RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 15 05.10.2022 13:19
Gys word opgeneem. Evelyn en Stella wag om te hoor wat die dokter sê. Evelyn loop in Speurder Theron vas. Sy is erg onkant gevang. Sy weier egter om na hom te luister of te hoor wat hy te sê het. Sy versoek hom ook om nie dinge op Duinebult vir haar te kompliseer nie. Steward het nog steeds niks goeds van Gys te sê nie, en dit veroorsaak konflik tussen hom en Evelyn.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 14 04.10.2022 14:22
Trix deel haar geheim met Riekie. Gys is in die moeilikheid, en Stella moet orals vure doodslaan. Evelyn is baie duidelik wanneer sy sê sy het genoeg van Gys en sy moeilikheid gehad.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 13 03.10.2022 13:12
Trix oorreed vir Jana om ’n ete by haar huis te hou en Op dié manier ’n paar mense te leer ken. Sy maan Riekie en Jana teen eensaamheid. Du Preez loop ook deur, want Trix se oë mis niks nie, veral nie as dit met moontlike liefde te doen het nie.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 12 30.09.2022 15:02
Jana gaan soek meer inligting oor Piet Bakkievanger by Trix. Baie benoud gaan vra sy vir Du Preez om ’n ogie oor haar en haar huis te hou. Du Preez se reaksie maak dat sy amper onmiddellik spyt is. Riekie ontferm haar oor Dawie, maar moet heeltyd lofliedere oor Bessie en haar kwaliteite aanhoor. Dawie klink maar vol fiemies. Riekie is nie seker of sy haar lewe daarmee wil kompliseer nie.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 11 29.09.2022 15:07
Wikus en Armani is aanmekaar omdat Wikus nie sy oë van ander vroue kan afhou nie. Dit is gou duidelik dat Armani ook maar net ’n poppie is wat daarvan hou dat ander haar ego streel. Vinkel en koljander, die een is nes die ander. Jana se uitstalling in die Bo-Kaap is ’n reuse sukses. Sy en Jakes is baie tevrede oor die uitkoms. Dit is egter met haar terugkeer na Duinebult dat sy hoor dat daar dinge...
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 10 28.09.2022 15:13
Riekie kan nie wag om vir Trix te vertel wat gebeur het nie. Trix is soos gewoonlik die ‘oor’ en gee raad, en speel steeds Cupido. Sy maak ook seker Jana woon die strandpartytjie by, en is heel tevrede met die uitkoms. Maar net die volgende dag spat die vonke weer tussen Jana en Du Preez.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 9 27.09.2022 13:52
Stella en Gys handhaaf ’n wapenstilstand. Gaan dit hou of sal Gys weer iewers uithaak? Riekie is omgekrap oor Dawie en Bessie se eskapades. Sy wend haar na Trix. Is dit wys? Sal Trix vir Riekie in die regte rigting help, of van die wal af in die sloot? Du Preez is ook nie uitgesluit by haar planne nie. Hy is net ’n bietjie meer lugtig vir Trix en haar liefdespyltjies.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 8 26.09.2022 14:31
Gys het nie net probleme by die huis nie, maar dinge raak ook vir hom warm by die skool. Behalwe vir die landloopseisoen wat begin het, lê daar ook ’n toetsreeks vir Vytjie en Thys voor. Stella wil Riekie help om vir Dawie te oorrompel, maar Riekie is skepties, gegewe al die weduwees wat hulle voor Dawie se voete gooi.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 7 23.09.2022 14:21
Het Gys hierdie keer te ver gegaan? Evelyn ontferm haar oor Stella en haal haar daardeur Steward se gramskap op die hals. Jana en Evelyn ontmoet mekaar, en Jana en Du Preez se paaie kruis ook weer.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 6 22.09.2022 14:54
Die inwoners takel Steward in ’n vergadering oor viskwotas, die beheerliggaamposte en beloftes oor werkskepping. Riekie, wat haar ook beywer vir dievissergemeenskap, is ook teenwoordig. So ook Pastoor Veldsman. Riekie is nie heeltemal tevrede met die uitkoms van die vergadering nie en nader pastoor Veldsman daaroor.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 5 21.09.2022 12:21
Trix en Jana leer mekaar beter ken. Du Preez reik uit na Jana, maar nes hy dink hulle kan moontlik vriende wees, dan trek sy terug. Evelyn sit aan Steward om Spring Tide Holdings so ver te kry om hulle beloftes oor Duinebult en sy mense na te kom.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 4 20.09.2022 12:56
Pastoor Veldsman praat met Tryna oor sy bekommernis oor Vytjie. Speurder Theron is besig met sy ondersoek oor Piet Bakkievanger se verdwyning. Du Preez iseen van sy verdagtes. Die twee is al met die speurder se eerste besoek haaks. Tryna maak haar hart op ’n skrefie oop vir Jana, maar Jana hou haar eie seer dig gesluit. Du Preez lê weer besoek af by sy buurvrou, en word hierdie keer ’n bietjie bet...
