RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 50 12.04.2022

Hester konfronteer haar ma oor die baba se graffie in die agtertuin, en vind uit Katinka het destyds ’n skelm verhouding gehad en besluit het op ’n aborsie om hulle gesin te red. Gysbert vra Katinka om al sy meubels en besittings te verkoop, aangesien hy permanent gaan uittrek.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 49 11.04.2022

Alet besoek vir Susan en vertel haar dat sy oor haar liefdespyn met Kerneels is en nie meer terapiesessies wil bywoon nie. Lente stel Diedie voor ’n ultimatum dat hy sy vriendskap en betrokkenheid by Gôgô moet beëindig. Susan vra Lente om vir haar te kom werk wanneer sy die Jooste-huis gekoop het.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 48 08.04.2022

Hester konfronteer haar pa oor die baba wat in hulle agtertuin begrawe is, en is geskok as sy verneem dit was eintlik ’n aborsie wat haar ma gehad het. Gysbert ontmoet Gôgô in die parkie en bespreek die plan dat hulle hom moet ontvoer en R20-miljoen rand van Katinka eis.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 47 07.04.2022

Alet neem vir Susan om die Jooste-huis te besigtig, en Katinka is baie beïndruk met Susan se plan om die huis in ’n rehabilitasiekliniek te omskep. Alet vertel vir Hester die waarheid oor die graffie in haar ouers se agtertuin, wat Hester al die jare gedink het haar ma se oorlede katjie se graf is.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 46 06.04.2022

Alet vertel Katinka dat haar sielkundige, Susan Rademan, belangstel om hulle huis te koop want sy wil dit in ’n tegnologiese rehabilitasiekliniek omskep. Lente besoek Gysbert by die gastehuis, en lig hom in dat Gôgô beplan om hom te ontvoer. Katinka bied aan dat Lente die troue in hulle tuin hou.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 45 05.04.2022

Diedie en Gôgô is bang dat Mia en Lente hulle sal aangee by die polisie, en bedink ’n plan om hulle stil te kry. Lente gaan wys vir Diedie die trourok wat sy beplan om vir Bianca te koop. Diedie bied aan om vir die rok te betaal. Gôgô ontmoet Mia in die parkie, en dreig haar weer om stil te bly oor Gysbert.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 44 04.04.2022

Katinka keer terug, en Lente is verward oor wat aangaan want sy het gedink Katinka is deur Diedie en Gôgô ontvoer. Janco bespreek sy suster Hester met Susan en noem aan haar dat sy dink Hester stel eintlik in vrouens belang. Katinka vertel Janco dat Gysbert nou ook by die gastehuis woon.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 43 01.04.2022

Katinka maak Gôgô ’n beter aanbod in ruil daarvoor dat hulle vir Gysbert moet ontvoer, en haar vrylaat. Janco besluit om terug te keer van die rusoord. Gôgô bespreek die nuwe plan om vir Gysbert te ontvoer met Diedie. Alet verneem dat Susan die Jooste-huis wil koop om te omskep in ’n rehabilitasiekliniek.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 42 31.03.2022

Diedie ontmoet Gôgô in die parkie, en vertel hom dat hy dink Mia sal stilbly oor Katinka se ontvoering. Gôgô kla oor Katinka wat te veeleisend is, en hulle mal maak by die aanhouhuis. Mia en Lente besoek Gôgô se huis, en Lente konfronteer hom oor waar hulle vir Katinka aanhou.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 41 30.03.2022

Janco keer terug van sy sewe dae lange terapiesessie in die korbeelhuis by die rusoord, en bespreek sy plan met sy terapeut Susan Rademan om aandele in sy restaurant vir Denzil te gee. Mia vertel vir Lente dat Diedie onverwags opgedaag het by haar woonstel, en dat sy hom amper doodgeskiet het.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 40 29.03.2022

Alet besluit om terug te keer, en Hester vra of sy saam met haar kan ry aangesien Denzil die huurmotor wil hou om saam met Bianca ’n terapiekursus by die rusoord aan te pak. Lente konfronteer Diedie oor sy betrokkenheid by Katinka se ontvoering, en sy dreig om hulle aan te gee by die polisie.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 39 28.03.2022

Lente is bekommerd omdat Katinka nie die vorige aand huis toe gekom het nie, en wil by Gysbert weet of hy weer met Katinka stry gekry het. Mia word ontslaan uit die hospitaal, en Gysbert gaan haal haar. Lente ontmoet met Mia en vind uit dat Diedie en Gôgô haar gedreig het om stil te bly oor Katinka se ontvoering.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 38 25.03.2022

Denzil en Hester vind die rusoord, en kom af op ’n spul naak dansende mense wat onder begeleiding van dr. Gustav Lemmer besig is met ’n terapiesessie onder die volmaan. Lente is bekommerd oor Denzil by die rusoord en bel vir Hester wat haar inlig dat hulle gevang is vir onwettige toegang by die rusoord.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 37 24.03.2022

