RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 35 28.12.2021 14:28
Ray het planne vir Hilton en sy ma, Queena. Sy is skepties, maar om op straat te beland is die enigste alternatief en sy kan nie anders as om in te stem nie. Jerry en Gerhard kry kans om oom Abie se tuin te versorg vir die huurders.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 34 27.12.2021 14:11
Sharon en Robbert se vriendskap blom, en Sharon tel haar seëninge. ’n Paar kilometers verder maak Hilton Hendriks die yskas oop en soek vergeefs na melk vir sy bitter koffie. Toe Ray Cunningham hom bel en werk aanbied, gryp hy die geleentheid met albei hande aan.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 33 24.12.2021 12:44
Die Van der Merwes word subtiel verplig om hulle ongewilde buurman na hulle Kerspartytjie te nooi. Sal die gees van Kersfees wat vrede verkondig, vanaand ook oor hulle waak?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 32 23.12.2021 14:59
Dis lekker op die plaas, maar Sharon kan nie vir altyd wegkruip nie. Goeie nuus kom van Sharon se weldoeners. Ray skop ’n kabaal op by die Van der Merwes se voordeur. Robbert Curnow, wat in die straat verbydraf, kom tot Sharon se redding. Is dit die begin van ’n nuwe vriendskap?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 31 22.12.2021 13:48
Rianna en Sharon gaan kuier op die plaas. Mia en Jerry bly agter om die huis op te pas. Ray gaan soek Sharon by die Van der Merwes. Jerry lei hom op ’n dwaalspoor, maar hou nie rekening met die nuwe koffiemasjien nie.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 30 21.12.2021 13:59
Mia vertel vir Jerry dat Ray Sharon afknou. Sharon koop ’n nuwe koffiemaker, goeie koffie en veel meer. Jerry en Mia versier die gesin se kersboom. Sharon het bokse vol duur glasversiersels geskenk. Waar kom die geld vandaan? Ray het dan haar kredietkaart versnipper.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 29 20.12.2021 12:40
Pollie verlang na sy mense, en die Van der Merwes doen hulle bes om hom te troos. Sharon bieg oor die inhoud van die bokse. Dit behoort aan Ray, maar hulle kan intussen daaruit voordeel trek. Mia word uitgenooi om saam met Anton-hulle met vakansie te gaan.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 28 17.12.2021 13:11
Dis nog nag toe oom Abie-hulle met groot gedruis vertrek. Gerhard en Rianna het skaars ingesluimer of hulle word wakker geklop. Sharon en Fifi soek ’n veilige hawe, volgens haar bagasie vir veel langer as net een nag. Wat is in die bokse dat sy dit so dringend wil wegsteek?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 27 16.12.2021 14:09
Dis die laaste dag voor die Gedulds se vertrek. Gerhard en Rianna raak bekommerd oor die twee oues op die lang pad. Die Gedulds gaan eet vir oulaas by die Van der Merwes, en neem afskeid van Pollie. Die motorwoonwa kry ’n naam.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 26 15.12.2021 14:06
Mia wys vir oom Abie hoe om foto’s met sy selfoon te neem. Tannie Gertie en oom Abie stel ’n lang lys reëls op vir die huurders. Gerhard kry nog ’n Whatsapp van Ray.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 25 14.12.2021 13:35
Die groot uitpak en regpak is aan die gang by die Gedulds, en die Van der Merwes sit hand by. Sharon voel vasgekeer. Anton is in die moeilikheid. Rianna kry ‘n e-pos van Huis-en-Haard.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 24 13.12.2021 14:42
Die Cunninghams is op pad terug na Suid-Afrika. Sharon sweer wraak. Gerhard en Jerry help oom Abie om die motorwoonwa te restoureer. Tuis by Villa Cunningham word Sharon en die hele huishouding streng ingeperk.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 23 10.12.2021 14:08
