RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 19 05.01.2024 15:05
Johanna se hart is vol vrae. Gertrude se nuwe kompleks vorder fluks. Alles is gereed vir die bekendstelling van die trust ten bate van mediese navorsing. Dokter Janice beleef ‘n middag vol verrassende besoeke. En ‘n vreemde versoek.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 18 04.01.2024 14:30
Sake oor Avril en Keith Crossley word al hoe duideliker. Louis doen ‘n belydenis. Twee huismaats praat hulle harte leeg. Dokter Janice gryp in. Waar en met wie? Johanna neem ‘n belangrike besluit.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 17 03.01.2024 14:27
Celeste neem inisiatief om die beplande trust van die grond te kry. Louis word uit die hospitaal ontslaan, maar kom nie in Hibiscus uit nie. Johnny ontdek ‘n interessante foto in sy ouma se trommeltjie. Met wie stamp Lappies kop?
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 16 02.01.2024 14:09
Die ongeluk in die bergpas veroorsaak ‘n geskarrel op Seebult. Dis of die dorp rondom een verklaring vir die ongeluk verenig. Daarvoor sorg Johnny en sy voorbladberig. Wie is Servaas Serfontein? Wie raak soek?
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 15 01.01.2024 15:49
Louis en sy skoonma is soos olie en water - hulle meng nie. Dis of hulle die skerpkant uit mekaar na vore bring. Gertrude kan haar skoonseun nie genoeg die leviete voorlees nie. Louis neem ‘n besluit. Chanel kry ‘n aanbod wat die wind uit haar seile neem. Celeste se groot naweek breek aan, en sy is erg opgewonde.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 14 29.12.2023 15:30
Dit gons oor Sarel van Wyk. Daar is soveel vrae en so min antwoorde. Dis duidelik Sarel se optrede het ‘n handvol mense ten diepste geraak. Chanel neem ‘n besluit. Neville nooi iemand vir koffie... en dis nie om dowe neute nie.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 13 28.12.2023 16:00
‘n Besonderse eer val Celeste te beurt. Johanna dra skielik swaar aan die nuus oor haar pa se begrafnis wat sy nie bygewoon het nie. Die myner, Keith Crossley, is besonder bedrywig op Seebult, en dis duidelik hy het in die dorp vasgehaak om probleme te veroorsaak.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 12 27.12.2023 15:10
Na wie word so naarstigtelik gesoek? Waar daag ‘n nagtelike besoeker onverwags op? Wie kritiseer Lappies se kruietuin? Johanna kry ‘n onverwagse uitnodiging. Van wie?
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 11 26.12.2023 14:44
Chanel se kinderdae is skielik die middelpunt van bespreking. Met wie gesels sy daaroor? Wie oornag in ‘n hotel in Dolfynbaai? Hoekom? Schalk Niemand bly sentraal in ‘n paar gesprekke, en veroorsaak heelwat ongemak.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 10 22.12.2023 14:45
Johnny het nie brieke nie. Dis of daar ‘n duiwel op elke skouer sit en hom jaag. Louis het in sy wildste drome nie gedink sy besoek aan die hospitaal sal soveel drama oplewer nie. Dis of die moeilikheid kleintjies kry. Wie snel hom te hulp?
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 9 21.12.2023 13:56
Dokters Janice en Celeste kruis swaarde. Waaroor? By wie soek Celeste hulp? Die bloedhond, Johnny, is op ‘n missie. Dis of hy moedswillig onder inwoners se velle probeer inkom. Met wie stamp hy almal kop? Wie skok Celeste?
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 8 20.12.2023 14:37
Soms gaan dit doller as kopaf. Die lyk in die bad sorg daarvoor. Louis beland in die hospitaal. Sy besoeker veroorsaak meer pyn as die nagevolge van sy operasie. Skielik duik ‘n bebaarde myner uit Mooinooi oral in Seebult op, en sorg vir groot konsternasie. Wie is hy?
