RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 25 08.03.2022

Gysbert neem Mia vir ’n piekniek, en stel voor sy gebruik sy sportmotor vir ’n wyle aangesien hy juis vir Katinka wil ontstel, om seker te maak sy skei dié keer van hom. Bianca besoek die terapeut, Susan, en vertel haar dat sy deur ‘n moeilike swangerskap gaan want die swangerskap was eintlik ’n groot skok.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 24 07.03.2022

Alet vra vir Susan om saam met haar te kom, want Janco het vir Alet genooi om sy suster Hester te ontmoet. Susan herinner Alet aan die professionele grense tussen terapeut en pasiënt. Janco besoek Mia by die advertensie-agentskap, en vra haar om weg te bly van sy pa aangesien dit sy ma sal ontstel.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 23 04.03.2022

Denzil deel Janco mee dat Bianca ingestem het om na die woonstel te gaan kyk wat Janco hulle wil help koop. Mia, die jong kopieskrywer wat onder Katinka werk, daag by hulle huis op om werk met Katinka te bespreek aangesien Katinka nie haar foon antwoord nie. Gysbert wys vir Mia sy sportmotor.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 22 03.03.2022

Denzil kan nie verstaan dat Bianca nou skielik nie die hulp wat Janco hulle aanbied met die woonstelkoop, wil aanvaar nie. Hester gaan tuis by ’n gastehuis, en vra Janco om vir eers nie vir Gysbert en Katinka te vertel sy is hier nie. Denzil stel voor Bianca gaan sien Susan vir terapie.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 21 02.03.2022

Gysbert is ontsteld omdat Katinka net die pad gevat het om kamtig na eiendom op die Weskus te gaan kyk, en sommer ook vir Lente saamgesleep het. Alet hervat haar terapiesessies met Susan, wat terug is van haar vakansie by die rusoord in Sutherland. Janco se suster, Hester, arriveer vanaf Dubai.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 20 01.03.2022

Alet en Janco, wat die vorige aand te veel gedrink het, word wakker in dieselfde bed en besef hulle het meer as net ’n romantiese aand saam gehad. Alet bieg teenoor hom dat sy eintlik meer aangetrokke tot vrouens voel. Denzil vra Bianca ’n tweede keer om met hom te trou.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 19 28.02.2022

Janco nooi Alet vir ete by sy restaurant, en die kuier ontaard in ’n romantiese aand. Katinka is woedend omdat Gysbert alles in die huis rondgeskuif het om sy virtuele video te maak. Lente is dankbaar wanneer sy hoor Katinka het die verloofring wat Diedie verpand het, gaan terugkry het by die pandjieswinkel.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 18 25.02.2022

Denzil vertel vir Janco hy vermoed dat Bianca deur ’n moeilike swangerskap gaan, want sy is diehele tyd emosioneel. Alet het ’n woonstel gevind wat Janco vir Denzil en Bianca kan koop. Bianca wat nie met Denzil wil trou nie, besluit sy sal met hom trou aangesien hy sy stock-car verkoop het om die ring te koop.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 17 24.02.2022

Katinka stem in dat Gysbert ’n virtuele toervideo van hulle huis maak. Bianca konfronteer haar pa oor waar die verloofring is wat Denzil vir haar gekoop, en toe vir Diedie gegee het om te hou. Lente vind uit Diedie het die verloofring verpand, en dis die geld wat hy gebruik het om vir Bianca klere te koop.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 16 23.02.2022

Alet deel Katinka mee dat die voornemende kopers van hulle huis besluit het om nie ’n aanbod te maak nie. Katinka is besorg dat hulle nooit die huis verkoop sal kry nie. Lente is ontsteld toe sy hoor Bianca wil nie die baba na haar oupa vernoem nie, en eerder ’n vreemde robotiese naam wil gee.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 15 22.02.2022

Diedie neem Bianca vir inkopies om klere vir haarself en die baba te koop. Bianca wil weet waar hy die geld kry. Janco wil al sy speelgoed wat nog in sy kamer is, vir Denzil en Bianca vir hulle baba gee. Katinka dring aan om egter sy teddiebeer te hou, want eendag het Janco dalk ’n kind van sy eie.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 14 21.02.2022

Denzil vra sy ma of hy vir Bianca se pa, Diedie, kan oornooi vir ete. Lente wil Diedie egter naby haar huis hê nie aangesien hy ’n skelm is. Gysbert kla oor sy dogter Hester en seun, Janco, wat so vyandig teenoor hom en Katinka is. Lente stel voor hy moet bid en vir vergifnis vra.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 13 18.02.2022

