RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 20 14.09.2021

Max en Pietie begin vermoed dat Mollie en Ben op hulle spoor is. Hulle dink daaraan om die twee dalk ‘stil te maak,’ maar besef dat dit die aandag van die polisie sal trek. Die boewe besluit om Vincent na ʼn plaas in die Vrystaat te vervoer.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 19 13.09.2021

Mollie en Ben is weer by Vincent se ma vir aandete. Ma vertel hulle stories van hoe Vincent in sy kinderdae gereeld van die huis af weggeloop het. Sy het altyd geglo hy sal gevind word, maar hierdie keer is sy nie daarvan oortuig nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 18 10.09.2021

Matilda oorreed Mollie om saam met haar na ʼn jogaklas te gaan, waar hulle begin wonder of alles wat hulle doen om Vincent op te spoor, die moeite werd is. Mollie weet dat sy nie moed mag verloor nie, maar soos die dae verbyvlieg raak dit vir haar moeiliker om positief te bly.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 17 09.09.2021

Mollie en Ben klop by ʼn universiteit aan vir hulp en inligting oor die Van Gogh-skilderye. Hulle probeer die waarde en outentiekheid van die skilderye bevestig. Ben ontmoet vir Stefaan, en dis duidelik dat die twee van mekaar hou.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 16 08.09.2021

Tante Susan besoek Mollie onverwags op kantoor. Sy vertel die storie oor hoe die skilderye in die van De Venter-familie se besit gekom het. Susan probeer haar bes om Mollie op ʼn dwaalspoor te plaas.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 15 07.09.2021

Max en Pietie is woedend dat kaptein Cilliers by die saak ingetrek word. Hulle blameer Vincent daarvoor, en straf hom. Vincent weier om hulle te help, en Max laat hom verstaan dat sy lewe afhang van hoe behulpsaam hy is.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 14 06.09.2021

Terwyl Mollie en Ben op kantoor besig is om planne te beraam, kom kaptein Cilliers onverwags daar aan. Hy is bekommerd oor wat met sy ou diensmaat gebeur het. Wanneer hy sy ry kry, bel Mollie vir Matilda. Hulle besef dat hierdie storie baie groter is as wat hulle geglo het. Nuwe planne sal beraam moet word.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 13 03.09.2021

Kaptein Cilliers waarsku vir Pietie om nie in sy kar buite Matilda se huis te sit en wag nie. Mollie ontmoet Matilda se tante Susan. Alhoewel hulle goed oor die weg kom, vertrou Mollie haar nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 12 02.09.2021

Mollie laat kaptein Cilliers weet van die verdagte motor buite Matilda se huis. Matilda wys vir Mollie die kluiskamer in haar huis. Sy kan nie verstaan hoe die vier skilderye so maklik daaruit verdwyn het nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 11 01.09.2021

Mollie en Ben kuier by Vincent se ma om haar op hoogte te hou van gebeure. Matilda bel om vir Mollie te vertel van die vuil groen kar wat sy gedurig buite haar huis opmerk.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 10 31.08.2021

Ben deel Vincent se ma se teorie oor Max met Mollie. Hulle probeer aan ʼn plan dink om Max op te spoor. Vincent onderhandel met Max en Pietie oor sy vryheid. Die boewe het nie lus vir sy parmantigheid nie, en dinge raak rof.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 9 30.08.2021

Matilda en Mollie ontmoet vir middagete, waar Mollie meer uitvind oor die Vincent van Gogh-skilderye. Terwyl Ben by Vincent se ma tee drink, onthou sy die boef wat Vincent so geteister het toe hy ʼn polisieman was. Ma glo dat Max nie alleen die ontvoerder is nie, maar ook die een is wat Vincent geskiet het.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 8 27.08.2021

Mollie en Ben besluit om met kaptein Cilliers, ʼn vriend van Vincent, te praat. Kaptein Cilliers sê hy sal probeer om te help. Om te keer dat die situasie erger word, wil Mollie nie nou vir Vincent as vermis aangee, of ʼn saak oopmaak nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 7 26.08.2021

Max en Pietie stel hulleself voor as vennote van Vincent, en begin vir Matilda uitvra oor die skilderye. Matilda vertrou hulle nie, en gee niks weg nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 6 25.08.2021

Mollie kuier by Vincent se ma om haar te laat weet dat haar seun spoorloos verdwyn het. Matilda bel vir Mollie en begin ʼn bietjie meer openlik praat oor Vincent se optrede die nag van sy verdwyning. Matilda se voordeurklok lui – daar is twee onbekende mans op haar drumpel.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 5 24.08.2021

Mollie en Ben gaan na Matilda se huis, en wil by haar weet waar Vincent is. Wat sou van Vincent geword het, en waar moet hulle begin om te soek? Max kom kuier vir Vincent waar hy gevange gehou word. Max sal Vincent vrylaat op voorwaarde dat hy nie vir Matilda die waarheid oor die Van Gogh-skilderye vertel nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 4 23.08.2021

Die volgende oggend besef Mollie en Ben dat Vincent spoorloos verdwyn het. Sy selfoon skakel direk oor na ʼn boodskaptoep toe. Daar is fout, maar hulle is hulpeloos om iets te doen. Moet Mollie vir Vincent se ma laat weet? En wat dan nou van die troue?

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 3 20.08.2021

Twee goeie vriende, Ben en Mollie, beplan Mollie en Vincent se troue. Vincent laat weet dat hy laat tuis sal wees. Max probeer om Vincent te oorreed om nie na die vermiste skilderye te soek nie. Kort nadat hy ʼn whiskey gedrink het, verloor Vincent sy bewussyn.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 2 19.08.2021

Vincent vind meer uit oor die skilderye. Hy besef dat om dit terug te kry, ʼn moeilike saak sal wees. Max, ʼn misterieuse kennis uit Vincent se verlede, nooi hom vir ʼn drankie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 1 18.08.2021

Die privaatspeurder, Vincent Daniels, word na Matilda van De Venter se huis ontbied om ʼn saak van diefstal te ondersoek. Twee skurke, Max en Pietie, stel belang in wat Vincent reeds weet oor die vier vermiste skilderye.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 60 (slot) 17.08.2021

Die Lingerfelders is dit eens dat familie en vriende die belangrikste ding op aarde is.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 59 16.08.2021

Aletta laat Bets groot skrik.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 58 13.08.2021

Jos dreig Chris opnuut.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 57 12.08.2021

Roelf probeer vrede bewerkstellig tussen Bets en Aletta.

DIE LINGERFELDERS LAAT WAAI deur Mari Snyman - Episode 56 11.08.2021

Pearl het 'n blink plan.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.