RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 5 14.12.2022 13:09
Ampie vertel vir Annekie van sy toekomsplanne en dat hy graag met haar sal wil trou wanneer hy werk by die slagpale gekry en sy eie span donkies het. Flip Staander en Kasper Booysen staan by die kamp waar ou-Jakob gehou word, en Kasper sê hy moet dalk tog maar toelaat dat Ampie vir ou-Jakob kom kuier wanneer hy so voel.
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 4 13.12.2022 13:07
Amos waarsku Ampie om nie planne oor Annekie Lombaard, die mooi nooi van Vlakplaas, te maak sonder dat hy eers met haar daaroor gepraat het nie. By Annekie se ouers se enkelvertrek bywonershuisie aangekom, vra Ampie om na haar broer, Bart, se tuisgemaakte kitaar te kyk en hy sing en speel sommer sy eie liedjie ook!
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 3 12.12.2022 12:37
Ampie loop Elias Maerman, die getroue veewagter van Kasper Booysen, net buite die beeskraal raak. Uit sy gesprek met Elias skep Ampie weer ’n bietjie moed. Op die voetpaadjie waarlangs Ampie dorp toe stap, kom hy Amos Danster teë. Toe hy Ampie wil afraai om sy plan uit te voer, sê Ampie hy kan nie huis toe gaan nie, want hy is bang sy pa “verniel” hom.
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 2 09.12.2022 15:11
Ampie se beste vriend en metgesel, ou-Jakob, die donkie, word vir net twee pond verkoop aan die welgestelde boer, Kasper Booysen van die plaas Aangenaam. Ontsteld oor die verlies van sy vertroueling én die feit dat hy nie vyf pond vir ou-Jakob gekry het nie, sien Ampie nie kans om huis toe te gaan nie.
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 1 08.12.2022 13:40
Ampie word deur sy hardvogtige pa, Goor Dawid Nortjé, een van die moeilikste take opgelê wat ’n jongman van 19 jaar opgelê kán word.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 60 (slot) 07.12.2022 15:50
Is al die spoke begrawe? Het Cupido in haar doel geslaag? Het dinge uitgewerk soos dit moes, of lê daar nog baie werk voor vir Trix?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 59 06.12.2022 15:00
Du Preez kry ‘n oproep van die speurder. Hy gaan help, maar nie alleen soos hy gedink het nie. Dawie is agterna. Die speurder gaan om Evelyn in te lig oor Steward. Nog voordat hy met Evelyn kan praat oor Steward, lig sy hom in dat sy van Steward gaan skei. Evelyn kom agter dat Leonard al die tyd weet van haar geheim.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 58 05.12.2022 15:10
Pastoor Benjamin praat met Tryna oor twee dinge - hoe hy oor haar voel en die vermoede oor wat met Vytjie gebeur het. Hy kry ook vir Vytjie om uiteindelik te praat. Gert pleit onskuldig, maar al die bewyse is teen hom.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 57 02.12.2022 15:01
Piet en Du Preez bespreek hulle vermoedens met speurder Theron. Evelyn deel haar geheim met Stella.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 56 01.12.2022 14:38
Thys deel belangrike inligting met Du Preez, en gee ook vir hom Piet se selfoon. Evelyn keer terug uit die Kaap. Steward is nog onbewus van die kan wurms wat oopgekrap is. Du Preez neem pastoor in sy vertroue, en deel sy vermoedens oor die dinge wat op Duinebult afspeel. Evelyn besluit om van Steward te skei. Sy maak haar hart oop teenoor pastoor Benjamin.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 55 30.11.2022 14:20
Thys vat ’n kans, en praat met Vytjie. Leonard doen dieselfde, en praat met Evelyn. Beide kry meer as wat hulle verwag het. Evelyn het een doel voor oë, en dit is om uit te vind of Steward haar wel destyds ’n rat voor die oë gedraai het, soos wat Leonard beweer. Evelyn besef nie hoeveel waarde die inligting dat Kromhout by die stoor buite Duinebult was, inhou nie.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 54 29.11.2022 13:45
Riekie se verdwyning het die hele dorp behoorlik op hol. Almal soek na dié geliefde inwoner. Die vraag is net of sy nog leef? Tryna deel ook inligting van Steward met Jana.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 53 28.11.2022 13:40