Denzil is verstom wanneer Janco hom meedeel dat hy graag vir Denzil en Bianca finansieel wil ondersteun omdat hy voel sy ouers het Denzil se kinderjare van hom gesteel deur vir Lente as huishulp aan te stel. Gysbert vra vir Janco om vir Hester te sê Gysbert is siek, en sy moet hulle kom besoek.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 12 17.02.2022

Janco raak ontslae van al sy besittings uit sy kinderjare wat sy ma so netjies in hulle huis in stand gehou het, en dit ontstel Katinka. Bianca se pa, Diedie, ontmoet haar en vertel dat hy deesdae in Hawston woon waar hy betrokke geraak het by die kreefbedryf. Bianca vermoed hy smokkel eintlik kreef.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 11 16.02.2022

Lente vra vir Denzil om Alet om verskoning te gaan vra vir die dreigemente wat hy teen haar gemaak het. Janco bieg teenoor Lente dat hy skuldig voel dat sy al die jare wat sy as huishulp vir sy ouers werk, eintlik meer van ’n ma vir hom en sy suster was as vir haar eie seun Denzil.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 10 15.02.2022

Alet is ontsteld nadat Denzil haar besoek het en waarsku om weg te bly van Bianca en sy ma. Bianca is besorg nadat haar pa Diedie, wat jare lank in die tronk was, haar bel en sê hy wil graag vir haar kom kuier. Susan gaan met vakansie, en Alet moet haar kollega sien vir terapiesessies

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 9 14.02.2022

Denzil vertel vir sy ma, Lente, dit het nie goed gegaan met sy nuwe werk by die restaurant nie. Sy stel voor hy fokus eerder op sy werk as motorwerktuigkundige. Susan bespreek die professionele grense tussen haar en Alet nadat Alet bieg dat sy maklik verlief kan raak op iemand soos Susan.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 8 11.02.2022

Katinka is besorg dat Janco en sy suster Hester hulle ouers probeer vermy, en blameer Gysbert vir die probleme met hulle huwelik die afgelope 30 jaar. Alet neem haar terapeut, Susan, om die Joostes te ontmoet. Gysbert stel voor hulle gaan vir ’n rit met sy sportmotor.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 7 10.02.2022

Janco bied vir Denzil ekstra werk aan by sy restaurant, om hom te help met sy uitgawes met Bianca en die swangerskap. Gysbert is opgewonde dat sy dogter Hester wat in Dubai werk, vir hulle kom kuier. Denzil se eerste aand by die restaurant verloop rampspoedig as hy verkeerde tafels bedien.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 6 09.02.2022

Gysbert wil nie voornemende kopers toelaat by hulle huis nie. Hy sê hy sal ’n virtuele toep skep wat kopers kan gebruik om die huis te besigtig. Lente stel voordat Bianca, wat nou verwagtend is, eerder by haar en Denzil kom woon. Lente neem vir Bianca om inkopies te doen vir die baba wat op pad is.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 5 08.02.2022

Alet gesels met Janco om haar te help om beter perspektief te kry van sy ouers en hulle huis se geskiedenis. Susan stel voor dat Alet eerder met Gysbert en Katinka se huishulp gaan gesels. Denzil is bekommerd dat Bianca gewig aansit van al die melkskommels.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 4 07.02.2022

Alet besoek weer haar terapeut, Susan, uit desperaatheid as sy besef die verkoop van die Joostes se huis sal nie maklik wees nie. Katinka pleit by Janco vir hulp nadat sy pa, Gysbert, hom met hulle eiendomsagent, Alet, sleg gedra het deur haar dronk te maak en rond te ry in sy sportmotor.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 3 04.02.2022

Gysbert speel gholf saam met sy seun Janco, en vertel hom van Katinka se planne om hulle huis te verkoop. Janco deel hom mee dat hy en Hester hulle ouers se vlambare verhouding al jare lank vermy, en nie betrokke wil raak nie. Bianca was by die kliniek en bevestig aan Denzil dat sy verwagtend is.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 2 03.02.2022

Denzil wil aanvanklik nie glo sy meisie Bianca is verwagtend toe sy hom vir ’n melkskommel nooi en die nuus meedeel nie. Denzil dring tot haar skok aan dat sy vir ’n toets by ’n kliniek gaan. Denzil se ma, Lente, wat al 30g jaar vir die Jooste-egpaar werk, is bekommerd oor hulle besluit om die huis te verkoop.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 1 02.02.2022

Alet besoek haar terapeut, Susan Rademan, en vertel haar van die nuwe kliënte, Gysbert en Katinka Jooste, wat vir Alet ’n alleenmandaat op hulle enorme huis aangebied het. Alet wat pas self uit ’n gebroke liefdesverhouding kom, sukkel met die Jooste-egpaar, wie se huwelik al jare lank wankel.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.