RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 40 09.11.2022 13:36
Gys en Evelyn loop mekaar raak langs Leonard se hospitaalbed. Is Evelyn regtig so onaangeraak deur Leonard se teenwoordigheid op Duinebult soos sy te kenne gee, of nie? Trix is nie meer so verlief soos sy gedink het nie, terwyl Du Preez die knoop so vinnig moontlik wil deurhaak. Piet maak sy verskyning terwyl Jana by Du Preez is. Du Preez moet noodgedwonge verduidelik.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 39 08.11.2022 15:38
Steward raak bietjie senuagtig omdat sy en Kromhout se planne nie heeltemal verloop soos dit moet nie. Hy en Evelyn is ook nie op ’n goeie plek nie. Verder hou Leonard Theron vir hom ook nog ’n bedreiging in. Gelukkig is alles wat op Duinebult gebeur nie net negatief nie. Evelyn en Riekie maak vrede, en Dawie is dapper genoeg om die groot vraag te vra.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 38 07.11.2022 14:52
Steward en Evelyn stamp koppe. Speurder Theron probeer agterkom hoekom Evelyn dink hy was ontrou aan haar. Is Steward wie hy voorgee om te wees, of kom sy ware kleure nou na vore?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 37 04.11.2022 14:59
Wikus wil nie aanvaar dat Jana hom nie wil terughê nie. Hy probeer om Du Preez aan te vat. Sal hy regkom? Gert bieg teenoor Steward dat hy verantwoordelik is vir Vytjie se swangerskap. Du Preez maak die ontwikkeling ook nou sy besigheid. Wie steek wat weg?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 36 03.11.2022 15:55
Pastoor praat met Tryna oor haar en Emily se vriendskap. Tryna besef sy sal moet gaan regmaak. Sy voel immers verantwoordelik dat Thys die pad byster geraak het.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 35 02.11.2022 14:45
Du Preez gesels weer met Piet oor die aand wat Llewelyn en Allister sogenaamd verdrink het.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 34 01.11.2022 15:03
Wikus daag onverwags op Duinebult op. Hoekom sê Jana nie hoekom hy daar is nie? Wat het Riekie van Kromhout gesien wat sy eers vir haarself wil hou?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 33 31.10.2022 14:01
Steward en Evelyn is haaks oor Gys. Steward glo steeds daar steek niks in Gys nie, net totdat hy ontdek Gys het Steenkamp se grond gekoop. Dis grond waarop Spring Tide Holdings met alle mag hulle hande wou lê. Steward word verder ontstel toe hy uitvind van Lennie Theron se teenwoordigheid op die dorp. Hy waarsku Evelyn vroegtydig om van Lennie af weg te bly. Evelyn hou nie daarvan dat Steward haar...
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 32 28.10.2022 13:56
Die gemoedere loop hoog. Riekie is omgekrap oor wat gebeur het. Stella is in die middel van al die bespiegelinge en praatjies, terwyl Gys verwag sy moet hom glo. Wat maak sy? Wie glo sy? Gys se geskiedenis tel teen hom. Sal Gys toelaat dat die skinderpraatjies en Steward se dreigemente hom onder kry? Of sal hy deurdruk en die geleentheid gebruik om vir hom en Stella ’n nuwe toekoms te bou?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 31 27.10.2022 14:20
Piet kom agter hy het Du Preez oor die kop geslaan, en nie vir speurder Theron nie. Du Preez waarsku hom om nie goed sonder sy medewete te doen nie. Trix is agterdogtig oor Steward en Spring Tide Holdings se grootkop, Kromhout. Gys is in die sewende hemel want die bank het sy besigheidsplan goedgekeur. Sy vreugde is egter van korte duur. Stella konfronteer hom oor die stories dat hy die pa van Vyt...
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 30 26.10.2022 14:59
Speurder Theron is hard aan die werk want die mense van Duinebult hou hom besig. Hy besoek Tryna en Vytjie in verband met die skietery, maar ondervra ook vir Du Preez. Hy glo vas locals wat onwettig duik, is verantwoordelik vir die skietery. Net toe Du Preez dink hy is ontslae van speurder Theron, daag hy weer by Du Preez se huis op met verdere beskuldigings. Iemand wat kort daarna by Jana se huis...
