RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 27 29.08.2013 10:29
Esti Breedt en Robert Koen is die twee nuwe besoekers aan Sjibbolet. Robert is besig met navorsing en Esti moet ‘n berig kom skryf. Ratel en Kopbeen is oppad en bespreek hulle planne om die ivoor te steel.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 26 28.08.2013 12:21
George voel baie jammer vir homself en probeer wegkruip van almal in die gastehuis. Twee studente maak hulle opwagting en Ratel laat weet hy is oppad.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 25 27.08.2013 12:21
Lilanie en Basjan praat oor alles wat die afgelope ruk op die plaas gebeur het. Hulle besluit om uit te vind wat by die vliegveld aangaan. George en Eloise besluit om mekaar in die middel van die nag skelm te ontmoet en Wynand vind uit.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 24 26.08.2013 12:19
Lilanie en Vivian bespreek die reëlings vir die fees. George en Eloise raak beter bevriend as wat hulle moet. Cathrine en Lilanie se verhouding word beïnvloed deur hulle pa’s se besluite.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 23 23.08.2013 11:57
Vivian het almal op hol met haar reëlings. George en Wynand is uit om ‘n buffel te jag en begin besigheid praat. Lilanie is omgekrap oor Basjan en haal dit op Winter uit.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 22 22.08.2013 10:11
Eloise probeer aan haar en Wynand se huwelik te werk en Wynand se jaloerse streek kom na vore. Basjan vertel vir Lilanie dat hy ‘n grondeis teen die plaas ingestel het. Lilanie en Winter is steeds ongemaklik inmekaar se geselskap.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 21 21.08.2013 12:34
Cathrine konfronteer haar pa oor sy besluit om die plaas terug te eis. Wynand en Eloise Brandt daag by die plaas op vir hulle jaarlikse jagvakansie. George kom terug van sy sakeheidsreis af en het meer planne as gewoonlik.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 20 20.08.2013 12:22
Wikus en Susan vind mekaar, maar is daar ‘n toekoms saam vir sulke totaal uiteenlopende persoonlikhede? Basjan het ‘n groot besluit geneem terwyl hy op die berg was en deel dit met Cathrine.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 19 19.08.2013 13:36
Langes en Winter oorreed Basjan om saam met hulle terug te gaan hotel toe. Susan gaan saam met Wikus om te sien of hy werklik water sal raakboor. Die berghang eis amper ‘n slagoffer en hoe dieper die boorgat raak hoe minder is die moontlikheid dat water gevind sal word.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 18 16.08.2013 12:07
Langes en Winter begin die berg klim na die grot waar Basjan uitkamp. Winter erken dat hy hoogtevrees het, wat die hele klim meer van ‘n uitdaging maak. Vivian en Susan spandeer tyd saam en die vere waai voor Wikus vir Susan wegneem.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 17 15.08.2013 10:20
Basjan is al amper drie weke in die grotte en Langes wil gaan kyk hoe dit met hom gaan. Winter besluit om Langes te vergesel omdat dit hom ook die geleentheid gee om die plaas se heinings teen die berg na te gaan. Vivian is in sewende hemel omdat sy ‘n fees vir die plaas kan reël en Lilanie probeer al die los drade bymekaar hou.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 16 14.08.2013 11:00
Wikus vind uiteindelik die regte plek vir sy boorgat. Ratel het besluit om laataand die wildplaas te verlaat en dit maak Winter agterdogtig. Lilanie probeer ‘n manier bedink om die aandag van die vliegveld en wat daar aan die gang is, af te lei.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 15 13.08.2013 12:15
Wikus, Langes en Susan spandeer die dag op die groot dam. Dit raak ‘n plofbare situasie in ‘n kompakte area. George en Ratel probeer agterkom wat by die vliegveld aangaan.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 14 12.08.2013 10:44
Winter en Ratel kom agter hulle ken mekaar. Albei is huursoldate met ‘n donker verlede. Winter maak aannames dat die stropers wat hulle gevang het dalk agter meer aan was as net ‘n renosterhoring. George skuld Ratel baie geld en George kom eis sy pond vleis.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 13 09.08.2013 12:02
