RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 25 27.07.2022

Nog nooit het een koffertjie soveel bespreking ontlok nie. Daar is meer vrae as antwoorde. En dan stop die damwerkers weer alle werksaamhede by die dam en die hele dorp tou dam toe. Die televisiewaens sak van oral af op Wingerdvlei toe. Skielik gons die land nie langer oor Wingerdsvlei se voortreflike wyne nie - dit gons oor die moorde op die dorp.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 24 26.07.2022

Die bruin koffertjie maak amok. Die arme Dennis September weet nie vorentoe of agtertoe nie. Hy berou die dag wat hy die koffertjie raakgesien en oopgemaak het. Dis asof die koffertjie hom al die pad aan die agterent hap.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 23 25.07.2022

Florence is impulsief van geaardheid, maar sy tree van nature in die bresse vir die verontregte. Haar metodes is nie altyd konvensioneel nie. Soms is sy soos ‘n bulhond wat nie los as sy eers gebyt het nie. En die bruin koffertjie haal dit alles uit Florence!

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 22 22.07.2022

Pietman Radlof het besluit om Sonja Radlof met ‘n egskeidingsbevel storm te loop en haar aan te vat. Natuurlik sal Sonja dit nie gelate aanvaar nie. Sy sal nooit ondergaan sonder ‘n geveg nie. Dis asof Pietman die slegste in haar uitbring.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 21 21.07.2022

Florence Viljoen het nie ‘n einde nie, en Andries Roux moet dit ontgeld. Buks Marais kry meer as een verrassing. Hoe hard Dennis September ook al probeer om laag te lê, die moeilikheid sien hom raak.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 20 20.07.2022

Michelle Marais begin spook by Buks Marais en Sonja Radlof. Nuwe planne is nodig en kan nie langer uitgestel word nie. Pietman Radlof verras vriend en vyand. Andries Roux is stom oor Florence se mal plan, maar Florence is ‘n weduwee en weduwees is Andries se achilleshiel.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 19 19.07.2022

Glennis de Bruyn is by ‘n kruispad in haar lewe. Sy moet dringend ernstige besluite neem. Dennis September weet nou verseker die lewe se sonkant het hom die rug gekeer. Florence Viljoen het geen genade vir hom nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 18 18.07.2022

Dit word ‘n dag wat sowel Dennis September as Glennis de Bruyn wil vergeet… as hulle maar kon. Dis of die moeilikheid al agter Dennis aanloop. Angie is terug uit Stellenbosch, en sy loop haar in Buks Marais vas. Sy kry hulp uit ‘n onverwagse oord.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 17 15.07.2022

Daar is ‘n bruin koffertjie op ‘n rak in die buitegebou op die Maraislandgoed. Dit was altyd daar, feitlik al twee jaar lank. Maar noudat Dennis September die buitegebou reggepak het, is die bruin koffertjie soek, en skielik is die Maraislandgoed in rep en roer.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 16 14.07.2022

Dis moeilik om twee kliënte oor dieselfde saak tevrede te hou. Tog probeer Andries Roux om dit te doen. Florence Viljoen kom agter dis toe nie so maklik om ‘n belofte gestand te doen nie. Die skurke wat die pakkie kokaïen soek, is onverbiddellik.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 15 13.07.2022

Die stinkryk weduwee van die Kaap, Sally April, is die obderwerp van meer as een bespreking, en dis duidelik sy krap waar dit nie behoort te jeuk nie. Dennis September begin vas te glo sy tweede naam is Moeilikheid. Dis net die diepte daarvan wat van dag tot dag verskil.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 14 12.07.2022

Dis bedrywig by die dambouery waar alle werksaamhede eers opgeskort is. Dis of die hele dorp kom kyk of die nuus waar is. Kort voor lank daag ook al wat ‘n televisiekamera is op. Almal spekuleer oor wat gebeur het. Andries Roux is vol aardskuddende nuus.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 13 11.07.2022

Buks Marais is nie bekend vir sy geduld nie. Sonja Radlof is nie ‘n vrou wat jy in ‘n blik druk nie. Die konfrontasie tussen die twee borrel, en dreig om oor te kook. Buks hou die hef in die hand vanweë iets wat in die donker verlede gebeur het, en wat hy gepas misbruik. En toe gebeur wat die twee allermins verwag…