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 29 25.10.2022 13:52
Tryna is in die arm geskiet, en word in die hospitaal opgeneem. Jana en Du Preez spring in en staan Vytjie by. Thys is nie net bekommerd oor wat met Tryna gebeur het nie, maar is ook bekommerd omdat Vytjie nog nie vir Tryna gesê het dat hy nie die pa van haar kind is nie.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 28 24.10.2022 15:07
Tryna deel die nuus dat Vytjie swanger is met Jana en met pastoor Benjamin. Beide van hulle is, anders as wat sy verwag het, baie ondersteunend. Pastoor laat val dat Tryna vir hom spesiaal is, maar Tryna is so vasgevang in haar omstandighede dat sy dit nie hoor nie. Vytjie het steeds nie gesê wie die pa van haar kind is nie. Tryna en pastoor bespiegel dat dit is omdat sy die pa wil beskerm.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 27 21.10.2022 15:01
Tryna vind uit Vytjie is swanger. Sy neem dadelik aan dat Thys die pa van die kind is. Sy loop hom tromp op. Thys ontken dat hy aan Vytjie geraak het. Hy konfronteer Vytjie, maar dit loop op niks uit.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 26 20.10.2022 15:00
Piet Bakkievanger verskyn op die toneel. Hoekom skuil hy in Du Preez se huis? Jana en Du Preez gaan op hulle grondpadtoer. Sal hulle hulle nuus deel of nie? Wikus kom op Duinebult aan, maar moet teleurgesteld huistoe gaan. Is Vytjie siek, of is dit net eksamenstres?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 25 19.10.2022 14:48
Wikus beplan om sonder Armani weg te gaan. Jana se kunsuitstalling vind plaas, en is ’n groot sukses. Met sy terugkeer uit die Kaap, skryf Du Preez ’n band af. Trix en Jana maak oop teenoor mekaar.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 24 18.10.2022 12:41
Jan, Wikus se privaatspeurder, bring vir hom inligting oor Jana. Du Preez kom tot Jana se redding, nie net wat betref haar beplande toer nie, maar ook haar uitstalling. Trix is in die wolke oor die nuus wat sy by Du Preez kry, maar du Preez versoek haar om Cupido se pyle te bêre.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 23 17.10.2022 14:42
Wikus en Armani kan net nie hulle geskille oplos nie. Tryna bly bekommerd oor Vytjie. Jana bied egter ’n oplossing aan. Die vraag is of dit die oplossing vir alles sal wees?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 22 14.10.2022 13:45
Tryna en Thys kry uiteindelik vir Vytjie. Thys is kwaad vir Vytjie omdat sy haar ma onnodig bekommerd gehad het. Tryna bly bekommerd oor Vytjie wat nie wil sê wat fout is nie, en ook nie meer kans sien vir Duinebult nie. Du Preez praat oor sy gevoelens met Jana. Jana is nog versigtig. Sy het eenmaal seergekry. Sy sien nie weer kans daarvoor nie.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 21 13.10.2022 13:59
Vytjie is nie haarself nie, en het almal op hol. Sy tree heeltemal buite haar aard op, en niemand weet hoekom nie.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 20 12.10.2022 15:47
Wikus en Armani is weer haaks. Duinebult se mense maak amok nadat Spring Tide Holdings twee locals wat in besit van perlemoen was, aangerand het. Riekie en Dawie sit op. Trix moet inspring en raad gee. Dawie loop steeds lig as dit by Riekie kom.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 19 11.10.2022 14:53
Stella en Gys se verhouding floreer. Steward haal vir Evelyn oor die kole omdat sy hom en sy burgemeesterskap ondermyn. Vytjie is in die sewende hemel. Nie net gaan dit goed met haar afrigting nie, maar meneer Van der Veen verras haar ook met ’n geskenk. Tryna waarsku haar om nie te naïef deur die lewe te gaan nie. Vytjie dink sy het die wysheid in pag om nie deur mense om die bos gelei te word ni...
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 18 10.10.2022 14:32
Thys en Vytjie sit vas oor meneer Van der Veen en die skinderstories en venyn omdat hy haar apart afrig. Evelyn vererg haar vir Riekie en haar stories, en laat haar dit goed verstaan. Sy lig Stella daaroor in. Stella sê sy sal haar nie aan die skinderstories steur nie, aangesien Gys in wese verander het en dit elke dag wys in sy optrede, maar die saad van twyfel blyk gesaai te wees.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 17 07.10.2022 13:20
Jana het lekker by Du Preez gekuier. Du Preez is egter in die sop, want Trix het uitgevind hy het vir haar gejok. Vytjie stel haar ma gerus oor Thys. Riekie deel haar goeie nuus met Trix.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 16 06.10.2022 14:30
Gys word uit die kliniek ontslaan. Stella moet maar fyntrap. Du Preez begin stadig maar seker sy gevoelens teenoor Jana wys. Jana is nog versigtig.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.