RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 27 20.06.2013 13:07
Johan bespreek ‘n moontlike besoek aan Sumi se renosterplaas met Christien, en reguit woorde word gewissel as moontlike liefdesverhoudings binne die span ter sprake kom.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 26 19.06.2013 13:09
Sumi spog met nuwe nuus oor sy renosterplaas en nooi Johan en sy vriendin om die plaas te besoek. ‘n Aangeklamde Bobby beskuldig Johan van verraad.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 25 18.06.2013 13:54
Wynand en Ina beweeg nader aan Big Joe se netwerk en Sumi skakel Johan oor ‘n onthulling.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 24 17.06.2013 14:03
Wynand en Ina slaan ‘n slag in ‘n selfoonwinkel, maar die stropers begin agterkom dat iemand in hulle slaai krap.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 23 14.06.2013 14:17
Misverstande onder spanlede verongeluk byna die hele ondersoek, maar ‘n agtervolging per pad lei die span na nuwe informasie.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 22 13.06.2013 14:25
Ina moet keer as Bobby haar toenadering verkeerd vertolk. Johan soek toenadering by Christien, maar hy praat sy mond verby.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 21 12.06.2013 14:40
Bobby konfronteer Johan omdat hy ‘n spioen is en dit nooit genoem het nie. Ina besoek weer vir Bobby op ‘n gewaagde en gevaarlike operasie.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 20 11.06.2013 14:53
Johan wil die spioenasie voortsit om die belhamels te identifiseer en Wynand kry ‘n sagte, maar besliste hou op die neus toe hy romanties wil raak.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 19 10.06.2013 14:19
Johan vra vir Ina om haar vroulike vernuf in te span om op Bobby te spioeneer. Christien begin meer bekendes verdink en stel ‘n lokval vir hulle.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 18 07.06.2013 14:56
Die span bekom fotografiese bewyse van die stropers se aktiwiteite, maar Johan soek die belhamels van die sindikaat.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 17 06.06.2013 13:59
Johan en Christien soek in die nasionale park na die stropers se voertuie en maak ‘n merkwaardige vonds. Sumi vertel vir Johan van sy planne vir ‘n renosterplaas.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 16 05.06.2013 13:48
Wynand swem weer die see in om te kyk wat onder die water aangaan by die Tarantula se omdraaipunt, maar die stropers daag onverwags op.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 15 04.06.2013 14:30
Die span volg die stropers te voet en per motor tot binne in die nasionale park. Hulle besluit om die stropers seer te maak en dan te kyk wat die reaksie is.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 14 03.06.2013 14:16
Die operasie teen die stropers neem ‘n onverwagse wending. Die vraag wat skielik van die perlemoen geword het, en ‘n verdere versoek van Sumi, hou Johan aan die raai.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 13 31.05.2013 13:49
Die spioenasiespan sien ongelooflike tonele voor hulle afspeel in die donker op Langezandt se strand. Christien rapporteer dit aan die polisie en stel optrede voor om die stropers vas te trek.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 12 30.05.2013 14:44
Wynand swem in die donker na die Tarantula buite die hawe, terwyl die span ‘n duin bestyg om met nagsigtoerusting te kyk of die perlemoen snags aan land gebring word.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 11 29.05.2013 13:44
Die stropers verander hulle vaarpatroon en die twee jongmense doen nagtelike waarneming om uit te vind waarheen die perlemoen verdwyn. Johan gaan Kaap toe en bring spioenasie-toerusting terug.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 10 28.05.2013 13:54
Johan is woedend oor sersant Fortuin se insinuasies en besluit om self tot die ondersoek na stropery toe te tree. Hy maak vriende met Bobby en begin voorbereidings tref om die stropers vas te trek.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 9 27.05.2013 11:35
Wynand raak agterdogtig oor Johan se Sjinese vriende en sersant Fortuin is teleurgesteld in Johan se samewerking. Fortuin impliseer dat Johan besig is met spioenasie en dat hy betrokke is by smokkelhandel en perlemoenstropery.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 8 24.05.2013 11:51
Johan weier weer ‘n aanbod van Fortuin en raak moedeloos omdat almal van hom verwag om weer ‘n spioen te word, terwyl hy juis probeer om te kom rus by die see.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 7 23.05.2013 12:18
Johan laat ‘n geskenk deur sy vingers glip. Daar is ‘n Sjinese konneksie by die geskenk, maar Sumi ontken betrokkenheid. Christien is baie teleurgesteld in Johan en Wynand, die mans in haar lewe.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 6 22.05.2013 12:39
Wynand misgis hom met Ina se fiksheid. Sersant Fortuin probeer Johan intrek by dinge waarby hy nie betrokke wil wees nie. Johan ontvang ‘n groot geskenk wat hy nie verwag nie.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 5 21.05.2013 14:48
‘n Sjinese vriend, Sumi, kom kuier vir Johan op L’Agulhas en maak ‘n aanbod wat hy amper nie kan weier nie. Sersant Fortuin is op Johan se spoor en Wynand begewe hom op ‘n terrein waar Ina hom ver voor is.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 4 20.05.2013 15:02
Johan weier om weer by spioenasie betrokke te raak, maar hy kry ook ‘n oproep van ‘n ou Sjinese vriend en agent. Wanneer Wynand wil vrede maak met Bobby, kry hy ‘n onverwagte reaksie, en as hy toenadering soek tot Ina, ‘n koue skouer.
SEESPINNEKOP deur André Kotzé - Episode 3 17.05.2013 14:16
Christien is teleurgesteld oor die trae reaksie van die owerhede op die stropery en sy en twee vriende probeer Johan ompraat om te help om die smokkelaars agter tralies te kry.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.