RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 2 08.04.2025 13:52
Kommandeur Grůš Watwobiuš van Maksor se Geheime Diens, Šukroš Dinštíka, word na die Opperbevelhebber se saal ontbied en opdrag gegee om Kulturele Attaché L2R1 te elimineer omdat hy ʼn bedreiging is vir intergalaktiese veiligheid en sekuriteit. Onbewus van hierdie gebeure in die verre toekoms, sit Neelsie en Vroutjie rustig op hulle bankie onder die eikeboom in die agterplaas van hulle huis op Oudts...
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 1 07.04.2025 15:49
In opdrag van RSG as deel van Afrikaans 100 wat op 8 Mei 2025 die honderdste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike landstaal herdenk. Kulturele Attaché L2R1 (alias Loeloeraai) word na die saal van die Intergalaktiese Opperbevelhebber, Keiser Maksor, ontbied. Drie millennia in die verlede sit Neelsie en Vroutjie op Oudtshoorn teen skemer op ʼn bankie onder die eikeboom agter die huis en praat oor...
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 60 (slot) 04.04.2025 14:38
Tuis. Lauren en Susan is oudergewoonte weer besig om klippe te stapel. Hulle nooi Magda om te kom help.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 59 03.04.2025 13:26
Deon besef wat Izel mee besig was – te laat. Albert en Izel is weg.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 58 02.04.2025 12:28
Richard en Tanya bespreek wat om te doen oor die boek wat Izel nie meer wil laat publiseer nie. Tanya ontvang haar eerste boodskap van Izel.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 57 01.04.2025 12:22
Deon en Susan lê langs die swembad en gesels oor hulle toekoms. Hulle hoor hoe die helikopter enjins opwarm...
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 56 31.03.2025 13:07
Dennis en Richard maak planne oor wat hulle kan doen as Izel en Albert van die skip wegvlieg. Lauren en Essie se vriendskap verdiep.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 55 28.03.2025 13:52
Susan en Magda gesels oor wat gebeur het, en oor wat sal gebeur as hulle by Nova Sentrum terug is. Izel voer haar finale onderhoud met Tanya.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 54 27.03.2025 14:07
Albert en Izel maak planne om te ontsnap voor hulle in Suid Afrikaanse water seil.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 53 26.03.2025 13:09
Deon en Susan speel oop kaarte met mekaar. Deon se bekentenis oor sy verlede skok Susan, maar sy verstaan waarom hy so opgetree het.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 52 25.03.2025 13:39
Deon en Denis spoor die vermiste oorlogwapens op, en besluit wat om met die inligting te doen.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 51 24.03.2025 14:40
Magda, Susan, Lauren en Deon hou ‘n vergadering in die klein kapel.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 50 21.03.2025 14:33
Deon konfronteer vir Izel. Hy laat haar verstaan dat hy weet waarmee sy besig is, en vra dat sy haarself oorgee.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 49 20.03.2025 13:40
Izel en Albert finaliseer hulle planne. Maak nie saak wat gebeur nie, hulle kom weg. Deon en Susan neem ‘n finale besluit oor wat hulle sal doen wanneer die ‘vakansie’ verby is.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 48 19.03.2025 14:15
Deon en Dennis probeer meer uitvind oor die geheimsinnige stoorplek.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 47 18.03.2025 13:15
By een van die vele kroeë op die SS Salacia, vier Bettie en Essie hulle vryheid, noudat JP weg is. Tanya en Richard beplan wat hulle volgende sal doen. Moet die boek nog geskryf word?
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 46 17.03.2025 12:35
JP ontvoer vir Lauren. Susan Deon en Dennis sien hoe hy vir haar op die oopdek teen die reling gyselaar hou. Deon doen sy bes om met die woedende JP te onderhandel.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 45 14.03.2025 13:07
Deon en Dennis is op soek na JP Swart se wegkruipplek. Hulle het die nuwe skematiese plan wat die hoogs geheime deure aandui, en besef dat daar ‘n deur in Susan se stort is. ‘n Fluitjie blaas, en ‘n skoot word afgevuur!
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 44 13.03.2025 12:36
Susan, Bettie, Magda, Lauren en Essie eet saam in die Für Elise-saal. Veiligheid, en hoe om veilig te bly, is op almal se lippe.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 43 12.03.2025 12:07
Albert, Izel, Dennis en Deon beplan hoe hulle vir JP kan vang. Sekuriteit laat weet dat een van hulle pistole vermis word.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 42 11.03.2025 12:01
JP breek laatnag by Izel se private kwartiere in. Hy is opsoek na madame Kyrioskie, en heel verbaas om Albert en Izel te vind.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 41 10.03.2025 13:48
Deon en Dennis soek na JP. Die dames moet weer fluitjies en pepersproei byderhand hou. Tanya voer weer ‘n onderhoud met Izel.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 40 07.03.2025 12:32
Susan en Deon stap laatnag op die opelugdek. Albert en Dennis kom met die nuus dat JP ontsnap het. Die duiwel is weer los op die SS Salacia!
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 39 06.03.2025 13:08
JP Swart is uiteindelik gesond genoeg om behoorlik ondervra te word.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 38 05.03.2025 13:12
Albert en Izel maak planne. Tanya probeer uitvind waarmee Izel werklik besig is.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.