RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DOR deur Anton Treurnich - Episode 54 30.11.2023 13:47
Rikus en Mia spandeer die nag in ‘n ou kabelkar, en praat oor ’n toekoms waar hulle paaie sal moet skei. Rachel, Max, Romulus en hulle gevangene is op pad Kaapstad toe. Die rit is moeilik, en hulle kom glad nie oor die weg nie. Net voor Kaapstad besluit Max dis tyd om die ander twee te wys wie hulle gevangene is.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 53 29.11.2023 13:13
Mia en Ruby beland op ‘n goederetrok op pad Kaapstad toe. Hulle bespreek die plan vir hulle groot aanval. Romulus, Rachel en Max wag nog op die gevangene wat hulle moet saamneem Kaapstad toe. Rachel en Romulus kom glad nie oor die weg nie.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 52 28.11.2023 12:24
Rikus, Mia en Ruby moet ‘n manier kry om van die treinkar af kom, en terselfde tyd vlug van die bendes rondom De Doorn se stasie. Hulle eindig op in ‘n sinkplaathuisie met gewapende boewe agter hulle aan. Romulus staan voor ‘n moeilike keuse - sal hy hulle help? Max stel Romulus voor ‘n keuse waarvoor hy nie nee kan sê nie.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 51 27.11.2023 14:26
Rikus, Mia en Ruby moet die treinkar by die pas afkry sonder om te ontspoor. Die sandsakke help hulle om te rem, maar verweer heeltemal te vining om hulle te red. Max en Rachel vat die pad om vir Romulus in De Doorns te gaan haal en ‘n gevangene op te tel. Wie kan dit wees?
DOR deur Anton Treurnich - Episode 50 24.11.2023 13:11
Romulus probeer met Max in kontak kom, maar dis Rachel wat die satellietfoon antwoord. Dis duidelik dat hulle niks van mekaar hou nie. Tog moet hulle ‘n manier vind om saam te werk. Rikus besef hulle kan nie die stoomtrein gebruik nie, maar daar is iets anders wat op ‘n spoorlyn beweeg.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 49 23.11.2023 12:50
Rikus, Mia en Ruby kom op Matroosberg se spoorwegstasie af. Daar vind hulle ‘n ou stoor met ‘n stoomlokomotief in. Rikus begin planne maak oor hoe hulle die trein gaan gebruik. Romulus is op hulle spoor, en wil nader beweeg aan die stoor om te sien wat hulle doen. Sal hy uitgevang word?
DOR deur Anton Treurnich - Episode 48 22.11.2023 13:41
Rikus en Ruby is op pad Touwsrivier toe nadat Caleb te siek was om saam met hulle te gaan. Die enigste vorm van vervoer vir hulle is Matjiesfontein se groot rooi dubbeldekkerbus. Dit hou ook nie lank nie, en die groep moet ‘n ander pad vind om in die Kaap te kom.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 47 21.11.2023 14:10
Romulus maak kontak met Max, en wil met alle mag vir Rikus-hulle vermoor. Max het ander planne, en beveel Romulus om die groep net te volg. Rikus, Ruby en Mia sukkel steeds om die groot biljarttafel geskuif te kry. Uiteindelik kan hulle onder die tafel sien of die kaart van Kaapstad se kanale steeds daar is.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 46 20.11.2023 12:39
Max en Rachel is bekommerd omdat hulle niks van Romulus hoor nie. Max begin ander planne maak. Rikus, Caleb en Ruby gaan terug na die hotel om na die ou kaarte van Kaapstad se kanaalstelse te gaan soek. Ruby se groot plan hang af van die kaart. Sal hule dit kry?
DOR deur Anton Treurnich - Episode 45 17.11.2023 14:02
Ruby en Lucy met die hulp van Mia, kry dit reg om tot in die tonnels van die ou myn te kom, maar waar is Bouw en Rikus? Het hulle dit gemaak, of is hulle dood? Romulus probeer vir Remus onder beheer kry, maar die dwelms wat hy ingekry het laat hom drogbeelde sien.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 44 16.11.2023 13:28
Almal wonder of Rikus dit gemaak het, maar niemand het hom uit die trok sien spring nie. Het hy doodgebrand in die ontploffing? Caleb en Lucy probeer in die chaos om nog meer mense uit die tronk red. Ruby is amper in die veiligheid van die myntonnels, maar word voorgekeer deur Romulus.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 43 15.11.2023 12:12
Ruby en Lucy het ontsnap, en vind vir Rikus en Caleb. Maar waar is Bouw? Romulus en Remus bedink ‘n plan om die situasie tot hulle voordeel te gebruik.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 42 14.11.2023 13:55
Romulus en Remus word deur Max gedreig. Hulle het net 48 uur om die vier terroriste op te spoor, en besluit om een van die gyselaars tereg te stel. Daai persoon is Ruby. Rikus, Caleb en Bouw beweeg deur die ou tonnels en kom by die skag. Nou moet hulle in die hyser na die oppervlakte waar al die aksie sal begin.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 41 13.11.2023 13:56
Rikus, Mia en Bouw is op pad myn toe om die ander te gaan red, maar hoe hulle daar sal inkom is ‘n ander storie. Lucy en Ruby laat nie op hulle wag nie, en is self besig om ‘n plan te beraam om uit te breek. Sal hulle uitgevang word?
