Magda om vir Magnus te oorreed om die reis na Botswana te onderneem.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 32 15.04.2021 13:30
Magnus oorhandig die bus aan Chinel om in te bly. Wolfgang werk vir Alwyn by sy planne in. Alwyn is eers huiwerig, maar dan maak Wolfgang ‘n aanbod waarvoor Alwyn nie kan nee sê nie. Magnus gaan eet by Magda, en ou koeie kom uit die sloot uit.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 31 14.04.2021 12:32
Dotty het aan ‘n manier gedink om Ikarus finansieel aan die gang te hou. Magnus raak bekommerd oor Lusinda wat nie opdaag vir werk nie, maar hy en Zane moet aandag gee aan die dubbeldekkerbus. Wolfgang sit Magda op haar plek, en verwag van haar om iets vir hom te doen...
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 30 13.04.2021 12:19
Lusinda sien iets raak op die hommeltuigvideo wat Zane van Wolfgag se plaas gemaak het. Dit laat haar groot skrik, en sy deel haar angs met Magda. Wolgang is terug van Botswana en het iets belangriks vir Roots en Diff om te doen. Hulle moet iemand ontvoer...
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 29 12.04.2021 13:46
Magda probeer by Lusinda uitvind wat tussen Magnus en Chinel aangaan. Diff en Roots se verhouding raak krapperig, en hulle sukkel om te fokus op die volgende deel van hulle bose plan. Ribs probeer uitwerk wat presies met sy ma gebeur het.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 28 09.04.2021 14:03
Ribs se ma beland in die hospitaal, en hy word gedreig. Hy moet vir Wolfgang werk, sal hy kan weier? Magda bespreek ‘n nuwe sakegeleentheid met Magnus, en dis een waarvoor hy nie kan nee sê nie...
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 27 08.04.2021 13:58
Diff en Rib is in groot moeilikheid by Wolfgang omdat hulle plan met die lughawe se opedag skeef geloop het, maar daar is iets wat hulle kan doen om op te maak daarvoor... Magnus en Chinel hou ‘n kompetisie met baie op die spel. Wie sal wen?
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 26 07.04.2021 13:07
Wolfgang en Lance het besigheid in Botswana wat hulle moet afhandel voor hulle kan terugkom Suid-Afrika toe. Lusinda probeer uitvis wat in RIbs se privaat lewe aan die gang is, en Magnus het dalk vir Chinel ‘n ander plek om te bly.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 25 06.04.2021 11:57
Die krag is af by die lughawe, en daar moet ‘n groot ete vir 150 mense bedien word. Dis besig om donker te raak, en die Cessna met die span van die Kongo af, is nog in die lug. Sal die vliegtuig veilig kan land, en hoe gaan die belangrikste ete in die geskiedenis van die lughawe verloop?
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 24 05.04.2021 13:54
Almal by die Lughawe is aan die werk om van die opedag ‘n sukses te maak. Biff en Roots het hulle eie planne oor wat ‘n groot sukses sal wees. Die Cessna is in die lug met die klomp van die Kongo af op pad terug Suid Afrika toe. Sal hulle dit maak?
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 23 01.04.2021 14:21
Diff en Roots hou hulle eerste groot vertoning, en wonder bo wonder is dit ‘n sukses, maar Sandra kry snuf in die neus dat die twee narre nie eintlik is wie hulle voorgee om te wees nie. Zane probeer die vrede te bewaar by Ikarus, maar tussen Sandra, Lusinda en Magnus het hy nie altyd die regte antwoord nie.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 22 31.03.2021 13:56
Diff en Roots ontvang ‘n pakkie by Rona waarin hulle vermomming is vir die ope dag. Dis glad nie wat hulle gedink het dit sal wees nie. Magnus en Lance bekruip die myndorp en maak ‘n plan om vir Wolfgang te red.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 21 30.03.2021 14:24
Lance probeer vir Magnus uit die Staatshospitaal in die Kongo red. Lusidna vertel vir Dotty meer oor Ribs se verlede. Sandra is bekommerd oor haar broer, en voel hulle moet meer doen om Magnus en Chinel veilig terug te kry in die land.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 20 29.03.2021 13:23
Ribs en Lusinda kry die boorgatpomp aan die werk, en vir die oomblik lyk dit of die opedag gered is. Sandra vind meer uit oor Lance Smith, en dit lyk of die man groot moeilikheid kan wees. Chinel en Lance moet die vliegtuig net voor donker op ‘n grondpad land. Sal hulle dit kan regkry?
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 19 26.03.2021 13:42
Lance en Chinel pak die laaste deel van hulle vlug aan om vir Magnus en Wolfgang te gaan red. Sandra Adendorf en Lusinda vind uit dat daar ‘n boorgat op die lughawe is. Sal hulle die bron kry en hulle waterprobleem oplos?
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 18 25.03.2021 13:34
Dotty wil weet wat aangaan tussen Ribs en Dolla, maar Ribs belowe dis net vriendskap. Chinel besluit om wel die vlieënier vir Lance te wees, maar hulle het skaars opgestyg en daar is al klaar probleme. ‘n Ou bekende daag by die lughawe op om deel te wees van die opedag.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 17 24.03.2021 12:45
Ribs help vir Dolla besluit oor die spyskaart vir die groot ete by die opedag. Lance ontmoet vir Chinel en Zane by die Bosveld-kroeg. Hulle begin planne maak om vir Magnus en Wolfgang te gaan red.
SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 16 23.03.2021 12:57
Lusinda en Dolla is hard besig om die lughawe aan die gang te hou, en te beplan aan die opedag, tot ‘n groot terugslag hulle tref. Zane en Dotty probeer vir Magnus-hulle aan die hande kry, maar daar is geen antwoord nie. Hulle weet nie wat om te doen nie, tot Lance Smith daar opdaag.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.