RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 5 01.06.2021

Pearl is bekommerd oor hoe ernstig Shaun se ongeluk was.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 4 31.05.2021

Bets en Aletta voel-voel aan mekaar, maar sukkel nog om openlik te praat oor Aletta se onthulling oor Bets se pa.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 3 28.05.2021

Aletta en Roelf sit vas, oënskynlik oor haar vernuf om kos te maak, maar eintlik oor haar onvermoë om te kommunikeer.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 2 27.05.2021

Shaun is bekommerd oor Pearl, en twyfel aan haar liefde.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 1 26.05.2021

Drikus vind sy voete by sy nuwe werk. Hy en Danny is krapperig.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 60 (Slot) 25.05.2021

Magnus keer Wolfgang in sy huis vas. Wat sal van Wolfgang en sy geliefde hiëna word? Ribs besluit om nie meer by die lughawe te werk nie. Het sy planne dalk iets met Dolla te doen? Sal Chinel besluit om by Ikarus aan te hou werk?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 59 24.05.2021

Magnus en Chinel breek uit die aanhoudingsel uit. Lance konfronteer hulle voor hulle van die lughawe af kan wegkom. Magnus en Lance begin baklei. Ribs en Sandra gaan kruip by Zane se hospitaal weg, en Rona daag daar op om hulle te soek.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 58 21.05.2021

Ribs en Sandra sluip die lughawe binne, en probeer hulle bes om in posisie te kom vir die uitbreekplan. Lance en Wolfgang kom op die lughawe aan, en Wolfgang wil dadelik vir Magnus gaan uitsorteer. Sal Ribs en Sandra vir Magnus-hulle kan help voor Wolfgang by hulle uitkom?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 57 20.05.2021

Magnus en Chinel besluit om die bus te gebruik om hulle uit die aanhoudingsel uit te kry. Ribs, Sandra en Zane besluit hoe hulle vir Magnus hulle gaan help. Hier kom ‘n groot bakleiery, maar is hulle gereed daarvoor?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 56 19.05.2021

Magnus en Chinel land by die lughawe, maar word dadelik toegesluit in die aanhoudingsel. Wolfgang is saam met Lance en sy manne oppad terug Suid-Afrika toe op een van die diamantskepe. Rona moet sorg dat Magnus-hulle nie van die lughawe af kan wegkom nie.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 55 18.05.2021

Ribs en Sandra moet aan ‘n manier dink om Magnus-hulle in die middel van die nag veilig te laat land, sonder dat Rona daarvan uitvind. Zane konfronteer vir Rona oor wat alles wat aangaan en haar aandeel daarin.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 54 17.05.2021

Magnus en Chinel gaan hulle plan om die navorsers van die eiland af te kry, in werking stel. Lance vermoed dat Magnus iets in die mou voer, en begin na hulle soek op die eiland. Daar is ‘n paar groot ontploffings. Wie sal oorleef en wie nie?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 53 14.05.2021

Magnus en Chinel maak planne om vir Wolfgang en sy troepe op die eiland uit te oorlê, maar dis net hulle twee teen ‘n oormag. Hulle sal ook vinnig moet maak, want die Kubane is aan die kom. Diff het Ribs se hulp nodig. Sal Ribs hom help ná alles wat gebeur het?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 52 13.05.2021

Zane probeer om uit sy hospitaalbed die span by Ikarus help. Ribs weet nie meer wat om te doen en wie om te vertrou nie, veral nadat daar by Sweef ingebreek is. Diff het genoeg gehad van Wolfgang en sy planne. Sandra en Chinel probeer vir Diff oorreed om hulle te help. Sal Diff sy baas verraai?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 51 12.05.2021

Lance en Wolfgang kry hulle planne agtermekaar vir wanneer hulle op die eiland land. Magnus en Chinel bespreek hoe hulle Wolfgang se planne in die wiele gaan ry. Wie sal die oorhand kry?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 50 11.05.2021

Rona bespreek Roots se planne met Wolfgang, en hy besef hy sal Roots moet vasvat. Chinel en Sandra hou niks van die idee dat Ikarus weer saam met Wolfgang moet werk nie, maar besef dis die enigste manier om Ikarus aan die gang te hou. Wolfgang besluit om Roots self uit te sorteer.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 49 10.05.2021

Wolfgang het Magnus se dienste nodig, en bied hom ‘n geleentheid aan waarvoor hy nie kan nee sê nie. Rona is besig om almal by die lughawe onder haar beheer te kry. Diff en Roots begin dink aan ‘n lewe buite Wolfgang se ystergreep.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 48 07.05.2021

Rona word by die lughawe aangestel as bestuurder in Lusinda se plek, en druk dadelik haar stempel af. Sandra wil by Chinel weet hoekom daar nie ‘n geliefde in haar lewe is nie. Magnus besluit om Wolfgang te konfronteer.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 47 06.05.2021

Wolfgang jaag weg om vir Lance te gaan sien. Sandra is terug om uit te help by Ikarus. Diff en Roots sit druk op Ribs, en dreig hom. Sal Ribs onder die druk swig?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 46 05.05.2021

Magnus en Ribs besef dat die video wat Zane van Wolfgang se plaas geneem het baie belangrike inligting bevat, maar hoe kry hulle dit in die hande? Hulle besluit om te gaan loer wat aangaan op Wolfgang se plaas. Diff en Roots is besig om plesierritte met Wolfgang se gunsteling kar te vat, en hy vind uit...

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 45 04.05.2021

Magnus reël dat almal van die lughawe vroeg die oggend by Dolla se koffiewinkel moet wees. Magda sal alles vertel oor haar verhouding met Wolfgang en wat hy in die mou voer. Hoe sal almal daaroor voel, en wat gaan hulle daaroor doen?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 44 03.05.2021

Diff en Roots het die wapens suksesvol afgelaai ná ‘n groot gesukkel, maar een van hulle is nie meer gelukkig om net vir Wolfgang te werk nie. Magnus gaan sien vir Magda en oorreed haar om vir hulle te vertel wat sy alles van Wolfgang se planne weet. Wat sal sy alles vir hulle vertel?

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 43 30.04.2021

Diff en Roots moet ‘n trok vol smokkelwapens in Port Nolloth kry, maar die polisie stop hulle. Sal hulle gevang word? Chinel en Magda moet ‘n jagluiperdwyfie vang wat van ‘n nabygeleë wildplaas ontsnap het.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 42 29.04.2021

Diff en Roots word teruggebring deur Wolfgang. Hy het ‘n belangrike taak vir hulle. Dolla sukkel om Dotti se dood te verwerk, en Ribs besluit om haar sy waardevolste besitting te gaan wys.

SONDUIKER deur Anton Treunich - Episode 41 28.04.2021

Dotty en Zane is in ‘n groot ongeluk. Magnus gaan dadelik na die ongelukstoneel waar hy vir Wolfgang kry. Magda gaan vertel vir Chinel wat gebeur het, en die twee begin praat oor Magda se verlede. Die episode eindig met slegte nuus.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.