RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 30 18.01.2023

Annekie wil by Bart hoor of sy ’n fout gemaak het om Ampie af te sê, maar hy sê dis ’n goeie ding, want Ampie is gevaarlik, nes sy pa. Ampie beraam ’n slim plan om Flip Staander se probleem met vervoer vir Hester na die dorp vir haar katkisasie op te los, en terselfdertyd saam te kan gaan om ’n kans te kry om met Hester op te sit.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 29 17.01.2023

Ampie gaan vir die eerste keer die landerye met Flip ploeg. Op pad na die lande vertel Ampie vir Elias hoe hy besig is om Hester se hart te wen. Flip wens hy kan die moed bymekaar skraap om Kasper vir sy wa, osse en tent te vra vir Hester se aanneming op die dorp die volgende week. Ampie beraam planne om met Hester op te sit.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 28 16.01.2023

Bart bring ’n brief vir Ampie na Aangenaam wat sy wêreld in duie laat stort. Kasper en Grieta is albei bekommerd oor Ampie se gedrag, en Kasper hoop dis nie Ampie se ware kleure wat na vore kom noudat hy tuis geraak het nie.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 27 13.01.2023

Ampie neem die tuie en stroppe van die osse na Flip se huis, waar hy Hester in die kombuis kry. Hy sien dat sy al die lyf van ’n vrou het en hy wens hy kan haar teen hom vasdruk en haar soen! Kasper gee goeie, praktiese raad vir Flip, en Elias wil by Ampie weet hoe hy lief kan wees vir Annekie, maar terselfdertyd ogies maak vir Hester...?

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 26 12.01.2023

Terwyl Ampie en Flip Staander doenig is met die damskroppery, bring Flip se dogter, Hester, vir hulle koffie. Ampie vergaap homself aan dié pragtige meisie. Flip kwel hom oor ’n dreigende dagvaarding, en wanneer Kasper aankom, wil Flip hom vra om die geld te leen, maar sy moed begewe hom, en boonop praat Kasper oor allerlei ander dinge.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 25 11.01.2023

Ampie hou nie van boekevat nie, maar hy hou tóg van die lees uit die Kinderbybel, want hy kan die taal verstaan. Ampie maak vir die eerste keer kennis met ’n damskrop, en so amper kry hy sleg seer toe die skrop se neus in die grond vassteek.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 24 10.01.2023

Kasper en Grieta praat ernstig oor Ampie, en Grieta belowe om met Ampie te praat. Grieta se gesprek met hom onthul ’n diepe vrees waarop sy nie voorbereid was nie.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 23 09.01.2023

Amos sien Ampie is nie baie gelukkig nie, en Ampie kom tot ander insigte. Later die aand vertel Ampie vir Amos van die pragtige Grietjie, Kasper en Grieta Booysen se dogter, wat vreemde gevoelens in hom wakker gemaak het.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 22 06.01.2023

Kasper Booysen, sy vrou Grieta en hulle bywoner, Flip Staander, praat oor die groeiende armoede in die land. Ampie is gewas en Flip het sy hare gesny. Grieta neem hom na die buitekamer langs die skuur waar hy gaan slaap, maar Ampie voel nes een van die hase wat hy in sy wip vang. Sy vryheid is daarmee heen!

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 21 05.01.2023

Flip Staander reken daar is geen hoop vir Ampie nie. Hy sal net dros! Kasper sê hy glo die wêreld het te vinnig geword vir die mense van hierdie land. Maar vir Ampie gaan hy help! Ampie loop Amos op pad na Aangenaam raak en Amos probeer hom waarsku dat Bart ’n skelm is.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 20 04.01.2023

Kasper en Grieta Booysen stry oor waar Ampie moet tuisgaan. Grieta wil hê hy moet op die werf iewers bly, en Kasper sê hy moet by die murasie bly. Saartjie stuur Flip Staander na Kasper om te gaan vra vir sy wa en osse vir vervoer na die dorp met die aanneming, terwyl hy ook wou geld leen vir die 25 pond wat hy Rabinowitz skuld.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 19 03.01.2023

Saartjie vlieg haar man in omdat hy sit en pyp rook in plaas daarvan om die dam te skrop soos Kasper hom gevra het. Haar bitterheid oor die verlies van hulle plaas en eiendom raak te veel vir Flip, en hy vlug na die beeskraal toe. Flip skuld Rabinowitz amper 25 pond vir sy dogter, Hester, se aanneemklere, want die tabakbelasting het veroorsaak dat hy net ’n vyfde van sy geld vir die oes kon kry. S...

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 18 02.01.2023

Bart belemmer Ampie se planne om privaat met Annekie te praat, en Ampie stuur hom om ou-Jakob te gaan water gee by die spruit. Bart het sy oog op Ampie se gordel, en loop eers nadat hy Ampie ook uit sy geldgordel verkul het! Ampie gee die ring vir Annekie, maar dit is heeltemal te groot. Gelukkig pas dit beter op haar middelvinger. Ampie wil trouplanne maak, maar Annekie wil niks weet nie, want hy...

