RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 4 14.05.2025 14:40
Magriet kry 'n onverwagse besoeker. Willem en Ansie sit vas. Sy is bang sy gaan haar kind verloor, en neem sake in eie hande.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 3 13.05.2025 14:01
Ben soek toenadering by Sam. Hy oortuig Magriet om saam met hom na die klub toe te gaan om te luister hoe Elsa saksofoon speel. Hulle ontmoet Dustin en Magriet is nie beïndruk nie.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 2 12.05.2025 14:11
Ben is bekommerd oor Elsa. Elsa konfronteer Willem, en waarsku hom om weg te bly van haar en haar gesin af. Lynette stel 'n ultimatum aan Petro.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman - Episode 1 09.05.2025 12:57
Magriet wil nie betrokke raak by Lynette en Petro se argumente nie. Ben soek vergeefs toenadering by sy vrou. Elsa is kwaad wanneer Sam haar vertel van Willem.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 23 (slot) 08.05.2025 15:35
Hoor wat van Afrikaans sal word in die sesde millennium, en of Didius en Bonita toe darem hulle verskille kon bylê. En hoe sal Loeloeraai die res van sy sending in die Suidelike Galaktikas benader?
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 22 07.05.2025 14:54
Didius kom uit ’n gebou gehardloop en roep wild om hulp. Loeloeraai beveel aan dat Cleož hom op ’n veilige plek uitvra terwyl hy en Watwo onder elektromagnetiese verhulling gaan kyk of hulle die oorsaak van Didius se hulpgeroep kan opspoor. Cleož besluit die veiligste plek om Didius uit te vra, is in die Kronogmoš. Dit het egter katastrofiese gevolge!
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 21 06.05.2025 13:39
Cleož transfigureer van haar normale voorkoms na dié van ’n tipiese student van 1997, met byna katastrofiese gevolge wanneer sy met Didius Deelman begin gesels. Professor Provo van Thijn, wat Didius se meisie by hom afgerokkel het, raak dinge teenoor haar kwyt wat byna Didius se lewe kos.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 20 05.05.2025 13:54
Loeloeraai neem ’n foto van Neelsie, Vroutjie, Engela en Oom Stoffel. Kort daarna heers daar egter groot verwarring, en Vroutjie verdink Neelsie dat hy by die aanstellerige Miesies Wenderbaail vlerkgesleep het. Watwo en Cleož het baie interessante nuus om met Loeloeraai te deel, maar hy het sélf ’n bietjie verrassende nuus vir Watwo.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 19 02.05.2025 14:49
Neelsie verduidelik aan Loeloeraai waarom hy glo dat Afrikaans sal wegkwyn sonder die handhawing van die taal op onderwysvlak. Loeloeraai het slegte nuus vir Kerneels en sy huismense.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 18 01.05.2025 14:59
Neelsie vertel Loeloeraai van die twee belangrike periodes van oorsprong van Afrikaans. Wanneer hy sy twyfel oor die voortbestaan van Afrikaans oor vyftig of meer jaar uitspreek, betig Loeloeraai hom onmiddellik en sê hy dat hy glo in die oorlewing van die taal. Loeloeraai is verstom oor die geskiedenis van taalgenootskappe en taalunies, en verwonder hom aan die uiteenlopende denkrigtings va...
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 17 30.04.2025 13:33
Neelsie se antwoord op die vraag of daar enigiemand in die land selfs besig is met genetiese navorsing, bevestig Loeloeraai se vermoedens. Loeloeraai se belangstelling in Afrikaans word geprikkel wanneer Neelsie vertel van sy pogings om die taal te bevorder en van die uiteenlopende standpunte oor die ontstaan van Afrikaans.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 16 29.04.2025 14:46
Engela en Loeloeraai het ’n reuse verrassing vir Kerneels en Vroutjie, maar Stoffel is nog meer agterdogtig as ooit tevore. Neelsie skraap die moed bymekaar om Loeloeraai te vra wat die doel van sy besoek is en of hy alleen is. Die beperkte inligting wat hy van Loeloeraai kry, is nietemin vir hom onrusbarend.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 15 28.04.2025 14:29
Loeloeraai erken teenoor Watwo wat sy ware opdrag vir die sending was. Oom Stoffel kom vroeg daardie volgende oggend by die kombuis ingehardloop met skokkende nuus oor Loeloeraai.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 14 25.04.2025 14:48
Nadat Loeloeraai teruggekeer het na die eiervormige tuig in die agterplaas vir die nag, kan niemand in die huis tot rus kom nie. Engela verwoord Neelsie en Oom Stoffel se grootste kommer: “ Ek wonder net wat het hy hier by ons kom maak ?” Cleož maak die waarheid aan Watwo bekend oor die dood van sy vader, lank gelede.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 13 24.04.2025 16:25
Loeloeraai verstom almal met sy intelligensie, behalwe Oom Stoffel wat die vrede nie wil vertrou nie. Nie net is hy intelligent en vir Vroutjie en veral vir Engela baie aantreklik nie, hy verstom almal ook met asemrowende tegnologie.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 12 23.04.2025 15:51
Oom Stoffel reken met só baie goud in die agterplaas, is Kerneels se geldprobleme vir goed verby! Die ou korrelkop wil sommer hê Herrie moet die goue eier kom omrol, maar Vroutjie vrees steeds vir ’n moontlike ontploffing. Oom Stoffel bedink ’n slim plan om te bewys dat dit nie ’n stuk wapentuig uit die vorige oorlog was nie.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 11 22.04.2025 13:38
Loeloeraai oortuig Watwo en Cleož dat hy alleen die chronotuig sal verlaat, sonder ’n wapen om homself mee te verdedig en sonder ’n linguistofoon waarmee hulle mekaar sal kan verstaan. Vroutjie is bekommerd dat die eiervormige tuig in hulle agterplaas ’n oorblyfsel uit die laaste oorlog kan wees en Engela is bang die persoon aan die binnekant gaan versmoor omdat daar geen venster...
