RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 40 17.08.2023 12:38
Lauren laat weet Susan dat sy nie langer by Nova sal bly nie. Sy het ʼn vriend in Groenpunt wat vir haar blyplek sal gee. Susan vertel vir haar ma en dogter dat sy teruggaan universiteit toe.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 39 16.08.2023 14:46
Richard begin vermoed dat Izel nie so onskuldig is as wat sy voorgee nie. Karl sterk by die hospitaal aan. Hy beplan om al die geld wat hy weggedobbel het weer by die casino terug te wen.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 38 15.08.2023 14:54
Vir die eerste keer nadat sy by die Nova Rehabilitasiesentrum weg is, word Susan gekonfronteer met die drang om weer te begin drink.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 37 14.08.2023 12:02
Dennis speel vir Richard een van die opnames van meneer X, wat hy onwettig bekom het. Dis die eerste keer wat Richard meneer X se stem hoor. Tanya laat weet vir Karl dat daar berigte is dat Karl ʼn tweede hartaanval gehad het.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 36 11.08.2023 14:07
Susan besoek Magda vir ʼn opvolgsessie. Vir die eerste keer is sy eerlik oor haar gevoelens teenoor haar familie en die mans in haar lewe.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 35 10.08.2023 14:20
Karl probeer weer om Richard te oortuig om die sake teen hom terug te trek. Izel kan nie glo dat Karl besluit het om op te gee, en meneer X te gee wat hy vra nie.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 34 09.08.2023 13:36
Lauren bel vir Susan, sy is weer lus om weg te hardloop. Susan glo sy het haar oorreed om by Nova te bly. Richard probeer, sonder sukses, om Johan te oortuig om van Susan te vergeet.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 33 08.08.2023 13:42
Om dankie te sê vir hulle harde werk met haar dogter se saak, nooi Bettie vir Richard, Dennis en Myburgh na ʼn Griekse restaurant. Myburgh en Bettie leer mekaar ʼn bietjie beter ken.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 32 07.08.2023 13:50
Karl neem Susan na ʼn deftige restaurant om vrede te probeer maak. Johan maak onverwags sy verskyning.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 31 04.08.2023 14:08
Essie en haar ouma kom haal vir Susan by Nova Rehabilitasiesentrum. Susan moet gewoond raak aan haar nuwe lewensruimte.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 30 03.08.2023 14:14
Dis Magda en Susan se laaste privaatsessie. Sy het nou 30 dae by die sentrum spandeer en, Magda voel dat Susan huis toe kan gaan. Susan groet vir Lauren, en die twee van hulle doen iets spesiaal om te verseker dat hulle mekaar nie sal vergeet nie.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 29 02.08.2023 12:40
Johan bel vir Richard in ʼn desperate poging om sy verhouding met Susan te red. Richard deel met Dennis dat hy nie meer vir Izel vertrou nie. Iets is nie reg nie.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 28 01.08.2023 13:48
Susan en Magda sit vas oor Lauren. Magda wil hê dat Susan al haar energie aan haar eie probleme spandeer.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 27 31.07.2023 12:50
Susan bel vir Bettie en Essie, en die drie van hulle vang op. Izel erken aan Richard dat sy besig is om iets te doen wat almal van hulle in diep moeilikheid sal laat beland.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 26 28.07.2023 14:10
Richard en Karl sit lelik vas wanneer hulle oor die skeisaak praat. Meneer X plaas meer druk op Karl om te betaal.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 25 27.07.2023 11:01
Magda laat Johan toe om met Susan te praat. Susan probeer die verhouding beëindig, maar Johan weier om die realiteit van hulle situasie te aanvaar.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 24 26.07.2023 13:31
Dennis besoek die gastehuis in Kaapstad waar hy glo Essie wegkruip. Susan probeer om vir Lauren die vertroue te gee om hulp te aanvaar van die dokters en die mediese behandeling wat sy ontvang.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 23 25.07.2023 12:55
Karl kuier by die Nova Sentrum by Susan. Hy probeer haar oortuig om nie te skei nie. Dinge loop skeef. Dennis ondervra Bettie oor Essie se laaste dag by die huis, en kry toevallig ʼn baie goeie leidraad. Nou is hy op Essie se spoor!
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 22 24.07.2023 14:29
Susan is weer by Magda vir ʼn privaatsessie. Noudat die druk van ʼn moontlike saak teen haar verdwyn het, sien Susan haar verblyf by die sentrum in ʼn nuwe lig. Karl vertel vir Izel van sy nuwe plan met meneer X.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 21 21.07.2023 13:24
Richard bring vir Susan goeie nuus dat alle klagtes teen haar teruggetrek is. Sy moet planne maak oor haar toekoms. Karl is weer tuis ná sy tydjie in die hospitaal. Meneer X bel, en dring aan op spoedige betaling.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 20 20.07.2023 15:01
Magda vertel vir Susan dat Essie verdwyn het. Lauren is weer terug by Nova Sentrum, maar hierdie keer is dit anders. Dennis besoek dokter Johan Kotze, en vra hom uit oor die ongeluk.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 19 19.07.2023 14:34
Karl vra Dennis se hulp om Essie op te spoor. Richard besoek weer vir Susan by die Nova Sentrum. Susan vertel hom van Johan, en hy besluit dat sy nog te emosioneel onstabiel is om te hoor van haar dogter se verdwyning.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 18 18.07.2023 13:18
Tanya, Myburgh en Dennis ontmoet en speel al die bure se veiligheidskamera se opnames. Hulle ontbloot skokkende feite oor die ongeluk. Bettie besoek Karl by die hospitaal met onverwagte nuus oor sy dogter.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 17 17.07.2023 14:14
Richard vertel vir Tanya hoe ontstellend sy besoek aan Nova Sentrum was, en dat die fisiese en geestelike impak van onttrekking duidelik by Susan te bespeur is. Izel daag ongenooid by Richard se woonstel op met ontstellende en gevaarlike nuus.
SESTIG DAE deur Lee Doubell - Episode 16 14.07.2023 14:33
Richard besoek uiteindelik die Nova Sentrum, en hy laat Susan weet van al die jongste verwikkelinge met haar saak. As hulle kan uitvind wie die bestuurder is, sal die Staat alle klagtes teen haar terugtrek. Izel besoek Karl in die waakeenheid, en vertel hom van Richard se ontmoeting met Susan.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.