RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 37 04.03.2025

Susan en Deon eet middagete, en deel wat hulle voel oor die gebeure van die laaste paar dae. Dennis probeer Albert oortuig dat dit belangrik is dat Izel met Deon praat.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 36 03.03.2025

Deon en Dennis bestudeer die skematiese plan van die skip, en besluit om ‘n bietjie rond te snuffel. Hulle ontdek iets belangrik.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 35 28.02.2025

Ná die arrestasie van JP voel Magda weer veiliger, en sy loop op die opelugdek saam met Bettie en Susan.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 34 27.02.2025

Richard vertel vir Tanya wat gister tydens die onderhoud gebeur het. Sy sê sy vermoed Izel is weer besig met iets wat die res van hulle nie van weet nie. Lauren kuier by Susan in haar kajuit.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 33 26.02.2025

Kaptein JP Swart word uiteindelik in hegtenis geneem, maar dinge loop skeef.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 32 25.02.2025

Tanya voer weer ‘n onderhoud met Izel, en vind dat sy nie eintlik so ernstig is om haar storie te vertel nie. Susan en Essie gesels openlik oor Spanje en die Spanjaard.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 31 24.02.2025

Susan, Deon en Dennis ontdek ‘n geheime deur na die kapel. Daar word besluit om Richard en Albert te vra om te help met JP se arrestasie.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 30 21.02.2025

Susan en Deon praat openlik oor hulle alkoholisme, en hulle toekoms.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 29 20.02.2025

Deon en Dennis ontmoet vir JP. Iets is nie reg nie. Dennis werk uit hoe om die skematiese plan van die skip te steel.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 28 19.02.2025

Essie en Lauren lê langs die swembad en skinder. Lauren bieg oor haar verlede, en wat Susan nou deurgaan. Susan kuier by Bettie en Magda, en sy kry terugvoer oor hoe dit met die ondervraging gegaan het.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 27 18.02.2025

Deon en Dennis ondervra ‘n erg getraumatiseerde Magda. Bettie hou ‘n oog oor die gebeure.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 26 17.02.2025

Albert en Izel maak planne oor hulle toekoms. Tanya en Richard geniet middagete, en vang op.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 25 14.02.2025

Deon en Dennis beplan hulle volgende stappe in die plan om die boef te vang. Tanya gaan na Madame Kyrioskie se kajuit vir nog ‘n onderhoud.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 24 13.02.2025

Richard haas hom na Susan se kamer waar hy in detail vertel word van die aanval. Susan vra Lauren en Essie om na haar kajuit te kom, en vertel hulle van die aanval.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 23 12.02.2025

Magda klop laat in die nag aan Susan se deur: “Help my asseblief!”

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 22 11.02.2025

Magda, Bettie en Susan is spesiale gaste van JP vir aandete. Ná ete sukkel Magda, effe dronk, om haar kajuit te vind. ‘n Groot man in ‘n hoodie wag in haar kajuit.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 21 10.02.2025

Susan, Lauren, Bettie en Essie speel shuffleboard op die promenadedek. Bettie en Susan is op vanaand se lys van gaste vir ete by die kaptein se tafel. Essie deel ‘n groot geheim.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 20 07.02.2025

Deon en Dennis ontmoet vir Madame Kyrioskie. Die twee speurders laat haar vinnig verstaan dat hulle weet wie sy is. Om die verkragter vas te vang, besluit hulle om tydelik vrede te maak.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 19 06.02.2025

Deon en Dennis ontmoet vir koffie. Hulle ruil inligting uit. Albert sluit by hulle aan met ‘n belangrike boodskap van Izel.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 18 05.02.2025

Izel en Tanya ontmoet vir die eerste behoorlike onderhoud. Izel vertel stories oor haar verlede.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 17 04.02.2025

Susan en Lauren loop vroegoggend op die promenadedek. Hulle gaan na die kapel vir ʼn programvergadering. ʼn Onverwagse gas sluit by die vergadering aan.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 16 03.02.2025

Ná die goeie nuus, beplan Tanya en Richard hulle toekoms. Dennis kom kuier, en deel in hulle geluk oor die goeie nuus.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 15 31.01.2025

Tanya drink tee saam met Madame Kyrioskie. Izel vra vir Tanya om nog ‘n boek oor haar te skryf.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 14 30.01.2025

Essie kuier by Ouma, en ‘n onverwagse diep gesprek vind plaas. Albert laat weet vir Kaptein JP dat Madame Kyrioskie om drie uur ʼn spesiale gas vir tee sal ontvang. JP erken dat daar geen vordering is met die saak van die verkragter nie.

TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 13 29.01.2025

Dit is Susan en Deon se eerste afspraak. Hulle deel hulle gevoelens oor wat vir beide die ergste jaar van hulle lewe was.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.