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 17 30.12.2022

Ampie is op ou-Jakob se rug op pad na Vlakplaas om Annekie se ring vir haar te gee. Hy is opgewonde en vrolik, en speel sy mondfluitjie baie vals! Naby die Lombaards se bywonershuisie kom Ampie op Bart af, wat Ampie se mondfluitjie wil hê en hom wysmaak dat dit ’n swak, goedkoop instrument is waarvoor hy te veel betaal het. Hy oortuig Ampie om eerder die nuttelose mondfluitjie vir sy onbreekbare t...

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 16 29.12.2022

Dawid en Ampie het albei ander klere as normaalweg aan vir hulle besoek aan Aangenaam. Dawid het selfs sy gesig gewas! Kasper trek die kontrak op tussen hom en Dawid, en betaal hom ses pond vir die jaar se werk wat Ampie gaan verrig. Dawid kan nie skryf nie en Ampie help hom om D. Nortjé te skryf. Kasper en Grieta hou Ampie dop, en Grieta sê sy dink dit was so bestem dat Kasper ou-Jakob moes koop,...

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 15 28.12.2022

Kasper vra Elias of hy dink dit is ’n goeie ding dat Ampie op Aangenaam kom werk, wetende dat Dawid alles van Ampie sal vat waarmee hy betaal word. Elias sê die een ding wat Ampie moet hê, is ’n plek waar daar vir hom omgegee word. Dawid is opgewonde dat Ampie op Aangenaam gaan werk, want dan kan hy die slagvark koop wat in die eerste plek die rede was waarom ou-Jakob verkoop moes word.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 14 27.12.2022

Ampie skok Elias deur te sê hy wil gaan drank smokkel. Maar dán sê Ampie hy het eintlik ’n ander plan. Een waarvan Elias baie hou! Grieta Booysen hoor ’n klop aan die agterdeur, en haar moed sak in haar skoene toe sy sien dit is Ampie. Maar hy verras haar deur wat hy vir haar sê. Kasper hoor Ampie se voorstel aan en sê hy sal dit oorweeg, maar dan moet Ampie sy pa die volgende dag saambring.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 13 26.12.2022

Bedruk oor die omstandighede tuis, gaan stap Ampie buite en kom op Elias af waar hy steeds soek na Kasper se drie verdwaalde osse. Ampie vertel van Dawid se aanslag op sy lewe, tot Elias se skok. Ampie sê hy het geleer dat mense net in jou belangstel solank hulle iets van jou kan kry. Dis hoekom hy nie naby mense wil wees nie.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 12 23.12.2022

Flip Staander hoor ’n onaardse gebrul, en kom tot Ampie se redding. Dawid vra vir Flip om wat gebeur het, asseblief stil te hou. Ampie se ma was doodbekommerd oor Ampie, en is oorstelp om hom weer te sien. Terwyl Dawid mor oor Ampie die geld gesteel het en hy nou die slagvark kwyt is, sê sy hy kan die vark mos op skuld koop. Sy weet wat hulle vir haar wegsteek...

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 11 22.12.2022

Dawid Nortjé wil weet waar sy geld is wat Ampie vir die verkoop van ou-Jakob gekry het, en Ampie dink vinnig ’n verskoning uit wat al te spoedig eskaleer in ’n verwikkelde intrige. Die terugstap na Wasgat se murasie ontaard in ’n totale nagmerrie.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 10 21.12.2022

Ampie gaan loer by sy tant Fyta van Blikkiesdorp in, hoofsaaklik omdat hy honger is. Sy kla oor hoe swaar dit gaan, en Ampie stel voor dat haar man, Frits, met drank moet begin smokkel. Terwyl Ampie sy brood en koffie by sy tante geniet, word sy grootste vrees helaas bewaarheid.

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 9 20.12.2022

Die twee smokkelaars, Jan en Piet, vertel vir Ampie hoe moeilik dit is om werk te kry. En wanneer jy jou werk verloor, is daar feitlik geen ander opsie as om maar tydens die drankverbod met drank te smokkel nie. Die konstabel bring droë brood en flou, koue tee. Jan en Piet is bereid om hulle maaltyd met Ampie vir sigarette te verruil, as hy het. Maar Ampie bly bekommerd oor al sy besittings wat di...

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 8 19.12.2022

In die tronk maak Ampie kennis met twee dranksmokkelaars, Oom Jan en die veel jonger Piet, sy handlanger. Ampie verstom hom aan die stories wat Jan hom vertel van sy planne om die polisie te ontduik. Hy dink hy gaan nie weer terug slagpale toe nie, hy gaan ook smokkel!

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 7 16.12.2022

Amos erken dat Elias hom gestuur het om seker te maak Ampie is veilig op die dorp. Ampie sê die agterplaas van ’n leë huis is ideaal vir hulle om weg te kruip sodat hulle die kos kan eet wat hy gekoop het. ’n Konstabel kom egter op hulle af en verwilder hulle. Aan die buitewyke van die dorp is daar ’n diep waterafvoersloot waarin Ampie sê hulle kan wegkruip, maar die volgende oggend wag daar ’n na...

AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 6 15.12.2022

Net buite die dorp loop Ampie vir Amos raak, wat vinnig sê hy soek steeds na verdwaalde skape. By Moosa se winkel voel Ampie soos ’n ryk man, en laat toe dat sy opgewondenheid hom te ver meevoer.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.