RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 60 (slot) 01.02.2022 12:36
Die waarheid is uit. Ethan is nou weer Hilton, en Lorna is Queena. Danksy die Turk kan hulle in die Gedulds se huis aanbly en hulle vriendskap met die Van der Merwes versterk. Sharon laat weet sy het weer geluk gevind. Niemand weer waarheen Ray verdwyn het nie, maar Ethan verseker almal hy sal hulle nooit weer pla nie.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 59 31.01.2022 13:04
Ethan is in die hospitaal met ernstige meswonde. Gerhard besluit om polisie toe te gaan. Jerry reken dis beter om eers vas te stel wat in die bokse is. Die verrassing van die jaar wag op hulle in die kelder...
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 58 28.01.2022 14:10
Ray moet sy bokse kry - hy het ’n ultimatum gestel vir vannag om twaalfuur. Wie sal dit nakom, of sal hy uiteindelik sy moses teekom?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 57 27.01.2022 14:37
Ethan besluit dat hy en Lorna ’n laaste poging moet aanwend om Ray se bokse in die hande te kry. Uit die bloute bel Ray vir Rianna met die nuus dat hy Robbert Curnow in sy mag het. Lorna word ook weer afgedreig. Enigeen kan aflei dat Ray desperaat is. Jerry willig in om tot Robbert se redding te kom.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 56 26.01.2022 13:44
Sharon wil haar voorkoms verander en afskeid neem. Sy vergeet dat sy Rianna en Gerhard in ag moet neem. Lorna deel die pynlike waarheid oor haar huwelik en haar man se dood. Afskeid tussen die susters lyk onvermydelik.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 55 25.01.2022 13:19
Rianna en Gerhard wil nie verantwoordelikheid vir Ray se bokse aanvaar nie. Moet hulle polisie toe gaan en ’n verklaring aflê? Jerry se slaansak word uiteindelik opgehang, met die slegste gevolge denkbaar.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 54 24.01.2022 13:37
Sharon bereken die voor- en nadele van Ray se val, en besluit dis tyd om te vlug. Lorna is bekommerd oor Ethan wat te dikwels oortyd werk. Moet hulle met die waarheid uitkom? Gertie Geduld stuur ’n lang Whatsapp. Die Van der Merwes hou ’n huisvergadering.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 53 21.01.2022 13:15
Ethan is bitter spyt omdat hy ingewillig het om vir Ray te werk en Lorna daarby te betrek. Hy belowe haar dat Ray gestraf sal word. Jerry is ook op die oorlogspad. ’n Verdoemende berig word oor die televisienuus uitgesaai. Die lyk asof Ray Cunningham sy rykdom kwyt is.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 52 20.01.2022 12:52
Die Van der Merwes se kat kuier permanent by Lorna se Jessica. Ethan werk oortyd in die matwinkel, en word daarvoor beloon. Dit lyk asof Sharon uiteindelik besef hoe selfsugtig sy is. Jerry en Anton soek ’n plek om Jerry se slaansak op te hang, en red ’n lewe.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 51 19.01.2022 12:51
Gerhard is op soek na Ray om hom die waarheid te vertel. Dit loop uit op ’n vrugtelose besoek aan Villa Cunningham. Sharon het ’n openhartige gesprek met Mia.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 50 18.01.2022 13:04
Lorna kry ’n katjie present. Fifi raak geheg aan Mia. Sharon maak planne vir ’n nuwe toekoms. Mia gaan draf, en loop haar vas in Ray, tot sy nadeel. Lorna word gestraf vir ’n goeie daad.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 49 17.01.2022 12:13
Jerry kry goeie nuus van Letitia. Mia is terug van haar Ballito-vakansie. Robbert Curnow pak op en trek.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 48 14.01.2022 14:35
