RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 34 25.02.2014 13:21
Charmaine beplan om weer tyd saam met Tom Hattingh deur te bring op haar eie makabere manier. Gaan sy daarin slaag? Wie het regtig gesorg dat Bobbie Hattingh uit die tronk in Maputo vrygelaat word en hoekom is dit belangrik om te weet. Geraamtes val uit die kas in nog 'n onthullende episode.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 33 24.02.2014 14:30
Hoekom lei alle paaie skielik na die Kaap? Daar is 'n verrassende wending in die ondersoek na die moord op Sarie Becker. Gaan die skuldige uiteindelik vasgetrek word?
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 32 21.02.2014 13:37
Wie is Charmaine Frost se jongste slagoffer en wat is die ultimatum wat aan Dick Nolte gestel word? Daar moet sekerlik geheime in Petra Maasdorp se trommel wees. Hoekom anders sou almal daarin belangstel?
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 31 20.02.2014 12:36
Sal die plan van dr. Magdalena Hattingh en Amor Truter om Bobbie Hattingh uit die tronk in Maputo te kry, slaag? Kaptein Stompie van der Merwe se nuus uit Stockholm oor sy DNA-toetse kom as 'n skok. Wat is dit wat Martin Truter heeltemal onderstebo klap? En wie weet almal Magdalena Hattingh is 'n Rus van geboorte.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 30 19.02.2014 13:26
Terug in Suid-Afrika kom Kaptein van der Merwe op interessante foto's af. Wie konfronteer hy daarmee? Hoe suksesvol is Magdalena Hattingh in haar pogings om haar seun te beskerm? Daar is skokkende nuus uit Swede.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 29 18.02.2014 13:31
Gaan Bobbie Hattingh ooit uit die tronk in Maputo kom? Kaptein van der Merwe krap nuwe inligting oor die dood van sy seun in Stockholm uit. Gaan dit hom egter help om die moord op te los?
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 27 14.02.2014 14:09
Tom Hattingh sal nooit Valentynsdag vergeet nie. Bobbie Hattingh is in groot nood en soek dringend hulp. Wat laat Dick Nolte en Magdalena Hattingh se verhouding versuur?
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 26 13.02.2014 13:13
Daar is 'n glanspaartjie op die dansvloer van 'n fondsinsamelingsdinee wat mense aan die raai het. Hoe vorder almal se planne vir Valentynsdag? Kaptein van der Merwe is op pad Stockholm toe vir lewensbelangrike inligting.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 24 11.02.2014 13:16
Daar is verdere kinkels in die moord op die intelligensie-agent Thulani Mabuza. Die feit dat Dick Nolte vir beide dr. Magdalena Hattingh sowel as Charmaine Frost werk, begin sy tol eis. Hoekom is Bobbie Hattingh in 'n ontredderde toestand?
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 23 10.02.2014 13:27
Meer mense wonder skielik oor Martin Truter se agenda. Wie is die nuwe vrou in sy lewe? 'n Kwitansie en vingerafdrukke laat Dick Nolte skarrel.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 22 07.02.2014 13:54
Tom Hattingh word gekonfronteer met 'n netjiese verklaring wat by die polisie ingehandig is. Martin spook steeds met die tergende geheim oor sy biologiese pa. Dr. Magdalena Hattingh loop weer vir Martin Truter storm, maar die keer is hy voorbereid.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 21 06.02.2014 13:00
Wie kom tot Bobbie Hattingh se redding? Dr. Magdalena het 'n goeie idee wie die geheimsinnige man is wat op Bobbie se spoor is. Tom Hattingh en Amor Truter sukkel om hulle verskille uit te stryk.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 20 05.02.2014 13:05
Alle paaie lei weer na Chimoio in Mosambiek. 'n Interessante klomp karakters daag daar op. Bobbie maak 'n ontstellende ontdekking. wat haar inkrimineer as moordenaar. Charmaine Frost slaan weer toe met dramatiese gevolge.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 19 04.02.2014 14:05
Hoekom spook Dick Nolte by Tom Hattingh? Dis so erg dat hy sy ma, dr. Magdelena Hattingh, daaroor konfronteer. Foto's op die selfoon van die vermoorde prokureur Giep de Jager lei tot baie gevolgtrekkings en moontlike verklarings. Kan Petra Maasdorp se geskrifte werklik tot nuwe insigte lei?
