RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 10 23.11.2021

Oom Abie deel sy droom met Jerry, maar Jerry is nie so seker dat hy wil saamspeel nie. Letitia e-pos voorbeelde van die voorbladfoto vir Huis-en-Haard. Die gesin herken mekaar skaars. Tannie Gertie kry ’n petisie in haar posbus.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 9 22.11.2021

Tannie Gertie pak koekies vir die tuisnywerheid. Oom Abie bied aan om te help, maar helaas die ou krapperigheid is terug. Die Van der Merwes en die Gedulds geniet middagete saam. Jerry het goeie nuus oor sy nekbesering. Die huisfoon lui.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 8 19.11.2021

Abie en Gertie maak vrede. Rianna se Polo’tjie is terug van die paneelkloppers. Gerhard het ’n plan vir Jerry, maar Riana stem nie saam nie.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 7 18.11.2021

Die huwelikspanning tussen oom Abie en tannie Gertie raak so ernstig, dit ontstel tot hulle papegaai, Pollie. Jerry se maat, Koert Albertyn, is in die hospitaal ná hulle ongeluk op die Sudwala-pad. Sharon bel vir Rianna om te vertel dat sy Ray vergewe het. Hoe het hy dit nou weer reggekry?

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 6 17.11.2021

Sharon en Ray het weer rusie gemaak, en soos gewoonlik skuil sy by haar suster-hulle en moet Rianna troos en paai. Tannie Gertie wat snuf in die neus het, kom drink saam ’n koppie tee. Vir haar is Rianna en Sharon soos eie dogters, en het sy simpatie met albei. Dis nie dat háár lewe so maklik is nie. Oom Abie se droom is haar nagmerrie. Sharon se hondjie, Fifi, is in lewensgevaar.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 5 16.11.2021

Ma Rianna, Pa Gerhard en Mia is almal baie bekommerd oor Jerry. Selfs Letitia bel hom om te hoor hoe dit gaan – nie dat hy graag met haar wil gesels nie. Tannie Gertie Geduld stuur van haar beroemde hoendersop. Laataand toe Rianna die sitkamer opruim, lui haar selfoon. Raai wie?

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 4 15.11.2021

Letitia en haar span moet ’n voorbladfoto vir Huis-en-Haard neem. Sharon daag op om te help met die stilering. Sal haar hulp sommer so aanvaar word? Almal wag al weer vir Jerry wat vir die naweek saam met vriende Sudwala toe is. Dié keer kan hy regtig nie help dat hy laat is nie.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 3 12.11.2021

Ma Rianna se Polo’tjie is nog by die paneelkloppers, en die gesin moet meet en pas om met pa Gerhard se kar oor die weg te kom. Sy werk toevallig nie vandag nie, maar sorg dat almal betyds by hulle onderskeie bestemmings kom. Uit die bloute bel haar suster, Sharon, en nooi haar vir ete by ’n deftige restaurant in Johannesburg. Sharon is is getroud met Ray Cunningham, ’n skatryk “sakeman”. Maar wie...

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 2 11.11.2021

Haar naam is Letitia Ingelsdew-Swan. Sy kondig aan dat die gesin een van ses finaliste is in ’n kompetisie met groot pryse. Jerry is al weer in die moeilikheid, maar hy weet hoe om te ontspan. Terwyl sy sussie, Mia, hard leer vir die matriekeksamen, lê hy langs die swembad, min wetende dat daar ’n verrassing op hom wag.

TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 1 10.11.2021

Riana en Gerhard van der Merwe maak gereed om ’n gewone werksdag te begin. Maar waar bly hulle seun, Jerry, met die gesinsmotor? En hoekom bel die vrou van Huis-en-Haard so knaend?

