RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 15 18.05.2022

Die inspekteur van onderwys daag by Verlangekraal Hoërskool op.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 14 17.05.2022

Mart probeer Doep troos, maar dit lyk of sy moed gebreek is. Wat hy hierna vir haar sê, vang haar heeltemal onkant.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 13 16.05.2022

Nadat Erlank op die chaos in sy kantoor afkom, ontbied hy Het na sy kantoor, en ‘n groot drama speel hom af.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 12 13.05.2022

Mathilda tempteer Het op die bus, en dit het weer erge gevolge.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 11 12.05.2022

Het toets weer vir Erlank, maar dié keer gaan sy te ver...

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 10 11.05.2022

Die uitskryfwerk word ingehandig, maar Doors word in die pouse lus om te rook, en glip by die hekkie uit...

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 9 10.05.2022

Erlank se hantering van die poppie-probleem eskaleer na iets baie erger.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 8 09.05.2022

‘n Porseleinpoppie veroorsaak groot drama by die skool.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 7 06.05.2022

Net toe dit lyk asof Het se atletiekprestasies ook in die klaskamer herhaal gaan word, is daar ‘n voorval met Maryna.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 6 05.05.2022

Die groot atletiekbyeenkoms breek aan, en Riaslaagte ding met Verlangekraal se hoërskool mee om die gesogte atletiektrofee.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 5 04.05.2022

Meneer du Plessis rig die meisies af, maar Het doen ‘n besering op. En daar loop nare stories oor haar ma op die dorp rond...

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 4 03.05.2022

Daar is groot opgewondenheid oor die atletiek, maar die laaste oefening lê nog voor.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 3 02.05.2022

Wanneer Doors en Het vir atletiek oefen, val sy. Klein Maryna sien dit, en maak ‘n hele gedoente daarvan.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 2 29.04.2022

Die spanning tussen die nuwe skoolhoof, meneer Erlank, en die geliefde Afrikaanse onderwyser, meneer du Plessis, vererger.

HET VAN VERLANGEKRAAL deur Johann Bekker - Episode 1 28.04.2022

In die konserwatiewe Verlangekraal begin ‘n nuwe skoolhoof, meneer Erlank, maar kort voor lank bots hy met die skool se rebel, Het Heiberg.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot) 27.04.2022

Bianca kan nie in haar trourok pas nie, en Lente moet ’n plan met haakspelde maak. Katinka kom af op Gysbert wat skelm wyn drink op die oggend van die troue. Denzil kan die spanning van sy troue nie hanteer nie. Gôgô daag by die troue op vermom as Bianca se tannie Moira.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 59 26.04.2022

Hester vra Katinka om haar verhouding met Alet te aanvaar. Lente verneem Denzil is by die hospitaal in die ongevalle-afdeling, en vra Katinka om saam met haar te gaan. Lente is woedend vir Diedie wat toegelaat het dat Denzil met die stockcar ry aangesien hy dood kon wees.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 58 25.04.2022

Gysbert keer terug na hulle huis, en vertel Katinka dit was eintlik Tallie se vinger met sy trouring daaraan wat Gôgô vir haar gestuur het. Hester bieg teenoor haar pa dat sy lesbies is, en vra sy ondersteuning in haar liefde vir Alet. Denzil oefen met die stockcar en maak ‘n ongeluk toe Bianca opdaag.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 57 22.04.2022

Denzil bied aan om vir Diedie te help met geld vir die troue, deur vir hulle in ’n stockcar resies te gaan jaag. Hester daag by Alet op en nooi haar vir ’n romantiese ete. Lente vra Denzil om vir Bianca te vat om haar trourok te gaan aanpas, maar vertel nie sy ma van sy plan om stockcars te ry nie.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 56 21.04.2022

Denzil en Bianca keer terug van die rusoord, en trek in sy ma se huis om in te bly tot ná hulle baba gebore is. Katinka vra Lente om saam met haar te kom sodat hulle vir Gysbert by die aanhouhuis kan gaan haal. Gôgô moet dringend vir Tallie hospitaal toe vat nadat sy hand septies raak.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 55 20.04.2022

Katinka ontmoet met Gôgô en vertel hom sy gaan nie die R20-miljoen losprys vir Gysbert betaal nie. Janco nooi vir Mia om saam met hom na die rusoord in die Karoo te gaan. Gôgô stel aan Gysbert voor dat hulle sy vinger afsny en vir Katinka stuur om haar te kry om die losprys te betaal.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 54 19.04.2022

Lente wys vir Diedie die Jooste-huis se tuin, en hulle beplan waar en hoe Bianca en Denzil se troue gehou sal word. Katinka hou ’n afskeidspartytjie vir Mia, en is verras wanneer Mia ’n glas sjampanje in haar gesig gooi. Katinka besluit om die verkoop van hulle huis aan Susan Rademan terug te trek.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 53 18.04.2022

Gôgô vertel vir Diedie dat hulle Gysbert ontvoer het, maar dat hy nog moeiliker is as Katinka. Hy word die heeltyd saam met Tallie dronk word, en wil net rugby kyk. Janco vertel vir Alet dat hy terug na die rusoord in die Karoo gaan waar hy die 18-44 terapiekursus gaan aanpak. Gôgô stuur die losprysbrief vir Katinka.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 52 14.04.2022

Katinka konfronteer Mia oor haar verhouding met Gysbert, en vra haar om weg te bly van hulle gesin. Diedie ontmoet Lente en vertel haar dat hy klaar is met Gôgô se skelmstreke en vorentoe ’n ordentlike pa en oupa vir Bianca en Denzil sal wees. Alet lewer die getekende huiskoopaanbod by Katinka af.

ALLEENMANDAAT deur Charles J. Fourie - Episode 51 13.04.2022

Katinka vra Lente om vir haar Bianca se trourok te wys. Janco en Gysbert speel gholf, en Gysbert vertel hom van sy kuier saam met Katinka. Gysbert laat homself deur Gôgô ontvoer, en hulle daag by die aanhouhuis op waar Gysbert vir Tallie ontmoet. Janco konfronteer sy ma oor haar aborsie.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.