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 18 03.02.2014 13:34
'n Nuwe moord het almal op hol en Dick moet van die lyk ontslae raak. 'n Kubaanse sigaar kan dalk sleutelgetuienis wees. Wie het dit gerook en onnadenkend weggegooi? Amor Truter en Tom Hattingh se verhouding is onder druk. Kaptein Stompie skok Martin met selfooninligting wat Martin in 'n hoek het.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 17 31.01.2014 14:26
Tom Hattingh word te hulp gesnel, maar is dit betyds om die skade te beperk? Kaptein Stompie van der Merwe kry nie rus vir sy siel oor sy seun Dirk se dood nie en soek verder hulp. Dick kry skaars kans om sy nuwe vryheid te geniet. Daar wag ook vir hom 'n verrassing.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 16 30.01.2014 14:22
Hoekom skarrel Charmaine Frost skielik rond? Bobbie se ontvoering spook steeds by haar. Sy word verder getraumatiseer met 'n onverwagse ontmoeting. Hoekom is Dick Nolte en Martin Truter so haaks? Dis nie die einde van Tom Hattingh se ellendes nie.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 15 29.01.2014 13:20
Nuwe inligting skok Bobbie Hattingh oor haar ma, Sarie Becker, se moord. Die destydse ontmoeting tussen kaptein Stompie en Elsa Truter het verreikende gevolge. Amor Truter sal moet koes vir haar lewe – daar's 'n prys op haar kop.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 14 28.01.2014 12:46
Magdalena Hattingh se geslepenheid manifesteer in die uitsonderlike kommunikasiekanaal wat sy gebruik. Tom Hattingh, haar seun, ontvang nuus wat hom met rede ontstel. Hoekom voel dit vir Dick Nolte hy is tussen die duiwel en die diep blou see? Daar's 'n nuwe man wat sy opwagting maak: ene Tobias Niewoudt.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 13 27.01.2014 13:40
Dit gaan nie goed met Bobbie Hattingh nie. Skielik val die kollig op spermbanke en Tom Hattingh. Martin Truter het sy eie weergawe van die ontmoeting tussen kaptein Stompie en Elsa Truter en die gevolge daarvan. Gaan pierewaaier Dick Nolte vrygelaat word uit die tronk, of is dit net gerugte.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 12 24.01.2014 13:23
Wie het almal vir kaptein Van der Merwe in die visier en hoekom? Dick Nolte word van baie dinge beskuldig, maar verwar die karakters nie grondige redes en vooroordele met mekaar nie. Daar's 'n skokkende opdrag wat vir Amor Truter betrek.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 11 23.01.2014 14:06
'n Gyselaarsdrama is ter sprake. Wat het op 11 Augustus 2010 in Harare gebeur wat vandag nog weerklank in Suid-Afrika vind.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 10 22.01.2014 12:36
Chimoio in Mosambiek is nie net 'n heerlike subtropiese vakansiebestemming nie... dit vind Bobbie en Amor op 'n harde manier uit. Hoekom moet Amor skielik haar kantoor skuif? Al sit Dick Nolte steeds in die tronk, is sy dienste skielik belangrik.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 9 21.01.2014 13:41
Die hospitaal is weer die voorland vir een van die karakters. Hoe het kaptein Stompie en wyle Elsa Truter se paaie destyds gekruis? Dis dalk die sleutel tot die kaptein se optrede. Daar's verskeie agendas wat sorg dat 'n klompie sleutelkarakters skielik weet van 'n plek met die naam Chimoio in Mosambiek.
WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 8 20.01.2014 14:10
Daar is drama by Tom Hattingh se huis in Kosmos. Sal Breker Benade dit tot in die getuiebank maak? Daar moet 'n goeie rede wees waarom Sarie Becker se dood vir kaptein Stompie Van der Merwe opnuut ontstel.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.