RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 34 22.04.2024

Ester is kwaad vir Manie omdat hy haar vermy. Manie bieg hy dink sy en Lionel is betrokke by sy pa Sammy se verdwyning. Dominee Malan repeteer saam met Barend vir sy onderhoud met die dokumentêre filmspan. Albert is bekommerd oor Ronel, en vra vir Ester om 'n woord vir hom in te sit.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 33 19.04.2024

Ronel se pa Albert vertel haar dat hy al sy aandele in die eiendomme op die dorp aan Wilma gaan verkoop nadat hy en Marita getrou het. Hulle sal dan permanent na Mauritius verhuis. Barend is bekommerd oor die brief met die seismiese data van die aardbewing wat Ryno vir dominee Malan gegee het.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 32 18.04.2024

Barend wil aksiefoto’s van Manie en sy manne by die brandweerstasie neem, maar Manie praat net oor sy ma en Wilma se liefde vir mekaar. Dominee Malan is bekommerd oor Wilma wat hom by die kerkraad gaan verkla het. Jolene en Lionel gaan hou vakansie by Warmwaterberg in die Karoo.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 31 17.04.2024

Ester verras Ryno met 'n croissantontbyt, en waarsku hom dat Ronel se pa, Albert Jooste, en sy nuwe meisie, Marita Marais, vandag by die gastehuis intrek. Albert en Marita arriveer vroeër op die dorp, en hulle verras Ronel by haar restaurant. Die dorp word deur nog 'n ligte aardskudding getref.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 30 16.04.2024

Ronel is steeds bekommerd oor Jolene wat nie reageer op haar oproepe of boodskappe nie, en oorweeg dit om deur te ry Hawston toe. Ester vertel vir Barend dat sy haar mond verby gepraat het oor haar liefde vir Wilma. Dominee Malan glo hy het die stem van bó met Ryno se seismometer opgetel.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 29 15.04.2024

Ronel bel vir Lolly Cupido in Hawston, en verneem dat Jolene ook nie by hom opgedaag het nie. Ester vra dominee om vrede te maak met Ronel, want sy is Kaapstad toe om hom by die kerk aan te kla. Lionel vertel vir Manie hy vertrek die volgende oggend Hawston toe om Jolene te gaan soek.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 28 12.04.2024

Wilma wil by Barend weet of hy uitgevind het hoe jy 'n klag teen dominee by die kerkraad kan indien. Ronel vra of Manie al iets van Jolene gehoor het, want sy reageer nie op haar selfoonoproepe of boodskappe nie. Barend hoor of Ryno nie met die TV-span oor dominee Malan sal gesels nie.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 27 11.04.2024

Wilma en Ester bespiegel oor hoe om dominee Malan en sy reaksie op haar protes, te hanteer. Ryno besoek dominee om te bepaal of daar enige spirituele seine opgetel is deur die seismometer. Lionel konfronteer Ester oor Jolene wat gesê het sy is Grabouw toe, maar eintlik haar pa in Hawston soek.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 26 10.04.2024

Barend keer terug van Kaapstad. Hy nader Manie, want hy wil 'n reeks skilderye oor brandweermanne doen. Wilma verneem by Ryno hoe sterk die ligte aardbewing die afgelope Saterdag was. Lionel glo Jolene is Kaapstad toe vir 'n werkskursus, maar sy gaan Hawston toe.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 25 09.04.2024

Wilma Jooste en die vrouevereniging hou hulle anti-aardbewing-protes deur die dorp se strate, en word halfpad deur dominee en 'n paar van sy gemeentelede voorgekeer. Die onderonsie lei tot 'n gestry, en net as almal dink dit is verby, is daar weer 'n ligte aardbewing wat almal se gemoedere verder aanhits.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 24 08.04.2024

Dominee Malan probeer om kaptein Jansen te oortuig om die anti-skudding-protes, wat Wilma beplan, te keer deur hulle van die straat te verban, maar hy het reeds toestemming gegee. Wilma vra vir Manie of sy brandweerwa die protesoptog Saterdag sal begelei, en hy stem in om ook deel te wees.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 23 05.04.2024

Dominee vra Ester om vir hom gordyne vir sy slaapkamer te maak, sodat hy die stem in die nag kan vasvang op die seismometer. Jolene besluit sy gaan haar pa in Hawston soek nadat sy by Manie hoor Sammy het nooit by Lolly opgedaag nie. Ester probeer Jolene laat afsien om Hawston toe te gaan.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 22 04.04.2024

