RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 50 31.08.2022

Dennis September word gevra om “een vir die span te vat”. Hy wik en weeg, maar hy tog “vat hy een vir die span.” Ongelukkig is “Moeilikheid” steeds Dennis se middelnaam. Hierdie keer is dit ook nie anders nie. Dis moeilikheid op groot skaal. Iemand op die dorp is op ‘n skrikwekkende missie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 49 30.08.2022

Florence Viljoen is op ‘n missie. Iemand uit haar werksdae skuld haar ‘n guns, en dit help haar om belangrike inligting te bekom. Sonja en Pietman Radlof kom uiteindelik tot ‘n vergelyk, maar Sonja en Buks Marais moet ook tot die een of ander vergelyk kom. En dis nie so maklik nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 48 29.08.2022

Die arme Glennis de Bruyn is ontredderd ná die skietery. Florence Viljoen beskou die skietery as ‘n geleentheid wat die noodlot haar bied om te krap waar sy nie voorheen kon krap nie. En krap, kráp sy. Sy kom op baie interessante inligting af, wat ‘n heel nuwe perspektief na vore bring.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 47 26.08.2022

Dis asof Andries Roux daarop uit is om verskeie mense verkeerd op te vryf. Dit skep wrywing en gee aanleiding tot meer as een ongelukkige onderonsie. Die weduwee Tillie Visagie se naam duik op, en skep ‘n taamlike gefladder. Die dag eindig met skokkende nuus.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 46 25.08.2022

Die drie musketiers hou ‘n reünie. Buks Marais is in die spervuur - eers word hy gekonfronteer oor sy geheime gesprek met Sergio Frittelli. Daarna hoor hy hy huur ‘n wynkelder in Hanepootbult. Dis duidelik, meer as een inwoner van Wingerdsvlei loop soos bloedhonde op sy spoor.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 45 24.08.2022

Geraamtes tuimel met reëlmaat uit verskeie kaste. Pietman Radlof word weer eens met ‘n lelike waarheid gekonfronteer. Florence Viljoen voel sy is besig om haar integriteit te verloor. Andries Roux is op ‘n missie van sy eie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 44 23.08.2022

Rossouw se besoek aan Wingerdsvlei vlek vele geheime oop, en sorg vir meer as een verslae gees. Niemand is méér verslae as Florence Viljoen nie. Sy weet nie waar om haar kop in te druk nie. En dis nie asof die ellende oor en verby is nie, nee, dit voel of die ellende van voor af begin. Angie Nagel besluit ferm optrede is nodig.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 43 22.08.2022

Dennis September doen sy werk as plaasvoorman. Die wingerd moet vir swamsiekte gespuit word, en daarvoor is plaagdoder nodig. Skielik ontketen die plaagdoder ‘n ligte storm op die Maraislandgoed. Sonja Radlof word in ‘n blik gedruk, en sy wys noodgedwonge haar hand vir Buks Marais. Dít veroorsaak ‘n groter storm as die plaagdoder. Die handskoene word uitgetrek. Dis elkeen vir homself.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 42 19.08.2022

Florence Viljoen word tot in haar siel geskud. Sy kan nie glo wat sy hoor nie, maar die nodige dokumentasie staaf die inligting. Sy besluit om daadwerklik op te tree. Sonja Radlof is slim en slinks. Dis soms moeilik om te onderskei of sy besig is om slim of slinks te wees.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 41 18.08.2022

Foto’s is goeie getuienis om op die tafel te sit. Rossouw het minstens twee goeie foto’s. En dit vertel ‘n interessante verhaal. Pietman Radlof se ergste nagmerrie word waar.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 40 17.08.2022

Rossouw werk deur sy lysie besoeke, en hy maak steeds vyande so ver hy gaan. Die pakkie kokaïen het ‘n lelike nadraai. Te midde van die chaos sluit twee individue van wie dit die minste verwag word, tog ‘n pakt om mekaar te help.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 39 16.08.2022

Rossouw is nie op Wingerdsvlei om vriende te maak nie. Hy het gekom vir “unfinished business”. Daarom is hy op die man af en vryf hy meer as een inwoner verkeerd op. In dié proses kom die waarheid oor sekere inwoners se doen en late in die verlede, aan die lig. En dis nie altyd vleiend nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 38 15.08.2022

Moenie Sonja Radlof verkeerd opvryf nie. Dis of jy die duiwel in haar wakker maak. Dis wat Buks Marais en Pietman Radlof vir die soveelste keer uitvind. Dennis September leer skielik by die beste ‘n les of twee.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 37 12.08.2022