Die mense is op hol oor Riekie se verdwyning. Die speurder glo Du Preez is nie heeltemal onskuldig nie. Hy kry Steward te siene, en soos verwag is die herontmoeting nie ’n aangename ervaring nie. Gys is van mening dat speurder Theron op die verkeerde spoor is wanneer hy Du Preez verdink. Wie is die hoëvlak mense waarna Riekie verwys?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 52 25.11.2022 14:48
Riekie gaan praat met du Preez. Wat hy tot op hede uitgevind het, voldoen nie aan haar verwagtinge nie. Teen Du Preez se waarskuwing in, gaan doen sy haar eie speurwerk. Sal dit haar duur te staan kom?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 51 24.11.2022 14:24
Du Preez probeer sy bes om Jana te oortuig dat hy onskuldig is. Jana weier egter om weer so naïef soos in haar eerste huwelik met Wikus te wees. Trix wend ook ’n poging aan om Jana te oortuig, maar dis nie so maklik nie.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 50 23.11.2022 13:56
Vytjie het ’n miskraam. Almal is besorgd. Du Preez is bekommerd dat as Vytjie iets sou oorkom, Thys ook weer sal terugval. Jana loop in op Du Preez en Armani.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 49 22.11.2022 13:25
Emily neem vir Thys ’n nuwe foon. Sy is dankbaar vir al die hulp wat Du Preez vir Thys gee. Thys is teleurgesteld omdat sy ma nie Piet se foon vir hom geneem het nie. Jana hoor via Trix van Armani, wat troos by Du Preez gaan soek het. Vytjie verloor haar baba, en haar eie lewe is ook in gevaar.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 48 21.11.2022 14:47
Pastoor maak dit duidelik dat hy Tryna ondersteun en haar geselskap geniet. Vytjie het nie ’n probleem daarmee nie. Emily loer in by Tryna om ’n geldjie te leen. Vytjie stop geld in Emily se hand, en verwys daarna as bloedgeld. Tryna is te bang om vir Vytjie te vra wat sy daarmee bedoel. Sy vra Benjamin vir raad.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 47 18.11.2022 14:14
Gys en Stella gesels oor die ontwikkeling, maar ook oor Evelyn en Leonard en natuurlik die feit dat Gys vir Leonard help met sy ondersoek. Trix vra vir Du Preez om verskoning vir haar optrede, maar bekom in die proses inligting wat Du Preez eerder van Trix sou wou weerhou.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 46 17.11.2022 13:30
Riekie is omgekrap omdat Trix glo nie aan haar kliënte genoegsame aandag gee nie. Steward en Kromhout beplan nog ’n sending perlemoen. Trix vat Du Preez vas omrede Armani by hom besoek afgelê het en hy nie vir Jana daarvan vertel het nie.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 45 16.11.2022 14:19
Armani gaan soek Wikus by Jana se huis. Sy moet hoor dat Wikus op Duinebult is om Jana terug te wen. Jana maak dit duidelik dat sy nie belangstel nie. Wikus erken, ná ’n konfrontasie met Armani, dat hy inderdaad vir Jana wil terughê. Sy gaan soek troos by Du Preez. Thys vind uit Piet is nog springlewendig.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 44 15.11.2022 14:40
Du Preez en Piet ontferm hulle oor Thys, en maak planne om die perlemoenstropers in te wag en bewyse bymekaar te maak. Riekie gee ook vir Du Preez welkome inligting. Die vraag is of sy na Du Preez sal luister en haar uit alles sal hou, of gaan sy haar neus dieper insteek?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 43 14.11.2022 15:11
Tryna is ontsteld oor iets wat sy gehoor het. Sy vra raad by Jana. Du Preez verras Jana in die buitestort. Wat sal sy daarvan sê, en hoe gaan sy reageer? Is Tryna en Vytjie weer in gevaar?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 42 11.11.2022 15:33
Armani kom op Duinebult aan. Behalwe dat sy Wikus se planne kom deurmekaar krap, dryf sy hom van die staanspoor af teen die mure uit. Hy is ook gefrustreerd omdat hy nie aan boord kan kom met Gys se nuwe belegging nie, en hy nie wil glo dat Jana aanbeweeg het nie.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 41 10.11.2022 13:51
Wikus het ’n paar van Duinebult se mense op hol met sy optrede en sy poging om Jana terug te wen. Trix weier om toe te laat dat hy Jana en Du Preez se verhouding verongeluk. Sy laat nie op haar wag nie, maar kontak Armani, en bring haar op hoogte van die motief agter Wikus se teenwoordigheid op Duinebult.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.