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 7 19.12.2023 14:34
Daar is ‘n geskarrel in Kruie-oase. Johnny gee Chanel ‘n harde tyd, tot die polisie opdaag. Dis nie die enigste persoon wat Johnny ‘n harde tyd gee nie. Wie nog? Schalk Niemand is skielik die middelpunt van bespreking.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 6 18.12.2023 14:58
Gertrude en Neville loop ‘n lang pad saam. Hulle het groot planne om geld te maak. Altwee is lief vir geld, en baie daarvan. Chanel kry die skok van haar lewe toe sy Kruie-oase se deure vroegoggend vir dokter Celeste oopsluit.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 5 15.12.2023 15:25
Chanel de Villiers weet nie waar om weg te kruip ná die SeebultNuus se voorbladberig nie. Lappies Grobler sleep haar see toe, waar hulle aan die gesels raak oor die Johanna-skipwrak wat in 1682 naby Kaap Agulhas gestrand het. Louis Lategan en Neville Nomis het beslis nie ooghare vir mekaar nie.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 4 14.12.2023 14:34
Johnny Morkel is nou maar eenmaal soos ‘n bloedhond op nuus se spoor. Hy is nie oral welkom nie, en vra dikwels vrae wat aanstoot gee. Maar hy het ‘n dik vel en hy weet goeie nuus kom net met stampe en stote. Dis duidelik Gertrude Germishuizen en Lappies Grobler sit nie langs dieselfde vuur nie.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 3 13.12.2023 14:52
Buitelandse toeriste loop nie by die Kruie-oase op Seebult verby nie. Seebult slaag ‘n sug van verligting as Johanna van Wyk opdaag en weer Kruie-oase se deure oopmaak. Sy word bygestaan deur Chanel de Villiers. Die redakteur van die Seebultnuus, Johnny Morkel, dink dis ’n lekker storie, en krap waar dit nie jeuk nie.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 2 12.12.2023 15:00
Die Jancel Laboratorium op Seebult doen mediese navorsing. Voldoende fondse bly ‘n kopseer. Dr. Janice Jennings en haar verloofde, Neville Nomis, verskil gereeld oor die befondsing vir dié navorsing. Nood bring deug, of nood breek wet. Dr. Celeste Celliers staan skielik voor dié besluit.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 1 11.12.2023 15:00
Ná sy vrou se tragiese dood, soek Louis Lategan ‘n nuwe heenkome op Seebult. Hy wonder gou of dit wys was om dit onder sy giftige skoonma, die skatryk Gertrude Germishuizen, se neus te kom doen het. Sy besoek aan die uroloog, dr. J Jennings, is vol kinkels en nare verrassings.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 60 (Slot) 08.12.2023 15:19
Die bom ontplof, en helfte van die parlement word verswelg in water en rommel. Die wêreld weet wat met die water gebeur. Nou moet Mia, Ruby en Rikus probeer wegkom. Max en Rachel het niks meer om te verloor nie. Nou is dit haat en wraak wat hulle dryf. Caleb staan in hulle pad… wie sal hierdie ronde wen? Sal Mia die vliegtuig kan haal na haar kinders toe, en wat sal van Rikus word?
DOR deur Anton Treurnich - Episode 59 07.12.2023 14:19
Mia, Rikus en Rugby moet van die Kasteel af, onder Kaapstad, in die waterkanale in. Van hier sal hulle tot onder die parlement kan kom. Rachel en Max is nie ver agter hulle nie, en sal alles moontlik doen om die waterterroriste se plan te stop.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 58 06.12.2023 12:18
Om die plofstof uit die nasionale biblioteek se stoorkamers te kry, is moeiliker as wat Ruby gedink het. Mia en Caleb moet so vining moontlik planne maak om hulleself te red. Rikus wag in die kerk langs die tuine vir die ander sonder dat hy weet dat Max en Rachel op sy spoor is.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 57 05.12.2023 14:52
Caleb, Mia en Ruby moet onderdeur ‘n sekere monument in die Kompanjiestuine by die nasionale biblioteek ingaan. Daar is die plofstof wat hulle nodig sal hê. Max en Rachel volg vir Rikus met die hoop dat hulle die hele groep sal kan stop.
DOR deur Anton Treurnich - Episode 56 04.12.2023 13:13
Max dreig om Caleb te skiet as hy nie hulle planne openbaar nie. Mia en Romulus raak in ‘n geveg betrokke. Een van die karakters sal nie die vlugtelingskamp verlaat nie, maar wie?
DOR deur Anton Treurnich - Episode 55 01.12.2023 13:52
Dis ‘n groot dag by die vlutelingkamp. Max en Romulus het vir Caleb vasgebind op ‘n opelug verhoog. Hulle wag vir Rikus om op te daag. Rikus en Mia kom die kamp binnegesluip, en besef dat Caleb gevange gehou word. Mia moet die wapens gaan soek, en Rikus besluit om Max en Romulus te konfronteer.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.