RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 34 06.05.2014

Michelle en Arend gaan op die avontuur wat Barend vir hulle beplan het met interessante gevolge. Lulu sny nie net Wilhelm se hare nie, maar praat hom genoeg moed in om beheer van sy lewe te neem.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 33 06.05.2014

Lulu raak besig met Annetjie se hare. Roman bring vir Engel terug Hokke toe. Michelle en Arend vind uit wat in Barend se testament staan.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 32 05.05.2014

Michelle moet Dice se woonstel deursoek nadat daar klagtes oor ongerymdhede ontvang is. Wilhelm en Annetjie probeer uitvind waar die man, wat hulle geld gesteel het, homself bevind. Roman is besig om Engel in sy web in te lok.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 31 02.05.2014

Dit is Barend se groot begrafnis en die daaropvolgende reis om sy laaste wens waar te maak. Annetjie en Wilhelm besluit om beheer van hulle situasie te neem en hulle geld terug te kry.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 30 30.04.2014

Wilhelm kom sleg tweede in sy onderonsie met Roman. Arend bestee tyd by 'n baie siek Barend. Annetjie probeer haar man moed inpraat en hulle besluit om vir hulleself op te staan.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 29 30.04.2014

Wilhelm wil meer weet en leer van Dice se besigheid. Roman en Michelle sit vas oor die manier waarop sy een van haar nuwe sake hanteer. Lulu en Arend maak planne oor wat die beste vir Barend sal wees. Roman konfronteer Wilhelm oor wie en wat hy regtig is.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 28 29.04.2014

Arend deel sy besorgdheid oor Barend se gesondheid met Lulu. Dice kry Wilhelm in die moeilikheid. Arend hoor vir die eerste keer dat Barend kanker het. Annetjie konfronteer Wilhelm en hy verloor sy humeur met haar.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 27 27.04.2014

Arend vra Barend uit oor sy verlede en Barend wil weet hoe dit met Arend se liefdeslewe gaan. Annetjie en Wilhelm hoor snaakse geluide en blameer almal en alles vir hulle probleme. Wilhelm en Dice ontmoet en ontwikkel 'n vreemde vriendskap.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 26 25.04.2014

Arend se duiwe begin wen en die moontlikheid dat sy drome bewaarheid mag word, maak hom bang. Wilhelm en Annetjie Brooderyk is nuut in die Hokke. Hulle is gesiene mense wat slegte besluite geneem het en nou in 'n moeilike situasie is. Arend kom agter Barend is nie so gesond as wat hy voorgee nie.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 25 24.04.2014

Hetta en Sollie is op hulle afspraak en Roman gebruik hierdie geleentheid om by Sollie in te breek. Die aand raak baie interessant vir Hetta en Sollie. Michelle weet nie of sy 'n nuwe saak van kindermishandeling moet aanvat nie.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 24 23.04.2014

Roman en Dice wil by Sollie se woonstel inbreek. Letitia en Michelle het 'n groot uitval. Hetta neem Sollie na 'n restaurant wat sy gekies het.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 23 22.04.2014

Letitia raak moeilik oor Roman se plan wat so lank vat om vrugte te werp. Sollie vra liefdesraad by Barend. Michelle het 'n nuwe saak waaraan sy werk en vra Lulu se hulp.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 22 20.04.2014

Hetta voel die nagevolge van te veel rystee. Michelle praat met Barend oor wie sy dink verantwoordelik was vir haar tydelike skorsing. Lulu begin bekommerd raak oor die basaar.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 21 17.04.2014

Sollie neem Hetta na die interessantste koffiewinkel waarvan hy hou. Barend probeer Dice om die bos lei en Roman laat Letitia verstaan wie is die baas.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 20 16.04.2014

Sollie besluit dis tyd om homself skoon en aanvaarbaar te maak want daar is 'n vrou om te gaan uitvra. Roman kry dit reg om Engel te oorreed om saam met hom te werk. Hetta besluit dat haar droomman eintlik 'n nagmerrie was.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 19 15.04.2014

Barend begin tekens wys dat hy nie so gesond is soos almal dink nie. Hetta gaan ontmoet die man van haar drome en kom met 'n skok agter wie dit is. Barend en Arend hou 'n oog oor Dice se doen en late. Roman probeer weer om Engel te oorreed dat hy haar kan help.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 18 14.04.2014

Hetta Wondergem, 'n afgetrede palmleser, droom hoe sy 'n wonderlike man ontmoet en het die dames op hol soos hulle probeer uitvind wie dit is. Roman maak dit duidelik aan Dice en Letitia waar hulle met hom staan.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 17 11.04.2014

Roman vind uit waar Engel heen verdwyn het om 'n voorstel aan haar te maak. Oom Sollie maak sy verskyning en hy is glad nie gelukkig nie. Letitia en Roman sit vas oor hoe sake verloop. Arend en Barend sien wat Dice in die aande aanvang.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 16 10.04.2014

Michelle word op verpligte verlof geplaas terwyl daar 'n ondersoek teen haar is. Letitia glo sy het die stadsraad aan haar kant teen die inwoners van die Hokke. Barend begin 'n buurtwag en probeer vir Arend oorreed om aan te sluit.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 15 09.04.2014

Engel besluit om haar tasse te pak en so ver moontlik van die Hokke af weg te kom. Barend kry slegte nuus van die dokter af en Lulu probeer vir Zenobia oortuig dat sy binne in haarself moet kyk vir antwoorde. Arend probeer die polisie oortuig van wat hy dink gebeur het en Porteus voel hy gaan vir Zenobia verloor.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 14 08.04.2014

Die Hokke se waterpype is kurkdroog en die inwoners raak oproerig daaroor. Zenobia en Porteus probeer oplossings soek vir hulle probleme en Arend besef dat Ewald en Dice in die watertoring verdwyn het.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 13 07.04.2014

Ewald en Dice breek in by die watertoring. Ewald doen alles wat Dice van hom vra, maar sal dit genoeg wees om sy lewe te red? Arend en Engel is op Ewald se spoor en hulle soektog lui hulle na die watertoring toe. Barend het 'n guns om van Michelle te vra.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 12 04.04.2014

Dice stel sy en Roman se plan inwerking met 'n halsstarrige Ewald agterna. Arend is hard opsoek na Ewald en kry snuf in die neus. Barnard en Zenobia deel 'n busrit stad toe waar sy meer leer oor Barend se verlede.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 11 03.04.2014

Dice speel kat en muis speletjies met Ewald. Arend en Engel maak vrede en besluit om saam na Ewald te soek. Porteus voel terneergedruk en besluit om 'n groot stap te doen.

DIE DUIWEHOK deur Anton Treurnich - Episode 10 02.04.2014

Dice vang vir Ewald en nou moet hy en Roman besluit wat hulle met hom gaan doen. Roman krap in Porteus en Zenobia se sake. Die twee kan nie tot vergelyk kom nie en Zenobia bieg dat sy nie nou al 'n kind wil hê nie.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.