RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 55 22.02.2023 14:51
Amos erken teenoor Tys dat hy wonder of hulle die regte ding gedoen het, want hulle ken mos net die plaaslewe. Tys verseker hom dat Bart alles weet. Hulle moet net op Bart vertrou. Annie skok Tys met haar gevoelens oor hulle besluit om Bart na Donkerpos te volg.
AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 54 21.02.2023 15:01
Amos gaan Elias groet die aand voor hulle vertrek na Donkerpos, en Elias vra hom om Ampie en sy gesin op te pas en om Bart nooit te vertrou nie. Kasper lug sy kommer oor Ampie teenoor Elias, en sê hy vertrou Bart nie. Op pad na Donkerpos is Ampie en Amos verstom oor die stofwolk oor die delwersdorp. Annekie hou nie van die plek nie, maar vra Ampie om Bart tog te vertrou soos sý haar broer vertrou.
AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 53 20.02.2023 15:00
Ampie wil nie toegee aan Bart om hom na die delwerye te volg nie, maar hy het nog één ander troefkaart toe selfs die diamant Ampie nie kon oortuig nie. Kasper is baie bekommerd oor Ampie en Annekie se toekoms. Bart gaan in die laaste klompie dae voor die familie se vertrek solank vooruit na Donkerpos.
AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 52 17.02.2023 14:01
Ampie is op pad om Kortkom en sy donkiekar te gaan verruil by ou mister Goldmann vir ’n fiets vir wanneer hy op die paaie gaan werk, toe hy Bart op sý fiets van voor af sien aankom. Bart voer ’n plan in die mou en wil sommer by Ampie en Annekie oorslaap sodat hy die baba kan sien. Wanneer Bart sy onfeilbare troefkaart met Ampie en Annekie speel, is Annekie dadelik beïndruk, maar Ampie bly lugtig.
AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 51 16.02.2023 12:52
Bart se sukses om sy ouers te oorreed om saam met hom na die nuwe delwerye te gaan, ry wipplank. Toe dit lyk of Tys steeds twyfel, vertel hy van die geestelike verval van die delwers wat Tys oortuig van sy Goddelike roeping. Annie wil nie van haar besittings verkoop om na die delwerye te gaan nie, die droogte en swaarkry ten spyt!
AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 50 15.02.2023 13:43
Ná ’n paar opsies om te oorweeg, sê Ampie vir Kasper hy wil op die paaie gaan werk. Amos vra Bart of daar werk vir hom op die delwerye sal wees, en Bart gee hom hoop. Op Vlakplaas kry Bart ’n kille ontvangs van sy ouers, Bart en Annie. Maar dan speel Bart sy troefkaart.
AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 49 14.02.2023 15:00
Kasper sê vir Grieta hy glo hulle dra by tot Ampie en Annekie se verarming omdat hulle altyd ingryp wanneer Ampie in die nood is. Annekie oortuig Ampie dat Kasper ’n goeie plan het en dat sy bereid is om alleen agter te bly terwyl Ampie gaan werk.
AMPIE (DEEL 3): DIE KIND deur Jochem van Bruggen -Episode 48 13.02.2023 14:51
Die droogte, swak oeste en algemene verarming in die land kry Kasper onder, en hy wonder of die delwerye regtig so ’n slegte keuse is. Amos sê vir Ampie hoe sleg dit op Vlakplaas gaan en dat hy saam met Tys-hulle delwerye toe gaan met die hoop om daar werk te kry. Kasper bespreek sy toekoms met Elias.
AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 47 10.02.2023 14:59
Annekie soek raad by Tys, wat sê sy is verkeerd om te dink dit is onbybels of onchristelik om ’n naam anders as ’n familienaam te kies vir hulle eersteling. Ampie se emosionele gesprek met ou-Jakob laat Annekie van opinie verander.
AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 46 09.02.2023 14:24
Tys spreek die wens uit om vir die delwers te gaan preek. Ampie en Annekie het die grond wat Kasper hulle gegee het, geploeg en vol geplant, maar Ampie voel dat Annekie iets vir hom wegsteek. Ná twee jaar in diens van Kasper Booysen, word Ampie se seun gebore, maar hy en Annekie kan nie ooreenkom op ’n naam vir hulle eersteling nie.
AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 45 08.02.2023 13:44
Bart probeer Ampie oortuig om vir hom geld te leen, as sy sakevennoot, om na die delwerye te gaan. Tys neem ’n besluit wat hy nog sal berou, en Ampie wil die datum van sy en Annekie se troue bevestig.
AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 44 07.02.2023 14:17
Ampie en Annekie is albei aangeneem, en nou staan niks meer in hulle pad om te trou nie. Nie eers Ampie belydenis dat hy steel en oneerlik is, skrik Annekie af nie. Sy vertel Ampie dat Flip Staander met sy hele gesin én skoonseun na die delwerye toe is! Bart nader Tys en Ampie met ’n besigheidsproposisie.
AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 43 06.02.2023 13:55
Daar wag ’n skok op Annie Lombaard, en Ampie leer ’n paar dinge by Annekie omtrent die prosedure van ouersvra in die Lombaard-huishouding. Ampie skryf ’n “bekendmakingsbrief” vir Kasper en Grieta om hulle in te lig dat hy en Annekie amptelik gaan trou ná die week van katkisasie op die dorp en die aanneming.
AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 42 03.02.2023 14:14
Annekie se nuus is vir Ampie ontstellend, maar sy praat hom moed in en bewys aan hom dat hy hom verniet bekommer. Bart kom met ’n sakegeleentheid na Ampie, maar Annekie waarsku hom teen haar broer. Asof Ampie nie genoeg spanning beleef het binne ’n kort tydsbestek nie, word hy boonop voor ’n reuse taak gestel ook.
AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 41 02.02.2023 14:16
Annie is hewig ontsteld om te hoor dat Annekie en Ampie trouplanne het. Haar plan om Tys met die nuus te skok, misluk. Ampie kom baie vies met Kortkom by Annekie aan omdat die nuwe donkie nie wil nie loop nie en ook nie wil hoor nie. Hy vergeet egter gou van Kortkom se tekortkominge toe Annekie hom meedeel dat sy baie het om hom te vertel.
AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 40 01.02.2023 14:56
Kasper gee vir Ampie ’n nuwe donkie, wat hy dadelik na ou-Jakob se kamp toe neem en hom die leviete voorlees. Annie sê baie bekommerd vir Tys dat Annekie en Ampie vry, maar Tys dink sy jaag spoke op. ’n Uitnodiging aan Annekie om saam met Annie klere heel te maak, maak haar dadelik agterdogtig.
AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 39 31.01.2023 13:42
Kasper twyfel of daar enige ware erns is in die verhouding tussen Ampie en Annekie. Bart het baie planne vir die toekoms, en hy sal nooit sy lewe op ’n plaas versmaai nie. Annie probeer om Bart te laat erken dat daar iets aan die gang is tussen Ampie en Annekie, maar hy wil niks sê nie.
AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 38 30.01.2023 13:48
Grieta gee haar dogter, Grietjie, se katkisasie-vraeboek vir Ampie omdat syne uitmekaar val. Ampie oorreed Kasper om vir hom populierstompe te gee waarmee hy meubels wil maak.
AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 37 27.01.2023 14:19
Grieta verduidelik die belangrikheid van ouers vra aan Ampie, sowel as die aanneming by die kerk waarteen hy so opsien. Ampie sê vir Kasper hy sal ’n gebreekte venster van die bywonershuisie heelmaak as bewys dat hy waardig is om daarin te gaan woon as hy en Annekie eendag getroud is.
AMPIE (DEEL 2): DIE MEISIEKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 36 26.01.2023 12:47
Terwyl Ampie opgewonde is dat hy en Annekie gaan trou, herinner sy hom daaraan dat die aanneming en die ouers vra nog vir hom voorlê, wat hom opstandig maak. Annie wil by Bart weet hoekom Ampie so dikwels daar kom, maar net met Annekie kuier. Ampie maak groot planne vir sy en Annekie se verblyf, maar erken dat Kasper nog nie finaal ingestem het nie.
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 35 25.01.2023 13:14
Ampie maak groot planne vir die toekoms, en Grieta is oorstelp oor nuus wat Kasper vir haar bring.
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 34 24.01.2023 15:00
Elias probeer Ampie oortuig dat ou-Jakob se dood nie God se straf is nie, maar bloot ’n natuurfrats. Met Hester getroud en weg van Aangenaam, dink Ampie al hoe meer aan Annekie. Hoe hulle mekaar weer vind, kan net die noodlot of die bestiering wees!
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 33 23.01.2023 15:00
Ampie kry ’n paar nagte agtereenvolgens ontstellende nagmerries, en een stormagtige nag vlug hy na Kasper en Grieta in die huis. Ampie glo hy word gestraf vir hoe hy Annekie sleggesê het. Kasper probeer hom oortuig dat natuurverskynsels nie voorbodes is nie, maar wat daardie nag gebeur, oortuig Ampie van die teendeel.
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 32 20.01.2023 15:00
Flip se finansiële probleme vererger, en Elias raai Ampie sterk aan om heeltemal van Hester te vergeet. Flip word gedwing om ’n drastiese besluit te neem.
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 31 19.01.2023 14:56
Ampie besluit dat hy ook dorp toe gaan om aangeneem te word saam met Hester, maar daardie aand sê Kasper vir Grieta hy glo nie Ampie sal ooit die inhoud van die vraeboek kan bemeester nie. Flip kom sê vir Kasper dat hy in groot moeilikheid is, en vra Kasper om hom te help.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.