Ratel Trichardt maak sy opwagting op die plaas. Hy is ‘n vriend van George en dis al wat die ander van hom weet. Susan en Wikus kom agter hulle het dalk net soveel gemeen as wat hulle verskil. Lilanie en Winter sukkel om vatplek aan mekaar te kry.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 12 08.08.2013 12:11
Langes moet Susan en Wikus vergesel veld toe en ook uit mekaar se hare hou. Lilanie sien vir die eerste keer hoe groot die stoorareas onder die vliegveld is. Susan vind Wikus se manier van water soek belaglik en Wikus dink haar soeke na minerale en gasse is barbaars.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 11 07.08.2013 10:42
Lilanie wil by Winter weet hoekom haar pa Nasionale Parke uithelp. Haar pa doen alles met ‘n rede en sy wil weet wat dit is. Susan Willemse maak haar opwagting. Sy is van die staatsdiens en ondersoek die moontlikheid van Skaliegas ontginning. George probeer by Winter uitvind wat by die vliegveld aangaan. Wikus de Lange, die distrik se waterwyser, en Susan het hulle eerste uitval.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 10 06.08.2013 13:58
Johan en Schalk begin hulle uitdaging. George sien ‘n vloot vragmotors wat verbyry vliegveld toe en wil by Lilanie weet wat aangaan. Vivian en Cathrine verlekker hulself in Johan en Schalk se malligheid.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 9 05.08.2013 10:16
Vivian probeer van haar kristalle aan Schalk en Johan afsmeer. Cathrine en Lilanie is bekommerd oor wat met Langes en Winter gebeur het. Schalk en Johan kla by Cathrine dat hulle ‘n uitdaging soek, iets wat finaal sal bewys wie die beste tussen die twee van hulle is. Cathrine het ‘n plan.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 8 02.08.2013 12:04
Winter en Langes is besig om die net stywer om die stropers te span. Cathrine vertel vir Lilanie wat die vorige aand met George en die twee jagters gebeur het. Vivian lig hulle in van die vrou wat die grond kom omdolwe agter aardgas aan.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 7 01.08.2013 11:32
Winter sluit aan by Langes, wat al drie dae op die vlugtende stropers se spoor is. Hulle besluit om die stropers vas te keer in een van die klein nedersettings aan die rand van die plaas. George neem vir Schalk en Johan op hulle eerste nagjag en hulle word oorval deur ‘n kwaai seekoeibul.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 6 31.07.2013 11:16
Schalk Bester en Johan Visser daag op die plaas op vir hulle jaarlikse vakansie. Alles is vir hulle ‘n kompetisie. Ongelukkig vir George word hulle sy verantwoordelikheid. Winter en Lilanie karring aan mekaar en dis duidelik dat hulle nie om dieselfde vuur sit nie.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 5 30.07.2013 11:54
Winter en Lilanie word deur die stropers vasgekeer in die vliegtuigloods. George wys sy ware kleure teenoor Cathrine. Langes Smith en die nasionale park se wildbewaarders haas hulle om Winter en Lilanie te gaan red. Winter beken aan Lilanie hoekom hy werklik op die plaas is.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 4 29.07.2013 11:20
Vivian van Schoor kom kuier op die plaas. Sy is soos ‘n tweede ma vir die Sevensters. George het afgekom op ‘n gestroopte renosterkarkas en Lilanie wil dadelik agter die stropers aan. Winter kan nie veel doen om haar te keer nie en die twee maak reg om die stropers voor te lê by die vliegveld.
IVOORPALEIS deur Anton Treurnich - Episode 3 26.07.2013 12:18
Lilanie Sevenster is al vroeg op en gereed om Winter Le Roux die plaas en sy verantwoordelikhede te wys. Cathrine geniet dit om haar pa by haar te hê, maar Basjan Baaitjies kan nie te lank stilsit nie. Winter wil graag by die vliegveld uitkom en dit prikkel Lilanie se nuuskierigheid. Basjan wil grotte toe, waar sy mense al duisende jare lank belangrike besluite neem.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.