DOR deur Anton Treurnich - Episode 40 10.11.2023 14:05
Bouw vat Caleb na sy werkswinkel toe. Daar wys hy vir hom al die verskillende soorte wapens waaraan hy gewerk het. Bouw is bereid om saam met Caleb-hulle teen die myners te veg, én hy het ‘n plan. Ruby probeer by Remus uitvind presies hoe die myn werk, en watter tyd die beste sal wees om te probeer uitbreek. Sal Remus vir Ruby se planne val?
DOR deur Anton Treurnich - Episode 39 09.11.2023 14:25
Die gemeenskap van Matjiesfontein kry die boodskap dat hulle mense as gyselaars aangehou word. Nou moet hulle besluit wat hulle gaan doen, en dit lyk nie goed vir ons helde nie. Hulle mag dalk uitgelewer word aan die myn. Lucy en Ruby bedink ‘n plan om uit die myn te ontsnap.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 38 08.11.2023 14:00
Romulus en Remus lê beslag op die bakkies en mense wat van Matjiesfontein af gekom het. Hulle wil die terroriste hê, en hou die mense as gyselaars aan. Caleb en Mia soek die ou kaart van Kaapstad se kanale wat iewers in die hotel op Matjiesfontein weggesteek is.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 37 07.11.2023 13:47
Lucy se naam word getrek om die aflewering by die myn te gaan maak. Caleb wil niks daarvan weet nie. Ruby besluit om saam te gaan. Romulus en Remus maak planne om die besending van Matjiesfontein aan te val.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 36 06.11.2023 15:01
Rikus is nog baie swak, en sukkel om te loop. Ons groep helde mag op Matjiesfontein bly totdat Rikus sy kragte herwin het, dan moet hulle weer die pad vat. Caleb wys vir hulle sy tuine en bye. Romulus en Remus gaan Matjiesfontein toe om oor hulle volgende bestelling vir die myn te onderhandel. Hulle wil hê die mense van Matjiesfontein moet die aflewering by die myn gaan doen. Sal hulle?
DOR deur Anton Treurnich - Episode 35 03.11.2023 14:55
Die gemeenskap van Matjiesfontein moet besluit of Rikus, Caleb, Mia en Ruby daar kan bly. Met Rikus wat nog baie siek en swak is, sal dit katastrofies wees as die groep weer die pad moet vat. Romulus en Remus vind uit waar die mense is wat Max soek, en begin hulle eie planne beraam om hierdie mense te vang.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 34 02.11.2023 14:47
Caleb en Ruby ontdek die boeregemeenskap van Matjiesfontein, en hoe daar geboer word in en om ‘n ou hotel. Bouw help hulle met medisyne en kos, maar maak dit ook duidelik dat sy gemeenskap nie sommer vreemdelinge verwelkom nie. Romulus en Remus wil nie meer Max se bevele uitvoer nie, maar hy weet hoe om hulle op hulle plek te sit.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 33 01.11.2023 14:39
Mia en Rikus verlaat die Bakkie-kamp om water te gaan soek. Hulle water raak min, en die hitte van die dag is besig om hulle te verswelg. Hulle dink hulle sien iemand, maar is dit net hulle verbeelding? Romulus en Remus is besig om die vier terroriste langs die pad te soek. Hulle kom op ‘n bakkie af. Is Caleb en Ruby nog daar?
DOR deur Anton Treurnich - Episode 32 31.10.2023 14:44
Rikus gewaar myntrokke op die pad, en besluit om tot die aand te wag om verder te reis. Rikus en Caleb kom agter dat die trokke op pad Laingsburg toe is. Die hitte en min water takel die span vinniger af as wat hulle gedink het. Rikus besluit dat hulle ‘n agterpad verby Laingsburg moet vat. Is dit ‘n goeie idee?
DOR deur Anton Treurnich - Episode 31 30.10.2023 14:04
Ons helde maak dit lewendig uit Seweweekspoort uit. Ruby verduidelik aan die groep wat die groot skat is wat die Karoo onder die oppervlak wegsteek. Rikus maak weer kontak met Rex, en wil weet hoe dit met Lucia gaan.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 30 27.10.2023 13:30
Mia, Rikus en Caleb kom agter dat dit nie net Misty en Storm is wat agter hulle aan is nie. In die grotte besef hulle dat daar net een manier is hoe hulle sal wegkom. Hulle moet egter versigtig wees soedat dit nie in hulle gesigte ontplof nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.