Rossouw maak onverwags sy verskyning op Wingerdsvlei, haak sy karavaan en ry dam toe. Weldra vind Wingerdsvlei uit Rossouw is ‘n man met ‘n missie. Dis asof hy die stem geword het wat namens sy ma Rietie Rossouw en haar boesemvriendin, Michelle Marais, sê wat gesê moet word. Dit maak hom spoedig ‘n gehate man.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 36 11.08.2022

Florence Viljoen en Angie Nagel besluit om druk op Buks Marais te sit. Hulle beraam ‘n slim plan, maar soms vang slim sy baas. Florence spartel om uit die verknorsing te kom. Angie Nagel word stilweg ‘n bogemiddelde speurder, en sy geniet dit om van tyd tot tyd met verrassende inligting vorendag te kom.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 35 10.08.2022

Een van Sonja Radlof se geraamtes val uit die kas, juis wanneer sy dit nie eintlik kan bekostig nie. Dít dwing haar om haar skeisaak te finaliseer, maar dis of jy die duiwel in Sonja wakker maak as jy haar wil dwing om iets te doen. Glennis de Bruyn se afdanking veroorsaak steeds meer as ‘n gefladder. Wie kry slegte nuus?

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 34 09.08.2022

Die koerant se funksie in die gemeenskapsaal bly opslae maak. Wie ook al Sergio Frittelli nie ernstig opneem nie, maak ‘n ernstige fout. Hy is baie beter op die dorp ingegrawe as wat Florence Viljoen besef. Dennis September glo die man het tot ‘n mafiabaas op die dorp ontwikkel, wat nog groot moeilikheid op Wingerdsvlei gaan veroorsaak. Kort voor lank daag die eerste moeilikheid by Kweek & Koffie...

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 33 08.08.2022

Sonja, die sakevrou, blom. Sy laat niks in haar pad staan nie. Haar bates word net eenvoudig meer. Die arme Glennis de Bruyn soek werk en sy sal enigiets vat wat na haar kant toe kom. Daar is ‘n belangrike funksie in die gemeenskapsaal.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 32 05.08.2022

Sonja Radlof is op die oorlogspad, en sy eenvoudig onredelik. Nie almal om haar laat haar nie toe om te maak soos sy wil nie. Dennis September weet van ‘n nare plan wat beraam word, en hy weet hy kan nie daaroor stilbly nie. Dit dwing hom om ‘n belangrike besluit te neem.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 31 04.08.2022

Dennis September se dreigende afdanking verloop glad nie soos Buks Marais sake gevisualiseer het nie. Maar dis die minste van Buks se probleme. Pietman Radlof is desperaat om van Sonja Radlof te skei. Só desperaat dat hy selfs Buks se hulp inroep. Maar Sonja laat haar nie voorskryf nie, en die dreigende situasie ontplof uitendelik.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 30 03.08.2022

Dis goed om Florence Viljoen en Angie Nagel aan jou kant te hê. Hulle gee vir hulle naaste om, en as dit nodig is loop hulle ‘n ekstra myl. En dis net mooi wanneer Buks Marais en Sonja Radlof hulle in Pietman Radlof se leed verlustig, wat Florence en Angie tot die stryd toetree, maar elke aksie het ‘n reaksie, het Dennis September se oorle’ pa altyd gesê.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 29 02.08.2022

Die identiteit van die tweede liggaam wat uit die sand by die dam gegrawe is, word bekend gemaak, en skielik is dit chaos -dis mense wat uit Wingerdvlei verdwyn het, maar in die sand by die dam gevind is. Is daar enige verbintenis tussen die vermoordes? Wie word aangeraai om ernstig aan ‘n goeie prokureur te dink?

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 28 01.08.2022

Die groot dag in Glennis de Bruyn se lewe breek aan. Sy moet die spesialis gaan sien oor die uitslag van die biopsie wat gedoen is. Daar sak ‘n verslaentheid oor haar vriendekring toe. Niemand weet waar sy is nie. Sy het niemand gevra om haar te vat of haar te vergesel nie. Hoe hard hulle ook al na haar soek, hulle kry haar nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 27 29.07.2022

Die tweede liggaam wat by die dam uit die sand gegrou word, stuur skokgolwe deur Wingerdsvlei. Eers wil almal weet of dit ‘n man of ‘n vrou is. Angie Nagel begin krap met nuwe inligting wat sy gekry het. Waar kom dit vandaan?

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 26 28.07.2022

‘n Nuwe hoofstuk breek in Angie Nagel se lewe aan wanneer sy in die woonstel agter die apteek intrek wat sy gekoop het. Al haar besoekers is nie ewe welkom nie. En net wanneer Dennis September dink die einde van die “bruin koffertjie” het uiteindelik aangebreek, maak die ding weer erge moeilikheid vir hom.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.