RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DOR deur Anton Treurnich - Episode 4 21.09.2023 13:36
Rikus besluit om saam met die polisie te werk as ‘n onderdekkingsagent. Lucia kry twee passe in die hande om see toe te gaan. Sy nooi vir Mia saam. Daar is ‘n klomp reëls waarby jy moet hou as jy see toe gaan, en Lucia is nie van plan om daarby te hou nie.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 3 20.09.2023 13:52
Mia kan nie kontak maak met haar kinders in Australië nie. Sy kry ook nie toestemming om oor provinsiale grense te reis om haar ouers te sien nie. Sy begin daaraan dink om deel van Caleb se weerstandsbeweging te word. Max en Rachel soek iemand wat hulle kan gebruik om hierdie weetsandsbewegings te infiltreer. Hulle ontmoet vir Rikus Woest...
DOR deur Anton Treurnich - Episode 2 19.09.2023 13:15
Max en Rachel begin hulle soektog na waterterroriste. Caleb probeer Mia oorreed om deel te word van sy stryd teen die stelsel. Lucia het haar man onlangs verloor, en wil sy as in die see gaan strooi. Hiervoor sal sy die wet moet oortree. Sy het ‘n briljante plan om die pas te kry wat sy nodig het.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 1 18.09.2023 13:50
Mia Fourie en haar buurvrou, Lucia Jones, bly in ‘n Suid-Afrika wat gebuk gaan onder die ergste droogte in die geskiedenis. Vir langer as twee jaar is daar ‘n noodtoestand en Vlak 5 waterbeperkings. Max Trighardt en Rachel de Caab is deel van die polisiemag wat die streng inperkings moet toepas. Ons ontmoet ook vir Caleb Mukkadiem, ‘n waterhandelaar, wat meer as net water verkoop.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Epiloog 15.09.2023 4:25
Die middagvervolgverhaal, Sestig Dae, se geheime is opgelos. Vind meer uit oor die karakters en die akteurs wat die rolle vertolk. Estel de Beer, senior regisseur: mandaat by RSG, het met van die akteurs in die storie gesels.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 60 14.09.2023 13:07
Die verloop van tyd het 'n helende uitwerking op al die karakters. Hulle kom bymekaar, en vang op.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 59 13.09.2023 14:58
Magda en Susan bespreek wat die vorige aand met Johan gebeur het. Susan is vasbeslote om ʼn nuwe paadjie te volg.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 58 12.09.2023 12:31
Johan bel vir Susan laat in die nag. Iets in sy stem klink nie reg nie, en Susan moet ʼn baie belangrike besluit neem.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 57 11.09.2023 12:21
Terwyl Tanya besig is om ʼn onderhoud met Lauren te voer, bel Richard met ontstellende nuus.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 56 08.09.2023 12:49
Die dag wanneer Bettie, Essie en Susan valskermspring breek uiteindelik aan. Wie sal waag en wie wil weghardloop?
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 55 07.09.2023 12:40
Susan en Lauren spandeer die dag saam. Hulle maak toekomsplanne en daag mekaar uit om beter te doen as wat hulle tot nou toe gedoen het.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 54 06.09.2023 13:43
Karl vra Richard om hom te kom sien waar hy in die hospitaal se hoësorgeenheid lê. Karl wil sy finale testament finaliseer.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 53 05.09.2023 14:16
Izel en Richard ontmoet. Richard probeer haar oortuig om haarself aan die polisie oor te gee. Izel verduidelik hoekom sy die geld gesteel het.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 52 04.09.2023 10:55
Richard, Tanya en Dennis kom bymekaar om na die ‘skoon’ opname van meneer X te luister. Dit word vinnig duidelik dat hulle na Izel se stem luister. Richard verduidelik hoe sleg dit ná die diefstal by Cilliers, Cilliers en Vennote gaan.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 51 01.09.2023 12:30
Richard besoek Karl by die hospitaal. Karl weier om enige verdere behandeling te aanvaar, en dobbel nou met sy lewe. Al die geld het uit die trustfondse verdwyn, en Izel is nêrens te vinde nie.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 50 31.08.2023 11:25
Susan en Essie is besig met inkopies toe Johan skielik sy verskyning maak. Susan kan hom nie oortuig om haar uit te los nie, en sy word gedwing om drastiese aksie te neem.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 49 30.08.2023 13:25
Tanya en Richard besluit uiteindelik op ‘n datum vir hulle troudag. Richard speel oop kaarte oor wat hy glo die nagevolge sal wees as meneer X suksesvol is in sy pogings om die trustfondsgeld te steel. Susan besoek Karl by die hospitaal. Die besoek het gevaarlike nagevolge vir een van hulle.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 48 29.08.2023 12:19
Dennis en Richard deel inligting oor die geheimsnnige meneer X, en wat hy met al die gesteelde geld sal doen as hy dit eers in die hande gekry het.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 47 28.08.2023 12:18
Susan besoek Richard op kantoor. Sy is vasbeslote om met die skeisaak voort te gaan. Richard verduidelik dat Karl in die moeilikheid is oor die geld wat uit die trustfondse verdwyn het. Susan hoor nou vir die eerste keer van meneer X en sy dreigemente.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 46 25.08.2023 13:11
Essie besoek haar pa, en dis nie lank voor hulle begin stry oor die geld wat Karl uit Susan se rekening gesteel het nie. Meneer X dreig Karl ‘n laaste keer oor die geld wat uit die trustfondse verdwyn het.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 45 24.08.2023 13:25
Karl sukkel om ʼn lys van privaatspeurders by Izel te kry. Susan laat vir Magda weet dat Lauren nou veilig in ʼn gastehuis bly, en wil hoor of sy as ʼn buitepasiënt by Nova behandel mag word. Meneer X dreig om Karl se misbruik van die trustfondse te onthul.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 44 23.08.2023 13:21
Lauren bel vir Susan om haar te laat weet dat sy veilig is. Susan oorreed haar om iewers saam met haar te gaan. Lauren skrik as sy besef waarheen hulle gaan.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 43 22.08.2023 14:28
Dokter Lewis wil by Susan hoor of sy weet waar Lauren is. Nadat Susan met haar ma oor Lauren se toekoms praat, besef sy dat sy die enigste persoon is wat Lauren sal kan help.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 42 21.08.2023 12:20
Johan, wat weier om te glo dat Susan nie op hom verlief is nie, kom ongenooid vir haar kuier. Susan sê vir hom om te loop, maar hy weier. Bettie probeer om haar dogter te help.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 41 18.08.2023 12:50
Terwyl Richard and Dennis oor die probleme tussen Susan en Karl gesels, bel meneer X vir Richard. Die bangmaakpraatjies van meneer X maak Richard woedend, en iets wat hy sê versterk Richard se vermoede oor wie agter die geheiomsinnge stem skuil.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.