RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 59 27.05.2024

Jolene vertel vir Ronel dat sy haar maandstonde gemis het, en vermoed sy is dalk swanger. Ryno pak sy seismograwe op by die nooddiens-stasie, en Ronel is ontsteld omdat sy dink hy gaan die dorp ook verlaat. Lionel vra Barend se hulp om Mandy die robot-pop by Ester en Wilma terug te kry.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 58 24.05.2024

Mandy die robot-babapop annekseer die radioverhaal se karakters, en herhaal grepe uit hulle verlede sodat die luisteraar dieper insig in die verhaal kan kry. Dan neem die verhaal 'n heftige wending wat die luisteraar glad nie verwag het nie... Luister en leer, die toekoms het ons geannekseer.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 57 23.05.2024

Mandy, die robot-babapop, spin Wilma na die verlede om haar te help om perspektief op die hede te kry, en haar toekoms uit te sorteer Dit spin Wilma en Ester terug na die 1969-aardbewing en die aand in die kerk se vrugteboorde, toe Wilma en Ester hulle liefde teenoor mekaar verkondig het.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 56 22.05.2024

Wilma vertel vir Ester dat dominee Malan na die ontploffing in 'n koma in die hospitaal lê. Barend keer terug dorp toe, en doen navraag by Lionel oor sy huis wat gestroop is ná die aardbewing. Lionel konfronteer Manie weer oor die sportsakke, en Manie sê hy sal dit net teruggee as hy 'n eis kan insit.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 55 21.05.2024

Jolene kry slaappille by die nooddiens-stasie se dokters, en meng dit met lemoensap, wat sy vir Ronel gee. Manie gaan snuffel rond by die kerk se Anglo-Boereoorlog kelder, en vind dominee sit daarbinne vas terwyl hy gebid het. Ryno en Jolene sukkel om 'n slapende Ronel by die gastehuis te kry.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 54 20.05.2024

Wilma is bekommerd oor Ester wat so geheg aan die pratende robtiese babapop raak, en vra Jolene om die pop te kom haal. Manie vra Ryno om hom te help om die sportsakke met die geld en juwele uit dominee se Anglo-Boere-oorlog kelder te verwyder. 'n Vyfde sterker aardbewing tref die dorp.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 53 17.05.2024

Jolene vertel vir Ronel dat sy ander perspektief op moederskap gekry het, en nie meer swanger wil word nie. Lionel vra Wilma uit oor die inhoud van die sakke, wat Manie eers by Ester weggesteek het. Jolene konfronteer Lionel weer oor die geld en juwele wat Manie en haar ma wegsteek.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 52 16.05.2024

'n Vierde aardbewing tref die dorp, en skud almal weer van koers af. Ester praat haar mond verby voor Jolene oor Manie se geldsakke. Ronel besluit om met die tweerigtingradio’s by die noodtafel te help. Lionel wys Jolene hoe hy sy kantoor by die polisiestasie ingerig het vir 'n slaapplek vir hulle.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 51 15.05.2024

'n Derde kleiner aardskudding tref die dorp, en gooi Ester se kombuis by die gastehuis weer deur mekaar. Lionel besoek die nooddiens-stasie om by dominee uit te vind hoe die polisie kan help. Manie vertel vir dominee dat hy vir Lionel van die geld vertel het wat Sammy in die grot weggesteek het.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 50 14.05.2024

Dominee en Wilma word veilig uit die kerkmuseum binne in die preekstoel gehys. Ronel keer terug na haar restaurant om uit te vind haar personeel en gaste is veilig uitgekry deur Manie se brandmanne. Dominee is bly om te sien sy nooddens-stasie is 'n sukses, maar 'n derde aardbewing tref hulle…

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 49 13.05.2024

Ester kry Manie wakker nadat hy te veel wyn gedrink het, en vertel hom dat Jolene en Lionel die sekuriteitskode vir die wynkelder bring om hulle vry te laat. Ryno gebruik 'n hyskraan om dominee en Wilma met die preekstoel uit die ou kerkmuseum te red, en skuif almal na die kerksaal se nooddiens-stasie.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 48 10.05.2024

‘n Tweede skudding volg, wat nog skade aanrig. Jolene en Ronel help Lionel om flitsligte en grawe in sy bakkie te laai terwyl Ryno weer 'n seismiese lesing doen. Dominee Malan en Wilma sit nog verder vas in die preekstoel. Lionel en Jolene probeer met Ester en Manie kontak maak by die wynkelder.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 47 09.05.2024