Wilma vra vir Ronel om die optog teen die aardbewing-mania te kom ondersteun. Jolene is ook besorg omdat Sammy nie in Hawston opgedaag het nie, en vra vir Ronel om haar te help bepaal of hy wel op die bus geklim het. Hendrik probeer Wilma ompraat om nie die optog in die dorp te hou nie.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 21 03.04.2024

Wilma Jooste keer terug van Kaapstad, en vertel vir Ester sy het besluit om nie voort te gaan met die restaurant nie. Lionel lig Manie in dat hy en Jolene mekaar weer gevind het. Wilma stel haarself voor aan Ryno, en vra hom of hy haar antiaardbewing-petisie sal teken.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 20 02.04.2024

Dominee Malan lig die gemeentelede in dat hy weer 'n visie gehad het oor die komende aardbewing. Ryno, Jolene, Ronel en selfs Lionel woon die kerkdiens by. Ryno erken hy is net daar om Ronel weer te sien. Jolene en Lionel probeer mekaar ná die diens by die koek en tee vermy.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 19 01.04.2024

Dominee Malan rapporteer aan Ester ná sy besoek aan Wilma en Barend in Kaapstad. Lionel laat Sammy oplaai, en bring hom polisiestasie toe vir ondervraging oor die brand wat gestig is in die ou gebou in die dorp. Manie waarsku Sammy dat hy dink Lionel wil hom ontvoer of iets aandoen.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 18 28.03.2024

Sammy en Jolene vind dit vreemd as Ester bel en hom vir koffie nooi. Manie vertel sy ma dat dit hy is wat die aanbod op Sammy se huis gemaak het, maar Sammy weet dit nie. Ronel besoek Jolene, en vind haar in 'n baie depressiewe toestand. Sy probeer haar oortuig om bietjie weg te kom.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 17 27.03.2024

Lionel stel homself voor aan Ryno, en vra hom om nie die dorp verder op te werk met dominee se aardbewing-stories nie. Ryno neem Ronel die berge in na 'n swempoel waar hy vir haar wys hoe sy mobiele seismometer werk. Lionel vra Ester om weer vir Sammy te ontmoet by die slawehuis.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 16 26.03.2024

Sammy besoek Manie, en vertel hom hy het die huis vir ’n eiendomsagent gewys en dadelik 'n aanbod gekry. Manie sal moet trek. Jolene vra Ryno om verskoning dat sy haar wangedra het by die rampvergadering. Dominee Malan kom verneem of Ryno al weer enige aardtrillings opgetel het.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 15 25.03.2024

Sammy besoek Manie by die brandweerstasie, en vertel hom hy wil die huis verkoop. Ryno eet by Ronel se restaurant, en word oorweldig deur haar kos en vriendelikheid. Sammy vertel Jolene dat hy besluit het om vir 'n ruk Hawston toe te gaan, en die huis is op die mark.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 14 22.03.2024

Lionel konfronteer Sammy op straat, en waarsku hom dat die polisie hom sal dophou om elke hoek en draai. Dominee Malan besoek die galery, en vertel vir Ryno van die stem wat snags met hom in sy slaap praat. Sammy en Ester ontmoet mekaar in die parkie by die ou slawehuis, en hy vra haar vergifnis.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 13 21.03.2024

Jolene raak emosioneel wanneer sy haar pa Sammy by die Warmbokkeveld-tronk gaan oplaai en huis toe neem. Ryno Fouche, die seismoloog, daag by die gastehuis op, en word deur Ester verwelkom. Ronel ondersteun Jolene met haar pa op die tuisfront, en neem vir haar beskuit wat Ester gebak het.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 12 20.03.2024

Ester sleep Manie en Lionel uit Kallie se kroeg, en maak vir hulle 'n steak. Lionel bieg teenoor Ester dat hy daaraan dink om Sammy te ontvoer wanneer hy voet sit in hulle dorp. Ronel kla by dominee Malan oor tannie Wilma wat haar restaurant as 'n bedreiging vir Wilma se besighede sien.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 11 19.03.2024

Manie beland by Jolene ná sy kuier by Kallie se kroeg, en sy vra hom weer of Sammy by Manie kan kom woon. Ester vra vir dominee Malan of hy klere en goed vir Wilma en Barend Kaapstad toe sal neem. Lionel dreig om van Jolene te skei indien Sammy by haar kom woon wanneer hy uit die tronk kom.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 10 18.03.2024

Barend en Wilma word op Blouberg se strand beroof, en bevind hulleself sonder geld of motor. Jolene vra vir Manie of sy pa Sammy by hom kan oorbly, aangesien die huis nog in Sammy se naam is. Barend en Wilma probeer haar bakkie opspoor, en besef hulle sal langer in Kaapstad moet aanbly.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.