RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 7 17.01.2014

Asof hy nie genoeg probleme het nie, tref nog 'n nagmerrie vir Tom Hattingh. Daar is 'n ontvoering wat almal verras.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 6 16.01.2014

Iemand red Magdalena Hattingh se lewe. Wie is dit en wat is die motief daaragter? Is Breker Benade regtig so 'n belangrike karakter? Daar moet 'n goeie rede wees hoekom Martin Truter so baie vassit met 'n sekere karakter.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 5 15.01.2014

Wat staan alles in Sarie Becker se nadoodse verslag? Iemand toor met vermommings. Die vraag is wie. Daar is drama by die hospitaal met verreikende gevolge.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 4 14.01.2014

Charmaine Frost is nie verniet bekend as 'n gewetenlose karakter nie. Getrou aan haar aard stook sy nuwe kwaad. Wat spook by Tom Hattingh? Daar is 'n geheimsinnige vrou op Sarie Becker se begrafnis.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 3 13.01.2014

Hoekom Is Elsa Truter se nalatenskap so bitter in die monde van haar kinders? Daar's dinge omtrent Dirk Truter se dood wat sy suster, Amor, pla. En daar's 'n persoon (of is dit persone) wat 'n skrikbewind voer met R4-gewere.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 2 10.01.2014

Hoekom kom die nuwe karakter, Martin Truter, Suid-Afrika toe? Daar's 'n nuwe moord... die keer met 'n verskil. Doelwit D het van die hoofkarakters se lewens drasties beïnvloed. Is dit die verklaring vir baie dinge?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 1 09.01.2014

Wat laat die haat opnuut opvlam tussen Magdalena Hattingh en Charmaine Frost en hoe hanteer hulle die nuwe konflik? Daar's verwikkelinge wat aanleiding gee tot Sending Bissau – met dramatiese gevolge.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 40 (slot) 08.01.2014

Die groot oomblik breek aan: Maans en Pieter gaan die eerste fase van hulle projek demonstreer. Na Maans se kort, maar begeesterde toespraak, is daar eers 'n ontploffing, toe bars 'n bom en toe's die koeël deur die kerk! Gelukkig, soos dikwels in sulke omstandighede die geval is, is dit ook waar vir Maans en kie: Eind goed, als goed! Hierdie sluit dan DIE MAANSFAKTOR af. Druk gerus op die skakel h...

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 39 07.01.2014

Billy is hoogs ongelukkig oor die oproep wat Charl van Elna ontvang nog voor hulle eers die voordeurklokkie kan lui. Charl wil met alle geweld vroeg ry om by Elna te wees, maar dan maak Landi die voordeur oop…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 38 06.01.2014

Landi is baie bly om Sandy weer te sien, maar wat sy by die huis kom doen het, gaan veral nie haar ouers gelukkig maak nie… Dan daag Charl en Billy by Maans-hulle se huis op vir die groot bekendstelling van die projek.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 37 03.01.2014

Maans en Pieter is albei baie opgewonde oor die sukses van hulle eksperiment en die twee joernaliste, Charl Venter en Billy Daniels. Vir Dorothea en Elizabeth is dit moeilik om agter te kom waaroor hulle mans die meeste opgewonde is, en dít maak hulle bekommerd! Só bekommerd, dat hulle die nag nie kan slaap nie. Maar vroeg die volgende oggend, kry Pieter en Elizabeth 'n reuse verrassing.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 36 02.01.2014

Met Maans en Pieter se suksesvolle proefrit agter die rug, is hulle nou gereed vir die volgende stap. Op Laingsburg probeer Billy tevergeefs om Charl te laat afsien van sy voorneme om sy verhouding met Elna Schoeman te hervat. Die beste raad is om met Denny se pa in verbinding te tree om 'n afspraak te maak sodat hulle kan besluit of daar 'n artikel in die projek van ene menere Swiegers en Beukes...

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 35 01.01.2014

Elizabeth is erg terneergedruk oor Denny se skielike vertrek, veral nou dat sy weet hy gaan hom tussen 'n klomp boewe onder gevaarlike omstandighede in Rome bevind. Maans en Pieter is gereed vir hulle volgende eksperiment. Pieter is benoud en skepties, maar Maans is vol vertroue!