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 3 19.09.2022 15:04
Vytjie weier om in die see te swem. Die see het dan haar en Thys se pa’s kom vat. Boonop op ’n manier wat glad nie vir haar sin maak nie. Du Preez ontmoet vir Jana, sy nuwe buurvrou, en die vonke spat onmiddellik. Tryna sit met haar eie hartseer en probeer dit van Vytjie af weghou. Vy ken haar ma egter te goed en word nie deur haar om die bos gelei nie. Sal tyd alles beter maak?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 2 16.09.2022 13:01
Hoekom doen Gys wat hy doen? Sal Evelyn agter die kap van die byl kom? Hoe lank sal Stella nog sy fisiese mishandeling verduur?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 1 15.09.2022 14:19
Riekie vertel vir Trix van die nuwe aankomeling op die dorp. Wie is sy en wat kom doen sy op Duinebult? Tryna stel haarself aan Jana bekend en bied haar hulp aan om die huis leefbaar te maak. Hoekom is Gert so ontsteld nadat Jana by die hotel aangekom het? En hoekom rep niemand ’n dooie woord oor Piet nie?
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 60 (slot) 14.09.2022 16:16
Dit gons op die dorp. Vir die eerste keer in Wingerdsvlei se geskiedenis word drie mense kort na mekaar vir verskillende moorde in hegtenis geneem. Florence Viljoen en Angie Nagel klink ‘n glasie op hulle puik speurwerk.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 59 13.09.2022 14:41
Tersia Radlof besluit haar pa se lewe moet gevier word. Dis ‘n dag waarin die goeie van ‘n mens onthou en gedeel word. Buks Marais wend een laaste deperate poging aan om Sonja Radlof van mening te laat verander. Dennis September oortref homself.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 58 13.09.2022 16:02
Die lewe loop nooit regtig soos jy in jou hart hoop dit moet nie. Na dese besef Wingerdsvlei se mense dit meer as ooit. Een mens kan die verloop van sake erg beïnvloed, soos Tillie Visagie gedoen het. Die vraag is: hoe maak die stukkendes reg wat stukkend is? Is dit moontlik?
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 57 09.09.2022 15:44
Pietman Radlof neem ‘n paar groot besluite. Net die tyd sal leer of hy in alle opsigte wys besluit het. Florence Viljoen laat geen steen onaangeroer om die polisie te oortuig dat Sonja Radlof, eerder as Buks Marais, hulle staatsgetuie moet word nie. ‘n Benoude kat maak wilde spronge, en skielik is Buks besig om benoude spronge te maak.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 56 08.09.2022 15:24
Angie Nagel sal baie speurders in die skadu stel met die presiesheid waarmee sy sake ondersoek. Sy verras sowel Sonja Radlof as Andries Roux met inligting wat sy bymekaar gemaak het.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 55 07.09.2022 14:35
Die polisieratte knars stadig in werking, en lasbriewe word uitgereik vir die deursoeking van huise en persele. Een ding is seker, Buks Marais sal sorg dat hy nie aan die polisie se verkeerde kant beland nie. Pietman Radlof is nie só gelukkig nie. Andries Roux is gesond genoeg om uit die hospitaal ontslaan te word. Wie gaan haal hom by die hospitaal?
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 54 06.09.2022 15:00
Wat het die noodlottige oggend regtig gebeur toe Michelle op die Maraislandgoed gesterf het? Hoe betrokke was wie, by die weduwee Tillie Visagie? Die bruin koffertjie spook skielik weer by Florence Viljoen.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 53 05.09.2022 14:54
Buks Marais besef maar alte goed Sergio Frittelli is nie ‘n man van sy woord nie, en hy is in diep moeilikheid. Hy wend hom na Dennis September, en dis wanneer Dennis besef moeilikheid bly hom by al doen hy wat. Glennis de Bruyn kom op interessante dokumente af.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 52 02.09.2022 14:27
Wingerdsvlei staan opnuut geskok by sy nuwe dam in wording. Dis gou bekend wie die nuwe damsandslagoffer is. Die dorp is verslae. Wie moor so onder die dorp se inwoners? Buks Marais doen ‘n goeie ding. So goed, dat Angie Nagel uitry plaas toe om hom daarvoor te bedank, maar sy is net betyds vir die volgende skok wat Wingerdsvlei soos ‘n bom tref.
OU LIEFDE ROES deur Joe Kleinhans - Episode 51 01.09.2022 14:38
Wingerdsvlei word geskud deur ‘n aggressiewe weduwee. Tersia doen ‘n ontdekking wanneer sy die karavaan skoonmaak. Dennis September probeer steeds om Glennis de Bruyn se hart sag te maak. Die deurdringende reën maak egter niks op die dorp maklik nie. En dan volg skokkende nuus…
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.