Diedie ontmoet vir Gysbert en vertel hom dat Gôgô nou in beheer van Katinka se ontvoering is, en dat hulle ’n nuwe losprys sal vra. Hester en Denzil arriveer in Sutherland en gaan doen navraag by die plaaslike kroeg oor waar die vreemde rusoord geleë is. Denzil raak aan die kuier by die kroeg…

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 36 23.03.2022

Lente vra Gysbert om Denzil te keer om saam met Hester na die rusoord in die Karoo te gaan. Hester laat weet vir Alet dat sy ook rusoord toe kom om haar broer, Janco, daar weg te kry. Gysbert neem Denzil vir ’n rit met sy sportmotor, en vertel hom dat Denzil se ma bekommerd oor hom is.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 35 22.03.2022

Denzil verras Lente met ’n verjaarsdagontbyt. Hester vertel Denzil dat sy Sutherland toe gaan om haar broer te red uit die kloue van die vreemde terapeut, Susan Rademan, en dat Bianca ook by die rusoord is. Gôgô vra Diedie om hom te help om Katinka Jooste te ontvoer, en dat hy die losprys met hom sal deel.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 34 21.03.2022

Hester vertel haar ouers sy dink Janco is agter hulle eiendomsagent Alet aan na die rusoord in Sutherland, en dat hy moontlik verlief geraak het op haar. Gôgô vra Mia om hom te help om haar baas Katinka te ontvoer. Katinka is bekommerd dat Gysbert te veel rondsnuffel oor Mia se ongeluk.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 33 18.03.2022

Gysbert vra vir Lente of sy al van iemand met die naam Gôgô Weyers gehoor het. Diedie vra Denzil om weg te bly van Gôgô Weyers. Lente is besorg oor Bianca wat ook nie meer kontak het met Denzil nie. Gysbert ontmoet vir Diedie en vra hom om Gysbert in kontak te sit met Gôgô Weyers.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 32 17.03.2022

Diedie keer terug van Hawston af en wil by Gôgô weet waarmee hy besig is nadat Bianca hom gebel en vertel het Gôgô het Denzil gevra om vir hulle stockcar te kom ry. Hester is bekommerd oor Janco wat net skielik Sutherland toe is, en vra Denzil of hy kontak gehad het met Janco die afgelope paar dae.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 31 16.03.2022

Katinka is ontsteld toe sy verneem Janco het ook die hasepad gevat Sutherland toe. Lente vind uit dat Denzil en Bianca opnuut probleme het, en hulle is nog nie eers getroud nie. Gysbert besoek Mia in die hospitaal en sy vertel hom van die vreemde man wat haar van die pad gestamp het in sy V6-motor.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 30 15.03.2022

Mia is in ‘n ongeluk met Gysbert se sportmotor toe sy resies jaag met ’n vreemde man met ’n snorretjie in sy ou V6-motor. Bianca is woedend vir Gôgô omdat hy veroorsaak het dat Denzil vir haar jok. Janco besoek Mia in die hospitaal, en besef hy het genoeg van sy ouers se konflik en huweliksprobleme gehad.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 29 14.03.2022

Mia kom haal die sportmotor by Gysbert, en ontmoet sy dogter Hester wat glad nie vriendelik met haar is nie. Katinka ontmoet weer vir Gôgô Weyers, en vertel hom dat Mia toe wel die sportmotor geleen het. Sy vra vir Gôgô om Mia te waarsku om weg te bly van Gysbert, deur ‘n ongeluk met die sportmotor te veroorsaak.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 28 11.03.2022

Janco waarsku Gysbert dat Katinka nie gelukkig is met die nuwe vriendskap wat Gysbert met Mia aangeknoop het nie. Bianca wil nie die bokse met klere wat Hester vir hulle wil gee, aanvaar nie, en sy wil die geld teruggee vir Gôgô. Denzil ontmoet vir Gôgô Weyers, maar besluit om die geld te hou.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 27 10.03.2022

Bianca moet haar pa se beste vriend, Gôgô Weyers, ontmoet om die geld af te haal. Hester besluit om, soos haar broer Janco, ook haar kamer by hulle ouerhuis te ontruim en van al haar kinderjarebesittings ontslae te raak. Katinka maak kontak met Gôgô om haar te help met die ‘Mia en Gysbert situasie’.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 26 09.03.2022

Katinka keer terug van haar besoek aan die Weskus, en is ontsteld as sy verneem Gysbert het vriende geraak met Mia, haar jong werkkollega. Janco vertel vir Hester dat Alet op aanbeveling van haar terapeut, na die rusoord in Sutherland is. Katinka dreig Mia om weg te bly van Gysbert en haar seun Janco.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.