RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 9 15.03.2024 17:26
Barend en Wilma vertrek Kaapstad toe om inkopies te doen. Wilma is ongelukkig dat hulle vir almal goed moet saambring. Lionel en Manie vind mekaar wanneer Lionel uitvind dat Manie weier dat Sammy by hom kom woon. Barend en Wilma besoek Bloubergstrand vir 'n sonsak, en word onverwags beroof.
AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 8 14.03.2024 16:30
Barend gaan werk saam met Lionel Jansen sodat hy fotos kan neem vir sy skilderye en beplande uitstalling by die galery. Dominee Malan besoek Jolene, en vertel haar dat Lionel baie aggressief teenoor hom opgetree het. Hy stel voor sy kry Lionel by 'n sielkundige vir terapie.
AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 7 13.03.2024 16:14
Jolene vra dominee Malan of dit 'n sonde sal wees as 'n vrou 'n ander man as spermskenker gebruik. Wilma besluit om by dominee Malan meer uit te vind oor die aardbewing, en of dit dalk wel toerisme kan help. Lionel daag op, en trap dominee Malan uit oor sy raad aan Jolene oor spermskenkers.
AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 6 12.03.2024 18:29
Ester is besorg oor Jolene en Lionel wat hulle onttrek van die gemeenskap, omdat Sammy moontlik terugkom dorp toe. Wilma wil Kaapstad toe gaan om inkopies te doen, en vra vir Barend om haar te vergesel op die avontuur. Ronel verneem haar pa Albert gaan verloof raak aan sy meisie, Marita.
AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 5 11.03.2024 14:22
Ronel vra raad by Barend du Preez, die kunstenaar, want sy is besorg oor haar vriendin Jolene en haar man Lionel, veral noudat Sammy Fortuin uit die tronk kom. Lionel is woedend vir Jolene omdat sy hom nie ingelig het dat haar pa op vroeë parool vrygelaat gaan word nie.
AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 4 08.03.2024 18:15
Wilma vra vir Lionel om haar petisie te onderteken, maar hy wil nie betrokke raak nie. Ronel kla by Ester oor Wilma se gedrag. Sy glo Wilma is eintlik die een wat die dorp se toerisme skade aandoen. Manie praat sy mond verby, en breek die nuus aan Lionel dat Sammy Fortuin uit die tronk kom.
AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 3 07.03.2024 16:30
Barend besoek dominee Malan om te probeer bepaal in watter emosionele toestand hy is oor sy vrou wat weggeloop het saam met 'n skatryk boer van Oppie Berg. Jolene vertel vir Ronel dat Lionel nie goed reageer op die voorstel dat hulle skenker-inseminasie gebruik om ‘n baba te hê nie. Ester is geskok wanneer sy by Jolene verneem haar eks-man Sammy gaan uit die tronk vrygelaat word.
AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 2 06.03.2024 16:20
Wilma probeer haar niggie Ronel kry om die petisie teen dominee Malan se aardbewing-bewerings te teken. Ronel is egter opgewonde oor die aardbewing. Jolene Jansen gesels met haar man, Lionel, oor verwagtend raak, en vertel hom daar is ‘n manier wat hulle hulle droom kan waar maak.
AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie - Episode 1 05.03.2024 18:30
Dominee Malan skok die gemeente wanneer hy tydens die Sondagoggend-diens aankondig daar wag ‘n aardbewing erger as die een in 1969 op hulle. Wilma, die eienaar van ‘n gastehuis op die dorp, besluit om ‘n petisie op te stel om dominee te verhoed om die die dorp se toerisme skade aan te doen.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 60 (slot) 04.03.2024 17:24
Al die tergende geheime word opgeklaar, en daar wag ‘n paar skokke op ‘n paar inwoners. Heelwat eiendomme kry nuwe eienaars. Wie is so vrygewig?