Sharon is bedruk, en slaap laat tot Rianna haar wakker maak en opbeur. Lorna hang die nuwe gordyne, en maak ’n selfoonvideo om Ray te plesier. Hy is nie beïndruk nie.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 47 13.01.2022 14:13
Sharon hou Robbert op ’n veilige afstand, maar reken steeds op sy professionele bystand. Jerry en Gerhard koop ’n slaansak. Saam met die nuwe oefenfiets, is hulle tuisgimnasium flink aan die uitbrei. Sharon kry ’n rekening wat haar erg ontstel, en Ray maak weer ’n onwelkome verskyning.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 46 12.01.2022 14:20
Ethan waarsku vir Lorna dat Ray ongeduldig raak. Jerry besluit om sy geld eerlik te verdien. Lorna meet Sharon se kamervenster, en hou haar oë oop vir wegsteekplekke. Ray ontbied Lorna en Ethan na Villa Cunningham.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 45 11.01.2022 15:13
Sharon en Robbert draf nie meer saam nie. Hulle praat ook nie met mekaar nie. Mia stuur ’n Whatsapp met ’n verrassing. Sharon gaan kuier by Lorna, en bestel nuwe gordyne vir haar slaapkamer.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 44 10.01.2022 13:03
Ethan en Lorna begin die dag met ontbyt. Hy is haastig, sy is rustig... tot Ray haar bel en aanpor om die werk te doen waarvoor hy haar betaal. Sharon se spalk moet afkom. Sy en Rianna vier dit met ’n inkopietog en ete by Flames.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 43 07.01.2022 14:42
Die hele buurt is skielik op straat, en draf om fiks te word. Jerry reken die gier sal soos gewoonlik gou oorwaai. Rianna pak ’n mandjie met plaasprodukte, en gaan kuier vir Lorna.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 42 06.01.2022 12:56
Gerhard en Rianna keer terug van hulle plaasvakansie. Sharon vertel ’n halwe waarheid oor haar en Robbert se Oujaarskuier. Ethan begin sy loopbaan as matverkoopsman. Lorna loer oor die heining na Gerhard en Jerry wat bagasie aflaai. Ray bel haar met ’n dringende opdrag.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 41 05.01.2022 12:36
Letitia het planne vir ’n toekoms saam met Jerry. Hy kry goeie raad uit ’n onverwagte oord. Ray wil al weer met geweld op Sharon toeslaan.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 40 04.01.2022 14:06
Pollie ly aan skok, en Jerry moet Letitia se hulp en raad verduur. Sharon vererg haar vir Robbert wat haar dwing om soggens presies om sesuur saam met hom te gaan draf. Letitia daag vroeg op om kastig met Pollie te help.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 39 03.01.2022 11:27
Die partytjienaweek is agter die rug. Jerry is lus vir ’n goeie ontbyt en ’n dag sonder sorge, maar uit die bloute daag daar ’n lastige besoeker op. Ethan en Lorna koop ’n kattebak vol kruideniersware, en maak planne om hulle langs die Van der Merwes in te burger.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 38 31.12.2021 12:50
Dis duidelik dat die agent nog nie besluit het aan wie sy die Gedulds se huis wil verhuur nie. Gerhard en Rianna is op pad na Trudie en Koos Albertyn se oujaarspartytjie. Sharon besluit om Robbert se uitnodiging te aanvaar. Wat wag vir haar by sy huis?
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 37 30.12.2021 11:43
Gerhard pluk twee mandjies vol geelperskes wat Rianna moet inlê. Letitia Ingelsdew-Swan bel onverwags en bied aan om te help. Intussen is Robbert besig om Sharon se slaapkamer te verf. Letitia kla by Rianna dat sy ongelukkig getroud is.
TER WILLE VAN OORLEWING deur Helena Hugo - Episode 36 29.12.2021 14:15
Hilton het ’n nuwe naam, Ethan, en Queena is nou Lorna. Hulle is op pad na die Gedulds se huis, wat Ray vir hulle wil huur. Gerhard ontvang hulle namens die agent en is beïndruk met die netjiese weduwee en haar oulike seun.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.