RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 9 01.04.2014

Zenobia en Porteus gaan sien vir Michelle om uit te vind wat al hulle moontlikhede is. Arend en Engel begin vir Ewald soek. Hulle weet hy is in groot moeilikheid. Roman stel sy visier in op Michelle.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 8 31.03.2014

Dice vind amper vir Ewald in Arend se woonstel. Zenobia skraap al haar moed bymekaar en vertel haar kerel Porteus dat sy hulle kind verwag. Hy reageer in ongeloof en paniek - presies wat hy nie moes doen nie. Barend kry vir Dice onder stok oor sy gedrag. Ewald verdwyn weer.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 7 28.03.2014

Arend help Ewald deur vir hom skuiling aan te bied in sy woonstel. Michelle kry 'n besoek van Zenobia Landsman, 'n jong vrou met 'n blink toekoms, maar soos vele ander meisies in die Hokke is sy verwagtend. Sy soek uitkomkans. Dice is besig om orals aan te klop op soek na Ewald, selfs by Arend.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 6 27.03.2014

Ewald maak kontak met Arend. Dice en Roman doen hulle bes om uit te vind waar Ewald is. Michelle moet vir Arend 'n saamrygeleentheid gee, maar die twee kan net nie oor die weg kom nie. Arend en Ewald ontmoet, maar het iemand vir Arend agtervolg?

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 5 26.03.2014

Roman en Dice besluit om ontslae te raak van Ewald van Dyk, maar eers moet hulle hom opspoor. Letitia en Michelle sit vas oor die manier waarop Michelle haar werk doen. Engel wil haar broer beskerm en Roman probeer Michelle beindruk.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 4 25.03.2014

Arend het 'n idee wie die Bingo-geld gesteel het. Engel van Dyk soek haar broer, Ewald. Hy is 'n tikverslaafde en het verdwyn. Letitia het 'n belangrike munisipale vergadering wat sy moet bywoon en Lulu moet wondere verrig met haar hare.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 3 24.03.2014

Arend Brummer en Barend Voster praat oor Arend se duiwe en wat sy planne vir hulle is. Roman en Dice beraam 'n plan waar hulle die weeklikse Bingo-byeenkoms gaan beroof.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 2 23.03.2014

Oom Barend is 'n instelling by die Hokke en hy praat Michelle moed in. Letitia Samuels is nie net polities ambisieus nie, maar raak ook betrokke in Roman se planne. Arend Brummer is 'n regte kapokhaantjie en vol planne. Ongelukkig vir hom is Michelle nie lus vir sy praaitjies nie.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 1 23.03.2014

Dis Michelle Silver se eerste dag as gemeenskapswerker in die Hokke. Die Munisipaliteitswoonstelblokke is 'n rowwe plek en sy kry dadelik die wind van voor. Roman Struwig is 'n suksesvolle besigheidsman en probeer Dice de Bruin ompraat om met hom sake te doen.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 50 (slot) 19.03.2014

Wie is die reeksmoordenaar en wat het hom tot die gruweldade gedryf? Wie het Perus Dickson Maasdorp vermoor? En hoe het Sarie Becker gesterf? Kom Tom uiteindelik uit sy koma? Hierdie sluit WEERWRAAK dan af. Druk gerus op die skakel hieronder en luister na RSG se volgende opwindende reeks, DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 49 18.03.2014

Alles is gereed vir Charmaine Frost se groot ontsnapping. Dr. Hattingh wil weet wie die geheimsinnige Meneer X is. Bobbie Hattingh is terug in Suid-Afrika met 'n swaar vrag wat sy van haar hart wil afkry. Amor Truter besluit dis tyd om te sien hoe verloop 'n dag in die lewe van 'n Russiese spioen. Sy voorsien nie die dramatiese gevolge nie.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 48 17.03.2014

Magdalena Hattingh besoek Tom in die hospitaal om haar hart leeg te maak. Haar hantering van Charmaine Frost en Dick Nolte word 'n skaakspel wat vernuftige skuiwe verg. Wie gaan vir wie skaakmat?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 47 14.03.2014

Amor Truter se besoek aan Londen lewer die een na die ander skok op. Magdalena Hattingh is vasberade om haar plan vir 'n Hattingh-nageslag deur te voer ongeag die koste. Wie verdwyn?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 46 13.03.2014

Wie sit agter die aanval op Martin Truter? Gaan hy dit oorleef? Charmaine Frost weet baie en Amor Truter besoek haar in die tronk om afsluiting oor haar ma te kry. Wat is die goeie nuus wat dr. Hattingh aan Amor wil meedeel?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 45 12.03.2014

Martin Truter is erg onsteld oor wie almal Joanne Buckley se begrafnis in Londen bywoon. Sake verloop ook nie soos dit moet nie. Dick Nolte is weer in die moeilikheid maar hy omskep die verleentheid in 'n geleentheid. Wat voer hy in die mou?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 44 11.03.2014

Tom Hattingh se toestand ontstel sy ma so, dat sy sekere voorsorgmaatreëls begin tref. Wat is die jongste krisis waarmee Martin Truter gekonfronteer word?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 43 10.03.2014

Magdalena Hattingh dwing Bobbie Hattingh in 'n onbenydenswaardige situasie in. Dick Nolte speel sy troefkaart. Hoekom is Charmaine Frost so ontsteld?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 42 07.03.2014

Amor Truter kom op belangrike inligting af. Wie se hulp roep sy in? Dick Nolte begin sy ware kleure wys. Die Vrydag verloop aanhoudend skeef. Dit word 'n aand met dramatiese gevolge.

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 41 06.03.2014

Magdalena Hattingh vind tot vele se ontsteltenis uit wie Martin en Dirk Truter se biologiese pa is. Charmaine Frost kry besoekers in die tronk, elk met 'n eie agenda. Maar dis of sy die besoeke verwag en voorbereid is daarop. Waarheen het Amor Truter verdwyn?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 40 05.03.2014

Watter vernuftige plan beraam Tom Hattingh wat Charmaine uitknikker? Magdalena Hattingh se DNS-toetse het stormagtige gevolge. Gaan Klein Petrus Maasdorp se pa dit oorleef?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 39 04.03.2014

Gaan Tom Hattingh ooit uit die kloue van Charmaine Frost bevry word? Die foto wat Bobbie Hattingh van Dick Nolte en Tobias Niewoudt geneem het, het nagevolge. Watter skokkende nuus word uit Stockholm aangestuur?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 38 03.03.2014

Wat gaan die nadoodse ondersoek oplewer na die jongste opspraakwekkende gebeure? Was dit moord? Charmaine Frost het diepte kennis oor geheime Russiese regeringsgebeure. Hoe kom sy daaraan?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 37 28.02.2014

Die sensasionele Russiese verbintenis wat aan Tom se ontvoering gekoppel word, sorg dat dit 'n voorbladstorie bly. Magdalena Hattingh beskou dit as 'n oorlogsverklaring. Wat is Charmaine Frost se jongste plan met Tom Hattingh? Wie word vermoor?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 36 27.02.2014

Die inligting rondom die dood van Dirk Truter wissel van dag tot dag en van indiwidu tot indiwidu. Wat het regtig die dag gebeur toe hy vermoor is? Vir wie werk Martin Truter? Wat was die verbintenis tussen hom en Anton van Wyk? En waar is Tom Hattingh?

WEERWRAAK deur Joe Kleinhans - Episode 35 26.02.2014

Charmaine Frost slaan weer toe met plan B. Wie is die ware Martin Truter? Gaan Bobbie Hattingh voor sy eise swig?

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.