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 10 21.04.2025 14:31
Terwyl Vroutjie en Neelsie die Aandster sit en bewonder, sien sy skielik ’n baie vreemde vliegtuig naderkom. Die skynbaar onmoontlike gebeur. Die eiervormige tuig land reg langs die eikeboom in Neelsie-hulle se agterplaas! Neelsie stel ondersoek in, maar hy sien niks wat lyk na ’n deur óf ’n venster of selfs ’n voeg nie. Vroutjie sê sý dink dis Neelsie se mense van Venus wat sy naasteliefde van na...
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 9 17.04.2025 13:01
Loeloeraai en sy medetydreisigers besluit eenparig dat daar geen kulturele gesprekvoering met enigiemand in 1697 gevoer kan word nie, en besoek die Aarde in 1923. Hulle wend hulle dié keer tot ’n area oos van waar hulle voorheen was. Terwyl Neelsie en Vroutjie die Aandster sit en bewonder, sê Neelsie hy wonder of daar mense op Venus woon. Vroutjie wonder: “Ás daar mense op Venus sou wees, hoe sou...
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 8 16.04.2025 15:47
Cleož vertel verder waarom Loeloeraai se voorgeslagte van honderde duisende jare gelede nie van Venus na die Aarde kon vlug nie, en vra Loeloeraai of sy hom maar Loe kan noem, afgelei van Loeloeraai, soos Watwo se noemnaam afgelei is van Watwobiuš. Loeloeraai verras sy medetydreisigers met sy tegniese kennis.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 7 15.04.2025 15:00
Kaptein Malfoř, bevelvoerder van die basistuig, Galliaštíka Ontdachím, noem Cleož ’n stuk metaal waarmee hy nie wil argumenteer nie, en sy beëindig die kommunikasiesein met die basistuig. Grůš wil haar teregwys, maar Cleož wys hom dadelik op haar regte as ’n KI-entiteit. Die chronotuig, Kronogmoš, is ingestel op die chronoverwysing 1197 in ’n gebied wat eeue later as Stellenbosch bekend sou staan....
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 6 14.04.2025 14:21
Grůš Watwobiuš (alias Watwo vir sy vriende) neem Loeloeraai na die Kronogmoš waar hy die androïed, Cleož, sal ontmoet wat hulle op die sending sal vergesel. Maar eers bak Watwo en Cleož hom ’n poets waaroor hy later lekker kon lag.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 5 11.04.2025 15:25
Op Oudtshoorn wonder Neelsie of hy en Vroutjie nie dalk ‘n bietjie met Herrie en die trem moet gaan vakansie hou so kort voor Kersfees nie. Loeloeraai is só geskok toe hy Grůš se ware identiteit uitvind en hoor van sy aandadigheid aan Maksor se bedrog, dat hy niks met Grůš te doen wil hê nie. Maar dan onthou hy dat hy sélf nie alles omtrent homself aan Grůš vertel het nie...
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 4 10.04.2025 15:55
Grůš oortuig Maksor om hom kans te gee om Loeloeraai eers goed te leer ken. Indien hy kan vasstel dat Loeloeraai nie is wie hy voorgee om te wees nie, maar ‘n agent is wat heimlik op Maksor spioeneer, sal hy persoonlik toesien dat Loeloeraai uit die weg geruim word. Grůš besoek Loeloeraai weer met die doel om hom te waarsku en om die aap uit die mou te laat, maar bedink hom ter elfder ure.
SENDING VAN VER deur Eben Cruywagen - Episode 3 09.04.2025 13:54
Grůš Watwobiuš ontmoet L2R1 (Loeloeraai) in sy werksfeer. Hulle praat informeel oor die sending en Loeloeraai erken teenoor Grůš dat hy die Opperbevelhebber nie volkome vertrou nie. Grůš lê direk daarna weer besoek af by Maksor en waarsku hom dat die Kulturele Attaché snuf in die neus oor die sending gekry het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.