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 60 (slot) 09.11.2021

Dis ses maande later. Die wildplaas is inderhaas in ʼn trouvenue verander, en daar is vandag drie paartjies wat trou. Omdat Mollie Ben en Matilda daarby betrokke is, gebeur dinge egter nie soos beplan nie, en boonop wil kaptein Cilliers dringend met hulle praat.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 59 08.11.2021

Mollie en Matilda gesels oor die troue, wat uitgestel moet word sodat Vincent kan aansterk. Matilda erken dat sy baie lief vir Louis is, en dalk op die wildplaas sal gaan woon as mevrou De Wet. Matilda is besig om te werk aan ʼn plan oor wat met die Van Gogh-skilderye moet gebeur.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 58 05.11.2021

Cilliers en Ben jaag vir Max en Pietie die woonstel in. Max weier om te onderhandel en verkies eerder om te sterf as tronk toe gaan. Wanneer Cilliers vir hom en Pietie in hegtenis neem, spring Max by die venster uit...

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 57 04.11.2021

Cilliers is by wanneer Mollie en Ben in die middestad van Kaapstad ʼn ogie hou oor die gebou waar hulle vermoed Max wegkruip. Vincent ontsnap en hardloop uit die gebou uit. Pietie skiet op hom, maar Cilliers skiet terug en Pietie vlug weer in die gebou in.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 56 03.11.2021

Terwyl Louis en Matilda by Susan se siekbed wag, kry Louis ʼn oproep om te sê daar is probleme op sy plaas met wildstropers. Cilliers gebruik ʼn SMS-boodskap van Max om uit te vind waar hulle nou wegkruip.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 55 02.11.2021

Matilda en Louis is by die Higgovale-huis toe dit in die middel van die nag aan die brand slaan. Terwyl die huis afbrand, ontvang Matilda ʼn hoogs onstellende boodskap.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 54 01.11.2021

Mollie en Vincent se ma gesels by die kantoor oor hoe dinge vorder met die soektog na Vincent. Die foon lui. Dis Vincent wat, met ʼn pistool teen sy kop, vir hulle smeek om op te hou soek na hom en die skilderye.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 53 29.10.2021

Ben en Mollie beplan hoe hulle die volgende dag vir Max se wegkruipplek in Langstraat sal gaan soek. Matilda en Louis begin al hoe ernstiger dink en praat oor hulle moontlike toekoms op sy wildplaas.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 52 28.10.2021

Max en Pietie is by Vincent waar hy in die middestad van Kaapstad in ʼn klein woonstel gevange gehou word. Planne begin skeef loop, en dinge lyk nie te goed vir die skurke nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 51 27.10.2021

Ben besoek vir Stefaan, en Matilda besoek vir tannie Susan. Stefaan vertel vir Ben wat gebeur het, en hoe hy oor hom voel, terwyl Susan haar optrede teenoor Matilda, en die diefstal van die skilderye, probeer motiveer.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 50 26.10.2021

Dis die dag van die waardering. Niks verloop volgens plan nie. Tannie Susan se hart gee in, en sy val flou neer. Stefaan weier om een van die skilderye aan Pietie te gee, en dit eindig nie goed vir hom nie. Max en Pietie verdwyn weer met die skilderye.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 49 25.10.2021

Ben en Stefaan is op hulle derde date die nag voor die waardering. Stefaan is opgewonde omdat hy dalk egte Van Gogh-skilderye sal sien, maar terselfdertyd bang omdat Max en sy trawante daar sal wees.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 48 22.10.2021

Max, Pietie en Susan beplan die veiligste manier om die gesteelde skilderye te laat waardeer. Susan probeer vir oulaas om vir Max te oorreed om nie teen mense wat in hulle pad staan, geweld te gebruik nie.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 47 21.10.2021

Louis help vir Mollie, Matilda en Ben om ʼn plan te beraam oor wat om te doen op die dag van die waardering.

MY NAAM IS VINCENT deur Lee Doubell - Episode 46 20.10.2021

Ben, Mollie en Matilda kla oor hoe al hulle leidrade in ‘n doodloopstraat eindig. Stefaan bel met die nuus van die waardasie, wat Susan gevra het hy moet doen.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.