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 12 08.07.2022

Die voorval by die dam laat verskeie mense soontoe jaag. Buks Marais begin met sy volgende slinkse plan. Glennis de Bruyn wroeg, en kry nie rus vir haar siel nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 11 07.07.2022

Andries Roux bly gewild, en die vroue staan tou om met hom sake te doen. Dit klink of hy geld daaruit kan maak, en geld is altyd welkom. Angie Nagel praat haar mond verby.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 10 06.07.2022

Skuldgevoel is soms so erg soos tandpyn. Dennis September loop met die skuldgevoel, en Florence Viljoen die tandpyn. Florence waag dit tandarts toe, maar Dennis weet naderhand nie watter kant toe met sy skuldgevoel nie. Andries Roux is ‘n geseënde man met drie beeldskone vroue, wat dit in sy deurmekaar kantoor waag.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 9 05.07.2022

As afgetrede redakteur van die Wingerdnuus bly Florence Viljoen goed ingeskakel by nuusgebeure, veral dié op Wingerdsvlei. Sy kan ‘n vriendin duisend wees, maar sy sukkel soms om haar emosies in toom te hou waar sy van mening is dat ongeregtigheid besig is om handuit te ruk. Dit word dan tipies ‘n geval van “sê jou sê” en “besin later.”

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 8 04.07.2022

Tersia is bekommerd, en dit blyk gou dat haar bekommernisse is nie ongegrond nie. Dennis beleef ‘n dag wat hy graag wil vergeet, maar Buks Marais maak dit nie moontlik nie. Sy besoeke aan die dam-in-wording word nagmerries. Andries Roux begin al hoe meer krap waar dit vir ander mense nie jeuk nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 7 01.07.2022

Die wending in Rossouw se gesondheid dwing Angie Nagel om ‘n nuwe staanplek vir sy karavaan te kry. Sy kry die wind van voor. Dennis September is vol goeie bedoelings, maar dit is geen waarborg vir die suksesvolle deurvoering van sy planne nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 6 30.06.2022

Soms stuur die verloop van die lewe mense op nuwe paaie, en is nuwe uitdagings aan die orde van die dag. Rossouw se ontvoering begin om van die inwoners in Wingerdsvlei se lewe beduidend te beïnvloed. Daar is skielik baie vrae, nuwe onsekerhede en uitdagings. Almal hanteer dit nie ewe goed nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 5 29.06.2022

Tersia Radlof huil oor haar flenterdroom. Sy is kwesbaar. Enige aanloklike aanbod kan maklik met haar kop smokkel. Buks Marais weet dit maar alte goed. Daarom aarsel hy nie om Tersia met ‘n baie aanloklike aanbod te konfronteer nie.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 4 28.06.2022

Die Maraislandgoed sou nie naastenby so goed presteer het, was dit nie vir sy voorslag voorman Dennis September nie. As Buks Marais sê “Spring!” vra Dennis “Hoe hoog, Meneer?” sonder ‘n woord teëspraak. Maar noudat Dennis vir Glennis de Bruyn by Kweek & Koffie raakgesien het, sluip daar soms aarseling in sy werksywer in. Hy sukkel om verby haar huis te ry, en dit kry hom spoedig in die moeilikheid...

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 3 27.06.2022

Die Maraislandgoed behoort aan die bekende wynmeester Buks Marais. Vandat sy vrou hom twee jaar gelede gelos en landuit is, is sy naam aan meer as een dame gekoppel. Maar in hierdie dae borrel die skindertonge oor net een naam: Sonja Radlof!

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 2 24.06.2022

Daar hang ‘n geur van hartseer in die hele Kweek & Koffie. Selfs die voëltjies in die tuin is minder opgewek. Andries Roux is nie die beste privaatspeurder in Wingerdsvlei nie, maar hy is die enigste een. En sy dienste word benodig.

OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 1 23.06.2022

Dis Wingerdsvlei se troue van die jaar. Tersia Radlof is ‘n prentjiesmooi bruid. Die kerk is vol gaste, dominee wag en die orreliste is reg om die troumars te speel. Al wat kortkom is Rossouw Rossouw, die ingenieur en dambouer. Hy het besluit om in sy karavaan by die dam aan te trek.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.