Rianna is seker dat dit sleg gaan met Sharon. Van Ray kry sy geen verduideliking nie. Gertie bak koekies vir Kersfees, en maak lang doenlysies wat nog afgehandel moet word. Vrydagaand word daar partytjie gehou.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 22 09.12.2021 14:11
Sharon is terug in die Waldorf-suite. Ray is kastig besorg, maar haastig om huis toe te gaan. Die motorwoonwa het aangekom, en staan in die Gedulds se oprit. Sharon kry Ray sover om vir Rianna ’n Whatsapp te stuur.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 21 08.12.2021 13:08
nton gaan vir sy rybewystoets. Mia help tannie Gertie om haar fynporselein-erfstukke weg te pak toe Anton met die uitslag bel. Gerhard is verbaas toe hy hoor die kinders is Magalies toe. Wat sal die straat sonder die Gedulds wees?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 20 07.12.2021 14:22
Oom Abie en Tannie Gertie is nou albei opgewonde oor hulle motorwoonwa. Tannie Gertie het so lanklaas van Sharon gehoor, sy kry nagmerries van angs. Rianna stoei met dieselfde bekommernis. Wat gaan aan met Sharon?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 19 06.12.2021 13:14
Anton het ’n verrassing vir Mia. Ray is woedend en in ’n baie gevaarlike bui. Robbert kla oor Mia se musiek, en eis ’n verskoning.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 18 03.12.2021 13:16
Mia is klaar met matriek, en sy en Anton maak planne vir die vakansie. Tannie Gertie kom spog by Rianna.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 17 02.12.2021 14:27
Tannie Gertie bekommer haar oor die huurders wat haar huis gaan oorneem. In Amsterdam is die Cunninghams tuis in die deftige Waldorf, maar Ray weet steeds nie hoe om hom te gedra nie.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 16 01.12.2021 14:20
Oom Abie is in sy skik met die motorwoonwa wat hy wil koop, maar tannie Gertie kry byna ’n oorval toe sy hoor wat dit kos. Jerry kry ’n geskenk wat hy nie verwag het nie.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 15 30.11.2021 13:29
Sharon sluit haar in die badkamer toe, ’n paar uur voordat sy saam met Ray Amsterdam toe vertrek. Sy neem afskeid asof sy nooit weer sal terugkom nie. Rianna is bekommerd. Tannie Gertie neem ’n belangrike besluit.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 14 29.11.2021 13:00
Gerhard en Rianna begin die week moeg. Rianna laai Mia by die skool op. Sy het ’n smokkelstorie in haar eksamenopstel geskryf. Haar inspirasie? Sharon se diamanthalssnoer. Het sy dalk die waarheid beet?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 13 26.11.2021 14:19
Sharon nooi Rianna en Gerhard vir aandete by Villa Cunningham. Ray spog met Franse sjampanje, maar sy tafelmaniere laat veel te wense oor. Die aand eindig nie so goed soos dit begin het nie.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 12 25.11.2021 13:24
Sharon is in die tuisgimnasium aan die fietsry. Rianna en Gerhard kry hulle vriende, Koos en Trudie Albertyn, jammer. Die Covid-tyd het ook húlle in ’n finansiële knyptang. Intussen eet Sharon se hondjie, Fifi, kaviaar, en maak Ray planne om Amsterdam toe te vlieg vir “besigheid”. Jerry kuier by tannie Gertie. Kan hy haar ompraat om saam met oom Abie op toer te gaan?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 11 24.11.2021 14:58
Moeilikheidmaker en nuwe intrekker, Robbert Curnow, het opgelet dat Jerry en Mia soggens sonder hulle maskers gaan draf. Hy beskou dit as sy plig om die oortreders aan te kla. Oom Abie wag vir Jerry langs die swembad om oor hulle voorgenome toer te praat. Jerry soek raad by sy pa. Wie wil saam met oom Abie gaan uitkamp?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.