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 34 31.12.2013

Denny se vervroegde vertrek na Rome is vir almal behalwe vir hom 'n skok. Op die lughawe ontmoet Bibi hom om vir oulaas sy opdrag met hom te bespreek. Maans probeer Landi troos en erken dat hy nie sterk is by sulke geleenthede nie, en daarom liefs 'n veilige afstand handhaaf. Dan daag kolonel John Lucas op…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 33 30.12.2013

Pieter kom geskok en verdwaas by die huis aan. Elizabeth is besorg en Dorothea wil dadelik weet of Maans veilig is. Nadat sy telefonies met hom in verbinding was, is sy darem gerusgestel dat die boer bereid is om buite die hof te skik. Denny daag vroeër as wat verwag is by die huis op met skokkende nuus vir Pieter en Elizabeth.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 32 27.12.2013

Charl is onbeholpe en onseker van homself in die geselskap van Elna Schoeman. Dit maak Billy baie boos en hy verskoon homself. Intussen, op 'n kleinhoewe op Phillipi naby die skuur waar Maans en Pieter hulle groot projek bedryf, wei 'n trop beeste baie rustig en ongestoord. Totdat Maans sy eksperiment lanseer…!

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 31 25.12.2013

Met Scooter en Mandy albei dood, kan Denny met gerustheid sy kunsloopbaan in Rome begin. Charl en Billy probeer meer inligting oor die swart paneelwa en ene Bibi Bernardo by kolonel John Lucas bekom, maar hy bly vaag en afsydig. Daardie aand in 'n restourant op Laingsburg, beleef Charl ál die slegte herinneringe wat sedert Merweville by hom spook, van voor af…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 30 24.12.2013

Charl en Billy neem afskeid van Denny by die restourant op Laingsburg. Die volgende oomblik sien hulle hoe die swart paneelwa Denny se vragmotor in die rigting van Beaufort-Wes begin agtervolg. Nadat hulle die polisie in kennis gestel het, besluit hulle om self ook maar daardie rigting in te slaan, net vir ingeval die paneelwa koers kies veld toe, of die insittendes uitspring en die veld in hardlo...

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 29 23.12.2013

Die swart paneelwa verskyn weer op Prins Albert en peil openlik af op Charl en Billy. Die keer kry hulle die registrasienommer te sien en gaan gee dit vir die polisie. Scooter jaag Laingsburg toe en besluit dat, sou hy die twee motorfietsryers dáár raakloop, hy van hulle ontslae sal raak. Op Laingsburg aangekom, merk Scooter 'n vragmotor van Beukes Transport op…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 28 20.12.2013

Op Merweville konfronteer Billy vir Charl oor sy terneergedruktheid en skryf dit toe aan die omgewing wat baie slegte herinneringe in hom wakker gemaak het. Landi bel Denny by Beukes Transport, maar hy beëindig die gesprek voordat sy behoorlik met hom kan praat. Sy ry na Beukes Transport en kan nie glo wat haar oë sien nie…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 27 19.12.2013

Landi is gebroke en vertel Maans die volgende dag by die winkel waaroor sy en Denny gesels het. Om haar op te beur, vertel Maans presies hoe hy die skuur se muur met 'n gemotoriseerde deur afgebreek het. Pieter se potensiële kliënt daag op by Beukes Transport. Dit is hoegenaamd nie waarvoor hy óf Denny hulle voorberei het nie!

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 26 18.12.2013

Elizabeth en Pieter ontvang 'n oproep van 'n polisiebeampte wat sê dat hy met hulle oor Denny wil kom gesels. Elizabeth is agterdogtig en glo dis een van Scooter Julies se trawante wat Denny probeer opspoor. Maans sê vir Pieter hy het 'n bestelling geplaas vir 'n baie spesiale eksperiment.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 25 17.12.2013

Dis al middernag en Dorothea en Elizabeth raak erg bekommerd oor hulle mans. Pieter bel om te sê daar was 'n klein ou ongelukkie, maar dat hulle op pad is huis toe. Dorothea verwag die ergste. Denny wil Landi die volgende dag in 'n restourant ontmoet om te gesels, en Maans praat sy mond verby oor die oproep van Mandy September wat Denny so ontstel het.

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 24 16.12.2013

Op Prins Albert gewaar Charl en Billy die swart paneelwa wat die dorp uit ry en besluit om by elke vorm van akkommodasie op die dorp te gaan aanklop om te kyk of Miss Bernardo dalk daar tuisgegaan het. Maans besluit om die nuwe, swaarder deur aan die skuur wat hulle in Phillipi huur, te motoriseer. Maar nie eers Pieter kon met al sy vertwyfeling voorsien waarvoor hy homself inlaat nie…

DIE MAANSFAKTOR deur Eben Cruywagen - Episode 22 13.12.2013

Mandy se oproep na Denny ontstel hom geweldig en Pieter belowe om hom ten alle koste te beskerm. Elizabeth is ewe ontsteld en dring daarop aan dat Pieter Denny administratief in Beukes Transport aanwend. Denny maak 'n oproep na 'n geheimsinnige persoon.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.