RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 2 25.07.2013 9:58
Lilanie Sevenster ontdek haar nuwe sekuriteitshoof het vele talente, hy kan onder andere Russies praat. George Sevenster, die oudste Seventer-kind en hoofjagter op die plaas, vind aanklank by Winter. Cathrine Baaitjies loop wye draaie om George en is bly dat haar pa, Basjan, vir ‘n slag kom inloer het.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 1 24.07.2013 11:17
Winter le Roux se motor raak onklaar oppad na Sjibbolet, waar hy pas aangestel is as sekuriteitshoof. Met 30km oor na die wildplaas se hotel en geen manier om kontak te maak nie, wag daar ‘n lang gevaarlike dag op hom. Lilanie Sevenster, bestuurder en eienaar van die wildplaas, sukkel met ‘n groep Russiese gaste wat hulleself gemaklik gemaak het in die hotel se kroeg en nie hulle rekening wil vere...
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 50 (slot) 23.07.2013 12:28
Johan kry twee keer skokkende nuus. Hy vra ‘n belangrike vraag aan Christien en maak vir oulaas ‘n oorsese oproep.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 49 22.07.2013 14:34
Wynand vra ‘n groot vraag. Die belhamels van die stropers kry borgtog en benut hulle vryheid op ‘n dramatiese manier. Johan kry ‘n moeilike oproep van oorsee.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 48 19.07.2013 10:47
Die finale seeslag is toe meer as ‘n woordestryd. Wie gaan die skipper van die reddingsboot van die NSRI oortuig om hulle te help? Dis Wynand en Ina teenoor die stropers.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 47 18.07.2013 11:20
Wynand en Ina vorder verbasend goed met die seeslag teen die seerowers, totdat Fortuin in die naam van die owerheid ingryp met ‘n groot oormag.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 46 17.07.2013 11:43
Wynand en Ina berei voor om die stropers ter see op heterdaad te betrap en te oorrompel. Johan is bekommerd oor Ina se veiligheid.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 45 16.07.2013 12:14
Johan skarrel vir sy eie vryheid, terwyl Sumi wil slange vang oor Fortuin se verraad. Fortuin en Bobby maak nuwe planne.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 44 15.07.2013 12:23
Terug in Suid-Afrika konfronteer Johan vir Fortuin en verduidelik die ooreenkoms aan hom. Fortuin aanvaar dit oënskynlik langtand, maar kom met ‘n onverwagte teenaanval.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 33 28.06.2013 12:56
Ina en Wynand slaap oor op die renosterplaas, maar kry in hulle kamers geskenke, sommige met ‘n angel in die stert.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 32 27.06.2013 14:59
Wynand en Ina styg op vanaf George se vliegveld en Ina stem in die lug in tot ‘n verhouding met Wynand. Dit word egter deur meer ore gehoor as vir wie dit bedoel is.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 31 26.06.2013 13:32
Die stropers op grondvlak verneem dat Johan op Sumi se wildsplaas gekuier het en is totaal verward omdat hulle nie weet of Johan vir, of op Sumi spioeneer nie.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 30 25.06.2013 14:58
Johan keer terug na sy nuwe huis in L’Agulhas en die verrassings hou nie op nie. Die reaksie van Sersant Fortuin is egter nie ‘n verrassing nie.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 29 24.06.2013 13:29
‘n Vinnige, onbeplande besoek deur Johan en Christien aan die wildsplaas loop uit op ‘n onaangename verrassing en groot verleentheid.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 28 21.06.2013 13:44
Johan en Christien besoek George en ontmoet onverwags ‘n vermeende belhamel van die sindikaat van aangesig tot aangesig.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.