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 59 01.03.2024 15:21
Die grusame ongeluk by die vierrigtinstopstraat laat Chanel weer haar ma se dood beleef. Sy sit en tob, tot iets haar byval, iets wat haar hulp gaan laat soek. By wie? Seebult weet nie regtig wat om van Gertrude se verdwyning te maak nie. ‘n Gebeurtenis ontstel Neville hewig.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 58 29.02.2024 15:15
Lappies en Louis weet nie vorentoe of agtertoe nie. Celeste en Janice doen nabetragting van Celeste se onbesonne daad. Sarel se briewe is die middelpunt van belangstelling. Gertrude beleef ‘n nagmerrie van epiese proporsies. Janice maak planne en tree daadwerklik op.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 57 28.02.2024 14:50
Twee motors, elk met twee passasiers daarin, vertrek amper presies op dieselfde tyd na verskillende bestemmings. Wie ry waarheen om wat te doen? Wie het met die stootskraper die skeepstrommel uit die grond gelig? ‘n Gebeurtenis skok Seebult.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 56 27.02.2024 15:12
Chanel worstel opnuut oor wie haar biologiese pa kan wees. Sy weet wie dit beslis nie is nie. Wie soek ‘n nuwe kantoor? Lappies moet twee dae afvat om Gertrude te help. Wat is op die agenda?
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 55 26.02.2024 14:10
Chanel skrik haar amper in ‘n ander bloedgroep in, en sy vlug vir haar lewe. Sy is boos verby, en hou niks terug nie. Sy sê haar sê. By wie soek sy troos? Johnny is op die oorlogspad. Gewapen met nuwe inligting, maak hy die lewe moeilik vir Gertrude.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 54 23.02.2024 15:45
Neville speel sy troefkaart. Wie loop mekaar voor die polisiestasie raak? Chanel vind uit wie die vorige Donderdag in die Seebult Hotel ingeboek het, en die gort is gaar. Sy speel speurder, en maak ‘n skokkende ontdekking.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 53 22.02.2024 14:29
Die skeepstrommel het Seebult aan die gons. Johnny Morkel is geskok, en hy skryf ‘n artikel wat Seebult ruk. Die vraag word gevra of dit feite of persoonlike aannames is? Celeste het nuus oor die maatskappy wat in haar naam opgerig is. Louis waag dit weer naby Gertrude, met slegte gevolge.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 52 21.02.2024 15:00
Iets in Karel se bakkie pla Lappies. Chanel ry Dolfynbaai toe ná ‘n openhartige gesprek met Louis. Sy verras hom met ‘n brokkie interessante nuus. ‘n Stootskraper sorg vir pandemonium die oggend vroeg voor Koffiekamer, met skokkende nagevolge.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 51 20.02.2024 14:23
Die moord op Servaas Serfontein is weer warm in die nuus. Iemand besoek weer Seebult, en dit gee aanleiding tot ongemak en baie vrae. Neville kan nie sake net so los nie. Celeste word met inligting gekonfronteer, wat haar tot in haar fondamente ruk.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 50 19.02.2024 14:53
Die naskokke van die naweek se gebeure in Dolfynbaai word in verskillende huishoudings bespreek en beleef. Lappies kry ‘n onverwagse besoek én versoek. Die moeilike sersant besluit dis tyd om iemand polisiestasie toe te laat kom.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 49 16.02.2024 15:33
Die spoggerige nuwe vakansieoord in Dolfynbaai word ‘n naweek van absolute drama. Niemand het dié gebeure sien kom nie. Wie boek almal in vir die naweek in die oord? Wat skud Chanel tot in haar fondamente?
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 48 15.02.2024 15:00
Wie doen kruie-inspeksie? Beide Gertrude en Neville doen inderhaas vernuftige voetwerk om die polisie van hulle voordeure af weg te hou. Vir wie doen Johanna reisbesprekings? Wat soek die ambulans in Hibiscus?
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 47 14.02.2024 16:00
Chanel kry Louis voor stok. Hy besef hy kan nie langer ‘n sekere gesprek uitstel nie. Neville soek hulp. Wie raak soek? Gertrude kry ‘n onverwagse besoek met skokkende nuus.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 46 13.02.2024 14:43
Louis kry ‘n besoek van iemand, wat hom gooi. Wie kry die braaikompetisie weer op dreef? Wie borg die wenprys? Johnny kry nuttige inligting vir ‘n koerantstorie. Kort voor lank kry Johnny sowaar nog inligting vir nog ‘n koerantstorie.
KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 45 12.02.2024 14:29
Neville is duidelik op die oorlogspad. Hy konfronteer Celeste, en sy is stom. Celeste besluit sy moet iemand in haar vertroue neem. Wie word onverwags vir ete genooi? Gertrude neem ‘n besluit wat skokgolwe veroorsaak.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.