RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 45 19.10.2021 12:40
Max, Pietie en Susan ontmoet in die geheim. Max begin twyfel oor die egtheid van die skilderye. Hulle besluit om Stefaan te vra om na die Van Gogh’s te kyk. Susan besef vir die eerste keer dat sy nie in beheer van sake is nie, en dat sy eintlik in die moeilikheid is.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 44 18.10.2021 12:10
Vincent se ma en kaptein Cilliers ontmoet. Cilliers wil nie hê dat Mollie so op haar eie moet aanhou soek na Vincent nie.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 43 15.10.2021 14:04
Matilda en Louis reis terug na Kaapstad. Louis kom saam om te help om Max vas te trek. Louis vind uit waarom Matilda nie die skilderye mag verkoop nie, en van die ander moeilike klousules in Dieter se testament.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 42 14.10.2021 11:57
Mollie en Ben reis saam terug Kaapstad toe en gesels oor wat hulle volgende moet doen om Vincent op te spoor. Vincent se ma bel om te hoor van die vorige dag se gebeure.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 41 13.10.2021 12:36
Die groep kom weer bymekaar op die wildsplaas om die frustrerende gebeure op Max se plaas te bespreek. Louis bring nuus dat die boewe die plaas inderhaas verlaat het...
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 40 12.10.2021 11:51
Terwyl Louis in die bosse wegkruip om ʼn ogie oor alles te hou, kom Mollie, Matilda en Ben op Max se plaas aan. Die konfrontasie lewer niks op nie. Max weier om te erken dat hy vir Vincent gevangene hou, of dat die skilderye in sy besit is.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 39 11.10.2021 11:47
Matilda en Louis wag vir skemer voordat almal na die wildplaas toe gaan. Die twee gesels, en hulle verhouding verdiep. Ben bel vir Stefaan. Ben is verbaas om te leer dat Stefaan nou elke aand in die Higgovale huis oorbly om Ben se ma op te pas.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 38 08.10.2021 11:48
Johannesburg – Kaptein Cilliers kom na die Crawford-kantoor toe en ontmoet vir Vincent se ma. Hy leer dat Ben en Mollie, sonder om hom op hoogte van sake te hou, Vrystaat toe is.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 37 07.10.2021 13:45
Vincent vra dat sy nuwe skietwond behoorlike mediese behandeling kry, maar die boewe steur hulle nie aan hom nie. Tannie Susan bel vir Max om hom te waarsku dat Mollie en Ben op soek is na Vincent en die skilderye.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 36 06.10.2021 13:03
Mollie, Ben, Matilda en Louis beplan hoe hulle te werk sal gaan met die boewe op die aangrensende plaas.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 35 05.10.2021 12:55
Terwyl Ben besig is om foto’s van Vincent, Max en Pietie vir almal te wys by ‘n ete in koffiewinkel in Parys, ontmoet hy vir Louis. Die wildsplaaseienaar herken van die mense op die foto’s. Daar is sparks tussen Matilda en Louis.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 34 04.10.2021 11:37
Mollie, Ben en Matilda ry saam Vrystaat toe. Hulle leer ken mekaar ʼn bietjie beter. Ben bel vir Stefaan om hom te vra of hy die kuns wat in Matilda se huis is, na die universiteit sal neem vir veilige bewaring.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 33 01.10.2021 12:27
Vincent ontsnap, maar word ná ʼn geskietery deur Pietie gevang. Louis hoor die skote en kom ondersoek instel. Max lieg vir Louis, en sê dat hy en Pietie besig was om na teikens te skiet.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 32 30.09.2021 13:25
Mollie en Ben wys vir Vincent se ma hoe om die kantoorwerk te doen. Sy moet die besigheid aan die gang hou terwyl hulle in die Vrystaat sal wees om Vincent en die boewe op te spoor.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 31 29.09.2021 12:56
Dis Ben en Stefaan se tweede date. Ben moet vir Stefaan sê hy gaan saam met Mollie Vrystaat toe om Vincent te probeer vind. Mollie en Ben maak planne vir die Parys-trip.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 30 28.09.2021 12:03
Matilda kuier by Mollie op kantoor wanneer Cilliers bel met die nuus dat die laaste sein wat hulle van Max se foon kan opspoor, uit Parys in die Vrystaat gekom het.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 29 27.09.2021 12:52
Dis Ben en Stefaan se eerste date. Hulle praat oor hulle lewe en toekomsdrome. Ben vertel vir Stefaan meer van sy vermiste vriend, Vincent.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 28 24.09.2021 13:37
Mollie en Ben kuier by Vincent se ma. Hulle gesels oor hoe moeilik dit is om na Vincent te soek. Mollie en Ben sukkel om gemotiveerd te bly, maar help mekaar om moed te hou.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 27 23.09.2021 12:27
Cilliers luister na die boodskap van Max op Mollie se foon. Hy belowe om weer Max se nommer te gebruik om te sien of hy kan uitvind waar die boewe nou wegkruip. Stefan bel vir Ben, en nooi hom uit vir hulle eerste date.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 26 22.09.2021 14:44
Matilda, Susan en Mollie ontmoet by ʼn tuinmaakplek, waar Susan weer ʼn storie vertel wat Mollie meer agterdogtig maak. Mollie ontvang ʼn onstellende oproep van Max af. Sy neem in die geheim die oproep op.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 25 21.09.2021 12:17
Louis de Wet, eienaar van die aangrensende wildplaas, kom ondersoek instel oor wat op Max se plaas aan die gebeur is. Max probeer hom gerus stel, maar die buurman bly agterdogtig.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 24 20.09.2021 13:25
Max en Pietie vervoer Vincent en die skilderye na Max se plaas in die Vrystaat. Hier voel hulle veiliger, maar bly op hulle hoede. Vincent weier steeds om enigsins met Max saam te werk.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 23 17.09.2021 14:21
Mollie en Ben ontdek Max se wegkruipplek in Kaapstad. Die gebou lyk verlate, en Mollie besluit om in te breek. Vincent is nie daar nie, maar hulle maak ʼn ontstellende ontdekking.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 22 16.09.2021 12:43
Kaptein Cilliers word deur Mollie ingelig van haar vermoede dat Max dalk by Vincent se verdwyning betrokke is. Cilliers help om te probeer vasstel waar die boewe wegkruip.
MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 21 15.09.2021 14:38
Stefaan bel vir Mollie op soek na Ben se telefoonnommer. Susan neem Mollie en Matilda uit vir ete, en hoe meer sy praat, hoe minder glo Mollie haar stories.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.