Jolene en Lionel het ook vasgeval in hulle huis, maar kan self uitkom. Ronel kom by die kerksaal se nooddiens-stasie aan en vind dit staan nog, maar deel van kerk se toring het inmekaar getuimel. Ronel en Jolene moet Ester uit die gastehuis se kelder kry, waar Manie slaap nadat hy te veel wyn gedrink het.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 46 08.05.2024

Wilma en dominee word vasgevang in die ou kerkmuseum toe die eerste aardbewing die dorp tref. Manie en Ester vlug na die gastehuis se wynkelder, maar Manie wil uitkom om by die brandweerstasie te kom. Ronel se gaste en personeel val vas binne die restaurant, en sy gaan soek hulp.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 45 07.05.2024

Wilma vat die sakke met geld en juwele terug na Manie, en vra hom om Ester uit sy skelmsake te hou. Manie vra dominee om die twee sakke vir hom weg te steek by die kerksaal se nooddiens-stasie. Ryno doen 'n onderaardselesing in die berge, en laat weet dominee Malan daar is 'n skudding oppad.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 44 06.05.2024

Wilma kom af op die sakke wat Ester vir Manie wegsteek, en is kwaad dat Ester betrokke geraak het. Jolene kla by Ester oor Manie se optrede, en Ester vertel haar van die sakke met geld en juwele. Ryno wil Ronel vra om verloof te raak, en vra raad by Jolene oor hoe om Ronel te nader.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 43 03.05.2024

Manie wil weet hoekom Jolene nie by die polisiestasie was nie en haar eenkant hou oor Sammy wat in die grot gevind is. Dominee Malan besoek Manie by die brandweerstasie, en hoor van die geld en juwele wat Manie in die grot gevind het. Lionel verras vir Jolene met die robotiese oefenbaba.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 42 02.05.2024

Wilma vertel vir Ester van dominee en Ryno wat nou 'n aardbewing nooddiens-stasie in die kerksaal oprig nadat hy voor die kerkraad verskyn het. Hulle besluit om te gaan kyk wat daar aangaan. Ronel vertel vir Ryno van die babapop wat Lionel vir Jolene gekoop het om haar moederskap mee te oefen.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 41 01.05.2024

Lionel probeer Manie en Ester oortuig dat Sammy dood is aan natuurlike oorsake, maar Manie wil wag vir die finale uitslag van die polisie se forensiese ondersoek. Jolene kom uit haar slaapkamer, en kuier saam met Ronel. Sy vertel haar sy en Lionel oorweeg om wel skenkerinseminasie te gebruik.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 40 30.04.2024

Albert sê vir Wilma hy gaan nie meer sy deel van die galery aan dominee verkoop nie, want dominee gaan nou 'n nooddiens-stasie by die kerk oopmaak. Ronel verneem Jolene is terug op die dorp, maar sy het haarself in haar slaapkamer toegesluit, en wil niemand sien nie.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 39 29.04.2024

Albert vertel vir Ester van die sportsak wat Manie in die grot saam met Sammy se lyk gevind het, maar Manie wou nie sê wat daarin is nie. Ester vra Manie uit oor die sportsak, en wil weet of hy dit vir die polisie gaan gee. Ryno verneem dominee mag voortgaan om sy aardbewingvisioene te deel.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 38 26.04.2024

Ryno en Barend besoek die brandweerstasie waar Barend foto’s van Manie se brandweer-manne neem vir sy skilderye met die aardbewing as tema. Wilma neem vir Marita na die ou kerk-museum waar sy haar vra om Albert te oortuig om nie sy aandeel in die galery aan dominee te verkoop nie.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 37 25.04.2024

Ester is ontsteld na hulle hoor dat Sammy se liggaam in die grot gevind is waar Ryno 'n seismiese lesing saam met Albert gedoen het. Albert vra Marita om met Ronel te gesels en Ronel se guns te probeer wen. Manie vra Albert om hom die grot te gaan wys waar Sammy se lyk gevind is.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 36 24.04.2024

Wilma keer terug van Kaapstad af, waar sy dominee Malan gaan aankla het by die kerkraad. Albert en Marita besluit om nog 'n ruk lank aan te bly, en word deur Wilma vir ete genooi by Ronel se restaurant. Ester sit ‘n goeie woord in vir Albert by Ronel, en vra haar om haar pa met sy nuwe meisie te aanvaar.

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 35 23.04.2024

Dominee Malan vra of hy Albert se aandeel in die galery kan koop. Manie loop in Marita langs die swembad vas by die gastehuis waar sy bostukloos langs die swembad sonbak, en word uit die veld geslaan. Marita en Albert mediteer langs die swembad om te besin of hulle gaan aanbly of vertrek.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.